Herderspastei                                    Main page/Hoof bladsy                  Home

Hierdie herderspastei is so maklik om voor te berei

500 g maalvleis
1 groot ui fyngekap
1 blikkie (410 g) gekapte tamaties
50 ml olie
5 ml gemengde kruie
25 ml beesvleisaftreksel ( opgelos in 125 ml warm water)
sout en peper na smaak
250 ml gemengde groente (blikkie of gevries)
500 g kapokaartappels (?3 groot aartappels )
1. Braai ui tot sag en deurskynend in die olie.
2. Voeg die tamaties, beesvleisaftreksel en maalvleis by.
3. Kook tot maalvleis gaar is.
4. Voeg gemengde kruie en sout en peper by.
5. Voeg gemengde groente by.
6. Kook tot meeste sous weggekook het.
7. Skep maalvleis in oondbak en smeer kapokaartappels bo-oor.
8. Stip bo-op met botter.
9. Bak teen 180°C tot bokant bruin is.
10.Bedien met slaai van u keuse.