Resepte Afrikaans - Rys en hoender geregte                   Na: Uit die Kombuis                   Home

Rys en Hoender Geregte

Inhoud
Hoender in wyn
Rys-en-hoender-gereg
Min moeite rys dis
Geurige Rys
Rys Jardin
Risotto Milanese ( Rysskottel)

Hoender in wyn
Sny hoender in stukke, rol in 1kg meel waarby sout, peper en fyn gemmer gevoeg is.
Braai bruin aan albei kante
Pak hoender in bakskottel.
Gooi bo-oor 1 klein blikkie pynappelstukkie
en ¾ k witwyn.  Maak skottel toe met deksel
en tinfoelie
Bak 350 of 325°C tot sag (1 uur)

Rys-en-hoender-gereg
500 ml water
500 ml wit wyn of sjerrie
1 ui, in skywe gesny
1 tamatie, in skywe gesny
10 ml sout
1 kookhoender (ongeveer 2,5kg)
500ml gaar rys
125 ml fyngekapte seldery
25o g vars sampieone, gekap
125 ml fyngekapte ui
250 ml piesangskyfies
50 ml gekapte pietersielie
50 ml gesmelte botter
5 ml sout

Sous
25 ml botter
1 fyngekapte knoffelhuisie
25 ml meelblom
750 ml hoendersous
50 ml romerige melk of dun room
2 ml sout

Gebruik `n taamlike groot kastrol en verhit die water, wyn, uie, tamaties en 10ml sout daarin tot kookpunt.
Sny die hoender in stukke, voeg dit by en laat sag kook.
Laat effens afkoel, trek dan die vel versigtig af en hou dit tot later.  Haal die vlies van die bene af en sny dit in dun skywe.
Meng die rys, seldery, sampioene, 125 ml ui, die piesang, pietersielie, gesmelte botter en 5 ml sout.
Rangskik die vleis en die rysmengsel afwisselende in lae in `n gesmeerde bakskottel.  Die boonste lag moet vleis wees.

Die Sous
Smelt die botter in `n braaipan en braai die knoffel en meelblom effens bruin daarin. Voeg die hoendersous,
melk en 2 ml sout by.Vrhit en roer totdat die mengsel glad en dik is.
Gooi die helfte van die sous oor die vleismengsel en bak halfuur lank in `n matige oond 180°C (350°F)
Laat die hoendervel gelyktydig in `n pan in die oond bros-braai.
Haal die gereg uit, gooi die res van die sous oor en krummel die bros hoendervel oor.  Bedien warm.
Die gereg kan voor die tyd berei word.Verhit dit slegs `n uur voor te in `n matige oond 180° (350°F)
Lewer 8 porsies.

Min moeite rys dis

Berei 500g maalvleis voor na smaak.
       Heerlik en geurig.  Gooi dit nou uit in`n oondskottel.
Strooi nou een medium fyngekapte Ui oor die vleismengsel.
Strooi 1kop rou rys op uie.
Neem 1 blik 410g sampioensop en gooi eweredig oor die mengsel.
Neem die leë blikkie en vul met water en gooi oor die mengsel.
Sit die deksel op en bak vir 1uur in medium oond of tot die water deur die rys geabsorbeer is.
       Enige oorskiet kos of groente kan by die maalvleis gevoeg word.

Geurige Rys
1 en n halwe koppie gaar rys
3 eetlepels olie
2 eetlepels gekapte ui
2 eetlepels gekapte groen rissie
1 en halwe koppie gestoofde tamatie
n 3 kwart teelepel suiker
n Halwe teelepel sout
n Knippie rooipeper
n Koppie gerasperde kaas
Gebotterde krummels

Braai die uie en rissie in die olie tot die uie effens bruin is.
Voeg tamaties en smaakmiddels by.Kook tot dit n dik pasta is.Sit n laag rys in n gesmeerde oondskottel, dan die
pasta en kaas.Hou so aan.Bedek met gebotterde krummels.Bak in warm oond ( 350 grade F) tot ligbruin.

Rys Jardin
190ml gekapte ui
750g jongmurg, in dun skywe gesny
45ml botter of kunsbotter
1blik heelpitmielies, gedreineer(500g)
1blik tamaties (500g)
3kop gekookte Amerikaanse langkorrelrys.
8ml sout
knippie peper
knippie gemaalde koljander
knippie blaarorego

Sorteer uie en jongmurg in botter tot sag.Voeg oorblywende bestandele by.  Bedek en prut vir 15 min.  8 porsies

Risotto Milanese ( Rysskottel)
1 Koppie rys
1 Blokkie hoenderekstrak ( opgelos in 3 koppies kookwater)
2 eetlepels gerasperde kaas
n Kwart teelepel borrie
1 Klein ui, fyngekap
n Kwart koppie botter
n Halwe koppie soetwyn

Smelt botter oor hoe hitte.Voeg uie by en braai dit vir 2 minute.
Voeg rys by en braai vinnig tot dit net begin bruin word.
Voeg ekstrak, borrie en wyn by en kook vinnig totdat rys sag is.
Skep in skottel en strooi kaas bo oor.Bedien met enige gebraaide of geroosterde vleis.