Home
Afrikaans

Arbeid en Arbeidstekort in die Kaap Koloniale tydperk  1
Arbeid en Arbeidstekort in die Kaap Koloniale tydperk  2



Arbeid en Arbeidstekort in die Kaap Koloniale tydperk. Bladsy1

Reeds in die 1650's met die vestiging van die nedersetting aan die Kaap het die werk te veel geword en 'n vraag na arbeiders het ontstaan. Die Khoikhoi wat oor 'n groot gebied versprei was, was nie gewillig om as arbeiders te dien nie. Daar is toe aangedring op die invoer van slawe.

Na die instelling van die Vryburgers in 1557 het die VOC op aandrang van Jan van Riebeeck besluit om slawe in te voer in 'n poging om die arbeidstekort te verlig. Vanaf 1658 het VOC skepe 'n groot getal slawe na die Kaap gebring.

Die eerste slawe het uit Angola gekom, daarna het ander gevolg uit lande soos Madagaskar, Malabar, Zanzibar, Indië en Afrika.

Sommige slawe is gebruik as huisbediendes, skoonmakers, ens. Geskoolde en semi-geskoolde slawe is gebruik as timmermanne, skrynwerkers, messelaars, skoenmakers, saalmakers, smede, ens. 'n Groot aantal slawe het op plase gewerk.

Een van die gevolge van die invoer en gebruik van slawe was dat die koloniale samelewing algaande afhanklik geword het van slawearbeid.

"Een van die blywendste effekte van slawerny aan die Kaap was die ontwikkeling van rassediskriminasie as 'n inherente deel van die sosiale struktuur. Die blankes het volkome beheer oor die slawe gehad en dié beheer is nie alleen deur hul eie gesag nie, maar ook op die krag van verskeie owerheidswette en regulasies toegepas. Die wetlike dominering van die slawe deur die blankes is verder versterk deurdat die blankes die slawe as minderwaardig beskou het."

'n Duidelike klasse onderskeid het in die Kaapse samelewing begin ontwikkel .Bron. 4.7. Die gevolge van slawerny. H.F. van Aswegen geskiedenis van Suid-Afrika tot 1854.

Intussen het die koloniste (trekboere) dieper die binneland ingetrek tein einde meer grond te bekom. In die proses het die Khoikhoi (Hottentotte) en San (Boesmans) hul grondgebied verloor. Teen 1795 was veral die Khoikhoi grootliks sonder heenkome en moes baie van hulle meestal onder dwang of uit armoede vir die trekboere gaan werk.

In die loop van die 18de eeu het die trekboere stap vir stap oor verskillende gebiede voortgetrek totdat hulle die Oosgrens (in die Oos-Kaap) bereik het. In 1775 is die Bo-Visriver en die Boesmansrivier tot grens verklaar en 5 jaar later die Visrivier. In die gebied het hulle met die Xhosa en ander swart groepe in aanraking gekom.

Die Oosgrens geskiedenis word gekenmerk deur menige probleme soos veediefstalle en die beskadiging van eiendom. Daar was ook vele konflikte tussen grensboere en Xhosa wat weer uitgeloop het op 'n aantal Oosgrens oorloë waarin laasgenoemde inheemsebevolings die grootste skade gelei het.

Koloniste in daardie omgewing was grootliks verbind tot boerdery. Tog het die blanke invloed geleidelik toegeneem deur die ontstaan van oosgrens dorpe soos Graaff-Reinet (1786), Uitenhage (1804), Grahamstad (1819), Port-Elizabeth (1820), Somerset-Oos (1825) en Fort-Beaufort (1822). Hier dink ons ook aan die bou van huise, kerke, geboue, ens.

Arbeiders was natuurlik 'n onmisbare komponent. Soos elders in die Kaapkolonie was slawearbeid die belangrikste (goedkoop) arbeidsbron.

Mense soos Gerrit Maritz (1798-1839), Hendrik Potgieter (1792 - 1852) en A.W.J. Pretorius(1798 - 1853) het heelwat slawe besit.

