Home
Afrikaans


Die ontsetting van Ladysmith - 28 Februarie 1900


Terwyl die grootste aantal soldate van die Republikeinse magte om Ladysmith saamgetrek was, het Genl. Joubert met 'n klein mag in die rigting van Colenso beweeg. Die dorpie word op 8 November 1899 beset. Met die besetting val die Britse soldate terug na die sterker mag in Estcourt.

Op die dag van 13 November beweeg Joubert in die rigting van Estcourt maar teen die tyd het die Britse magte reeds stelling ingeneem in die Estcourt en Mooirivier omgewing. Botsings met Britse soldate het gevolg: naby Frere (15Nov), Willow Grange (23 Nov) en Mooirivier. In die tyd word die Britse garnisoen by Frere versterk deur meer Britse soldate wat opdaag in Durban. Uit vrees vir 'n Britse oormag draai Genl. Joubert om en keer terug na Colenso.

Genl. Louis Botha word aangestel as bevelhebber van die Republikeinse magte in die plek van Genl. Joubert, nadat laasgenoemde beseer is by Frere. Onder Botha se bevel het die boere stelling ingeneem ten noorde van die Tugela by Colenso. Dit gebeur op 22 November 1899.

Die Republikeinse magte se ondergang het gekom met Genl. Buller. Op 14 Oktober vertrek hy van Brittanje. Op 31 Oktober arriveer hy in Kaapstad en op Op 28 November 1899 in Pietermaritzburg en op 6 Desember in Frere.
Maar eers het Buller en sy mede hoë offisiere soos onder andere Katache en Woodgate die Boere kommando's onderskat - die Britse magte het aan die suide van Colenso stelling ingeneem. Die mees aangewese roete om aan te val en uiteindelik deur te beweeg na Ladysmith was via Colenso, so het die Britte gereken.

Kaart. Posisies by die Slag van Colenso


Die eerste aanslag wat volg stuur op 'n groot ramp af want op 15 Desember 1899 lei Buller en die Britse magte 'n groot nederlaag met die Slag van Colenso. Die tweede aanslag word gefnuik met die Slag van Spioenkop (23/24 Jan 1900). Die derde aanval stuur ook op 'n algehele ramp af met die Slag van Vaalkrans (5 - 8 Feb 1900).
Buller se aansien het 'n laagtepunt bereik. Sy vierde offensief begin op 17 Feb 1900 met 'n aanval op die boere magte wat oos van Hlangwane stelling ingeneem het. Die keer behaal die Britse magte 'n oorwinning.
Hlangwane, Cingola en Monte Cristo val in hul hande op 18 Feb 1900. Hierna beweeg die Britse magte op 23 Feb oor die Tugela. Gevegte breek uit by Wynne's Hill en Harts Hill. Daarna volg die finale bastion Pietershoogte. Die boere gee uiteindelik in onder die aanslae. Die pad na Ladysmith het nou oopgelê. Op 28 Feb kom die eerste Britse troepe in Ladysmith aan. Daarna volg Buller op 1 Maart 1900.
Die boere, verslaan en verslae, het nou begin terugval. Die grootste terugslag het gekom met die val van Pretoria op 5 Junie 1900.

'n Vader skryf aan 'n familie lid in Purmer, Gemeente Edam, Holland.31 Maart 1900:
Mijn oudste zoon en ik vertrokken op den 22ste Januari 1900 naar het Pretoria Lager te Ladysmith, wij zijn er gebleven tot den 27ste Feb. tot het terugtocht naar Clencoe, het geschiedde zoo plotseling dat wij bijna alles achterlieten n.l. tenten, kleederen en provisie. De Engelschen arriveerden omtrent zeven ure des s'avonds in Ladysmith, toen werd een Hoezee door ons burgers gehoord uit Ladysmith, met eens barsten de kanonen op ons brandwacht los die orders kregen om te retireeren. Wij hadden dien nacht een vreeselijke onweder, het was erg donker en regende en donderde zoo als wij het nog nooit te voren hebben ondervonden, onze burgers moesten in die weder omtrent acht uur te voet door modder heen wandelen naar Elandslaagte; alle Laagers zijn nu nabij Glencoe statie in de Biggars bergen geconcentreerd. Ik ben erg ziek geweest, en was in den Nederlandsche Roode kruis hospitaal te Modderspruit, en werd zeer goed door hen verpleegd, van daar werd ik door hen naar Pretoria gezonden. Ik gevoel mij nu veel beter, en ben weer op kantoor, mijn zoon is achtergebleven.