Resepte Afrikaans - Aartappel Resepte 1                    Na: Uit die Kombuis                              Home

Keurige Aartappel Resepte

Aartappel Bredie
1kg bolo of diklies
Meelblom
Kookolie om in te braai
2 uie - in skywe
½ Rissie - gekap
10g sout (10 ml)
500mg peper (1ml)
500ml vleisaftreksel
8 Klein aartappels - geskil

Sny die vleis in porsies, bestrooi met meelblom en braai dit in 'n dikboomkastrol in die warm oilie.  Roer en braai totdat
al die stukkies egalig bruin is.  Voeg die ui by en sorteer nog 'n rukkie.  Voeg die rissie, sout, peper en vleisaftreksel by,
plaas die deksel op en laat sag pruttel 2½ -3uur lank.  Plaas die aartappel bo-op, geur met sout en peper en pruttel nog 30min.  
Meer vleisaftreksel kan by gevoeg word as dit nodig is.

Aartappel-Kebabs
12 Klein aartappeltjies
2 repe spekvleis
6 klein sampioene
6 klein uie
250g lamvleis in blokkies gesny
3 frankfurter worsies
20g botter (25ml) - gesmelt

Kook die aartappels halfgaar en dreineer.  Braai die spekvleis, sampioene, uie, lamvleis en wors effens bruin.
Sny elke reep spekvleis en worsie in drie tot vier stukke.
Ryg van die aartappels, spekvleis, sampioene, uie, worsies en vleis afwisselend op dun sosatiestokkies.  Kwas met
botter en rooster tot goudbruin.  Kook die res van die aartappels gaar, geur, sny in blokkies en sit die kebabs daarop voor.

Aartappel-Vispastei
1 ui - fyngekap
20g botter (25ml)
750g koue vis - gepluis
5 gaar, medium aartappels - fyngedruk
5g sout (5ml)
500mg peper (1ml)
250mg gerasperde neut (0,5ml)
180g fyngesnyde sampioene (250ml)
of
200g geskilde tamatieskywe (250 ml)
2 hardgekookte eiers - in skywe
Bechamelsous
40g gerasperde kaas (125ml)
of
25g vars broodkrummels (125ml)
suurlemoenskyfies
tamatiewiggies
pietersielie

Sorteer die ui in ½ van die botter, meng met die vis, aartappel, sout, peper en neut.  Skep  afwisselende lae hiervan, die
sampioene of tamatie, die eierskywe en die Bechamelsous in 'n gesmeerde bakskottel.  Eindig met 'n souslaag.  
Strooi gerasperde kaas of broodkrummels oor en stip met die res van die botter.  Bak 200°C tot goudbruin.  Garneer met
suuelemoen-skyfies, tamatiewiggies en pietersielie.