Geurige Maalvleis                              Main page/Hoof bladsy                  Home

Hierdie geurige maalvleis kan sekerlik saam enige gereg geniet word  

500 g maalvleis
1 groot ui fyngekap
1 tamatie fyngekap
50 ml olie
75 ml Worcestersous
50 ml blatjang
Bisto ( om te verdik)
10 ml BBQ speserye
5 ml Aromat
Sout na smaak
1. Braai die ui tot sag en deurskynend in die olie.
2. Voeg die maalvleis by en braai.
3. Voeg die tamatie, worcestersous, blatjang, speserye en sout by.
4. Kook vir 15 minute tot gaar.
5. Verdik met Bisto en kook vir nog 'n minuut.
6. Skep uit en geniet.