Hoenderpannekoek II                                                           Main page/Hoof bladsy                                  Home

Bestanddele – Beslag
110 g Meelblom
Sout
1 Eier
110 ml Melk
Olie om in te braai

Bestanddele – Vulsel
300 g Gaar Hoender
1 k Witsous
60 g Gerasperde Kaas
2 e Room

Metode Beslag
Sif meelblom en knypie sout saam. Voeg eier by en klits goed. Voeg melk geleidelik by en klits tot beslag glad is. Bak nou in pan 2 eetlepels
op ‘n slag.

Metode
Kap hoendervleis fyn. Meng met die helfte van die witsous. Bak nou die pannekoeke en vul met die hoendervulsel. Rol die pannekoeke op en
plaas in ‘n bak. Voeg die kaas en die room by die res van die witsous. Verhit die mengsel oor ‘n stadigge hitte. Gooi die sous nou oor die
pannekoek en rooster vir ’n paar oomblikke onder die oond se rooster.

Wenk
Om hierdie vulsel meer interessant te maak kan die hoender met Biltong vervang word. Ek sal al die biltong in die eerste witsous gooi. En die
sous wat dan oor die pannekoek kom ekstra kaas insit.

Ontbytpannekoeke
Bestanddele
340 g Gaar Varkworsies
110 g Gaar Sampieoene
170 g Suikermielies
Sout en Peper na smaak

Sousmengsel
Bestanddele
1 Gekapte ui
70 g Margarien
70 g Meelblom
2 k Water
2 OXO Blokkies

Metode
Los die oxo blokkie op in die water. Braai die ui in die margarien tot ligbruin. Los meelblom op in van die oxo mengsel. Gooi oxo mengsel in die pan.
Roer nou die meelblom mengsel by. Roer aanhoudend tot die mengsel begin kook en dik word.