Resepte Afrikaans - slaaie                     Na: Uit die Kombuis                          Home

Keurige slaaie

Miljoenerslaai
400g palmharte, gehalveer (1 blik)     
4 artisjokke, in kwarte gesny
1 groot avokado     
1 klein blaarslaaikoppie
125g kersietamaties     
Franse Slaaisous

Halveer, ontpit en skil avokado en sny dit in skyfies. Meng die avokadoskyfies met die artisjokke en palmharte.
Rangskik slaaiblare in `n slaaibak en skep die avokadomengsel bo-op.Garneer met die kersie tamaties en giet Franse
Slaaisous net voor bediening oor. Lewer 6 porsies.

Feta en Artisjokslaai
25ml olyfolie     
1½ eetlepel suurlemoensap
200g feta, ronde skywe     
1 blikkie artisjokharte
225g slaaiblare     
varsgemaalde swartpeper

Meng die slaaiblare en artisjokke met die olyfolie en suurlemoesap in ´n bak. Sny die feta in kwarte en pak op ´n bakplaat.
Sprinkel olyfolie en swartpeper oor. Rooster vir 5 minute. Bedien die feta bo-op die res van die bestandele. Die slaai gaan
goed saam met pita´s.

Rysslaai
kop gekookte Amerikaanse langkorrerrys
Sout en peper
15ml olie
Lemoene
knoffelhuisie
250g gekookte tong
slaaikoppe

Plaas rys in `n groot bak.  Geur goed met sout en peper.  
Plaas die olie in `n klein bakkie.Skil die lemoene dik en sny die vleis in skywe; voeg by die olie.Breek die knoffel en voeg
by die lemoenmengsel.  Geur en meng goed.
Sny vleis in netjiese blokkies en voeg by rys. Meng goed.  
Sny een slaaikop in dun snippertjies. Voeg by die rys saam met die lemoenmengsel en meng goed.
Rangskik oorblywende slaaiblare rondom rand van `n slaaibak en pak slaai in die middel. Garneer met meer vars lemoens-
kywe indien verkies.
6 Porsies

Hawaiiense vrugteslaai
3-4 pynappels                               
25 ml piesangskyfies
115g - bottel maraschino-            
250 ml pynappel joghurt
kersies                                           
300 g blik nartjiehuisies, ge-
500 g - blik pomelohuisies,          
dreineer

Sny die pynappels in die lengte deur, met toppe en al. Hol die vrug uit en sny die vleis in stukkies.Dreineer die kersies,
maar hou 25 ml van die stroop eenkant. Sny in stukkies.Meng die verkoelde pynappel, nartjie-en pomelohuisies, piesangs en kersies.
Skep in die uitgeholde pynappelhelftes. Meng die joghurt, maraschino-stroop en suurlemoensap. Skep oor die vrugte.  Sprinkel die
geroosterde klapper bo-oor.Sny yskoud voor.  
Lewer 10 porsies.

Geurige rysslaai
500 ml gaar rys
110g-blik ertjies
110 g-blik aspersiepunte
110 g-blik pynappelstukke
Mayonnaise
2 tamaties
2-3 pieangs, in skyfies gesny
1 advokadopeer, in blokkies gesny

Meng al die bestandele met 'n bietjie mayonnaise.
Lewer 8 porsies.

Duitse beetslaai
1 k gaar vleisblokkies of worsies
1 rou appelblokkies
5 e mayonnaise
2 hardgekookte eiers gesny
1 k gaar beetblokkies
3 e asyn
10 e suur of vars room
½ t baie fyn gekapte uie of cocktail uitjies
Meng alles, laat staan vir `n paar uur en bedien