Na die 2de Britse oorname van die Kaap in 1806 het ekonomiese ontwikkeling en sosiale hervorming vinnig plaasgevind. In 1808 word die invoer van slawe beeïndig.

Gelyke Regte en Emanispasie

'n Aantal jare later is 'n gebrek aan arbeid veroorsaak deur die implementering van twee omstrede Britse maatreëls: Ordonansie 50 van 1828 het gelyke regte aan Hottentotte (KhoiKhoi) en alle vry mense van kleur gegee. Artikel 2 van die ordonansie het bepaal dat geen Khoikhoi of vryswarte wetlik verplig was om 'n vaste verblyfplek te hê of verplig was om te werk nie en dat hulle nie as rondlopers beskou en behandel mag word nie. As gevolg van die ordonansie het 'n aantal van die eens vaste arbeiders in die kolonie rondgeswerf sonder om hulle arbeid te verhuur.

Daarna op 1 Desember 1834 het die emansipasie (vrystelling) van slawe gevolg. Hierdie vrystelling het eers na 'n verpligte vakmanskap van 4jaar in werking getree, d.w.s. op 1 Desember 1838. Toe die uur van vryheid vir hulle aangebreek het, het hulle gegaan waar hulle wou. Baie van hulle het soos die Khoikhoi nie weer vaste arbeid gesoek nie.

Hierdie verandering in die arbeidspatroon het probleme meegebring vir die blanke koloniste wat nie sonder swart arbeiders kon klaarkom nie.

Die vrystelling van slawe in 1834 het nie net groot kapitaalverliese vir die slawe eienaars meegebring nie. Verliese was ook groot op ander gebiede. Hier word verwys na boere se verliese nadat hulle nie meer oor arbeiders beskik het nie.

Alternatiewe bronne van arbeid

Gerugte rondom 'n komende grootskaalse arbeidsgebrek het reeds voor emansipasie opgeklink. Om die probleem te oorkom moes alternatiewe bronne van arbeid oorweeg word.

Hieroor skryf R.L. Watson:

"As actual emancipation approached (it's exact date was 1 December 1838) near panic gripped many Cape farmers and their allies. Economic disaster caused by labor shortages was predicted. De ZuidAfrikaan, a paper sympathetic to the interests of Dutch farmers, urged action be taken to secure labor in advance of emancipation day. 'It's hardly possible to expect any of these apprentices will not fancy they may better themselves by quitting their masters for a while; it therefore becomes the duty of farmers collectively to guard against the evel'. The paper urged that workers be recruited from Germany, India and China, among other expedients.

Others had similar ideas, for example, some colonists petitioned the state that freed africans be brought from Siera-Leone to word. A correspndent to the Zuid Afrikaans urged the importation of "hillmen' from India or 'kroomen' from Sierra Leone to provide labor, claiming that the colonists' will thrive....... much better than we have hitherto done with our lazy slave labor and freemen'. The editor responded that Indian 'Hill Coolies were very easily managed.....well limbed and active' but an essential......another plan was for colonists to take advantage of 'prize negroes' or as they were also called 'Liberated Africans' to supplement their working population.....

There were also the remnants of the original human population of the Cape, the Khoisan (called 'Hottentots' by Europeans), most of whom by the 1840's were to be found on the periphery of Cape society, both socially and geographically, where they served as cheap farm or urban labor. Then there were the newly freed slaves, a heterogeneous group whose origins can be found mostly along the East Coast of Africa and Madagascar, intermixed with various people's from South Asia. Many of these were Muslums.....finally, Bantu-speaking Africans from beyound the colony's borders were filtering into the frontier regions. Many of these had entered the colony as refugees from the upheavels largely with the wars and migrations collectively called the Mfecane. Often they were hired as rural laborers

George Napier, the governor, saw the prize negroes as a partial solution to labor shortages causes by emancipation......" Bron. RL Watson. History Dept.North Carolina.

