Swartwoud-Rolkoek                 Main page/Hoof bladsy                  Home

Spesiaal vir vrouegeleendhede en sommer vir die hele gesin

Rolkoek:
8 XL eiers, geskei
250 ml strooisuiker
200 g donker sjokolade
30 ml kakao
2,5 ml vanieljegeursel
1. Voorverhit oond tot 180°C
2. Klits eiergele en helfte van strooisuiker tot lig van kleur en donserig.
3. Smelt sjokolade en kakao in mikrogolfoond vir sowat 3 minute op 70%
krag (medium). Laat effens afkoel.
4. Vou sjokolademengsel by eiergele in.
5. Klits eierwitte tot sagtepuntstadium en voeg orige strooisuiker by.
6. Klits tot stywe punte vorm, voeg geursel by en meng goed deur.
7. Vou eierwit versigtig by sjokolademengsel in.
8. Skep mengsel in voorbereide bakplaat en bak vir sowat 20 minute.
9. Plaas skoon afdroogdoek oor afkoelrakkie en keer rolkoek daarop uit.
10.Trek papier versigtig af en laat rolkoek heeltemal afkoel.
Roomvulsel en versiering:
200 g donker sjokolade
250 ml room, styf geklop
1. Smelt 150 g sjokolade.
2. Smeer op botterpapier en laat hard word.
3. Vorm sjokoladekrulle.
4. Smeer room oor rolkoek en rasper 50 g sjokolade oor room.
5. Rol koek versigtig op.
6. Pak sjokoladekrulle op rolkoek.