Maalvleisverrassing                                                                 Main page/Hoof bladsy                                            Home

Daar is altyd iets nuuts soos hierdie maalvleisverrassing

Bestandele
1 gekapte uie
30ml kookolie
500g gemaalde vleis
5ml sout
1ml peper
1ml Maggi founder
45ml tamatiesous
15ml blatjang
10ml Worcestersous
500ml dik witsous
30g gerasperde kaas (75ml)

Metode
Braai die ui in die olie. Voeg die vleis by en braai nog 5min lank.
Voeg nou al die ander bestandele behalwe die witsous en die kaas by
Laat die vleismengsel vir 15min prut
Skep die maalvleismengsel in ‘n bakskottel. Bedek met die witsous en strooi die kaas bo-oor
Plaas onder die oondrooster en bak tot ligbruin.
(Die witsous kan met 439g suikermielies(1blik) vervang word)
Plaas lae pannekoeke en maalvleis op ‘n bord. Hou warm en gooi kaas oor net voor bediening. Sny gereg in skywe. Bedien met slaai.