Chroniese en dikwels nypende gebrek aan arbeid na 1838 was verlig deur onder andere:

* Die toenemende invloed van swartes (Xhosa, Thembu, Mpengu,.....) van buite die koloniale grense wat hulle arbeid in die kolonie aangebied het.
* Mosambiekers (Mosbiekens) ook bekend as "prys negers" wat tussen 1780-1880 die kolonie binnegekom het.
* 'n Aantal slawe wat weer as arbeiders na plase teruggekom het.

Goed en wel die emansipasie was 'n doring in die vlees van menige blankes, maar die inheemse swart werksvolk het nie juis bygedra tot die verligting van die gebrek aan arbeid nie, aldus geskiedenis bronne.

Ivo Sicking stel dit so: ".... Grote ergenis over de inheemse bevolking die maar niet wilde snappen hoe belangrijk werken wel niet was, en daarom haar plicht verzaakte.

Verder was daar ook 'n te kort aan semi-geskoolde en geskoolde arbeid

De Graaff-Reinet Advertizer, Monday Oct. 6, 1952 voeg by: Rapid progress in farming, industry and commerce round about middle of the 19th century, and the emancipation of the slaves in 1834 had caused a chronic scarcity of labour. The natives, especially in the outline districts of Graaff-Reinet, were still too uncivilized to meet the demands of the more skilled branches of labour in domestic service and industry, especially in the town.
Then the 'new rich' longed for the effecient and civilized service they had known or heard of in their home countries, apart from the general complaint of 'the inefficiency, insolvency and idle habbits of the coloured classes".

'n Versoek word gerig om werklose landgenote uit Nederland na die Kaapkolonie te stuur ten einde die arbeidstekort te verlig

'n Nederlandse skrywer stel dit so: Daar bestaat nu immers een geschikt middel om beide de volken te helpen, en dat nergens beter door dan door kolonisatie. daar ik met den inhoud van meest al de werkjes, welke UEd. over dit onderwerp, en de verligting der armoede in Holland geschreven hebt, bekend ben, zoo konde ik mij dan ook niet beter tot UEd. wenden, om over dit onderwerp te schrijven. Wat het voorname punt betreft, ben ik reeds jaren met UEd.eens geweest,....Honderde, welligt duizende van eerlijke en arbeidzame menschen kunnen hier in Zuid Afrika hun brood verdienen, wanneer zij een nuttig ambacht verstaan, zoo als schoenmaker, kleedermakers, metselaars, timmerlieden, smids, wagenmakers, schrijnwerkers, zadelmakers, koperslagers, loodgieters, stoelenmakers, kuipers, tuinlieden, verwers, mandemakers, koetsiers, enz., zoo ook degenen, die het boerenwerk verstaan."

"Ik geloof niet dat ik het overdrijf, als ik schrijf dat ik het er voor houde dat alle armen, welke in Holland zijn, in deze kolonie, die zoo verbasend groot is, kunnen geplaatst worden. Schoolonderwijzers, daar is ook behoefte aan; maar hoofdzakelijk aan jonglieden, welke nog ongetrouwd zijn: deze kan bij de rijke landheeren op hun plaatsen de kinderen onderwijzen, hoogstens een getal van 8 tot 12. Zij kunnen daarmede verdienen £50 tot £75 in het jaar verdienen, en dan hebben zij, buiten hunne kleederen, alles vrij, zoodat, wanneer iemand zuinig op zijn geld is, hij al het verdiende besparen kan."

Hier word dit duidelik dat daar nie net 'n gebrek aan landarbeiders was nie, maar ook aan geskoolde en semigeskoolde arbeiders.

Die Britse owerheid het ander planne wat dan uitendelik misluk

Die nypende arbeidstekort het die Britse owerheid laat besluit om van hulle bandiete as arbeiders na die Kaap te stuur. 'n Hewige protes teen die plan het oor die hele kolonie versprei. Deurlopende verset vanaf die Kaap tot aan die Oosgrens het die owerheid gedwing om nie die gevangenes aan wal te bring nie. In 1850 het die Britse skip, die Neptune, met sy 286 gevangenes aanboord na Australië vertrek.