Home

Ebook library
Afrikaans

Read your favourite ebook here.


Nederland - Aangrypende Land

Nederland
Aangrypende Land

Nederland - Aangrypende Land

Vroeë Tydperk

Skrywer: Owen Noome

Lys van Hoofstukke

Inleiding
Hoofstuk 1 Vroeë bewoning van die laelande
Hoofstuk 2 Twee groot magsfaktors
Hoofstuk 3 Die Zaanstreek
Hoofstuk 4 Die Nederlandse welvaart kwyn
Hoofstuk 5 Meer oor die Beemster
Hoofstuk 6 Nederlandse kinderemigrasie - Nederland se betrokkenheid by die arbeids te kort in Suid Afrika

Agtergrond Geskiedenis

Inleiding

Nederland beteken "Laelande." Die land is geleë in Noordwes Europa. Dit is ook so dat Nederland, België en Luxembourg gesamentlik bekend staan as die "Laelande of Nederlande."
Vandag is ongeveer 27% van die grongebied van Nederland onder see vlak geleë daarom word effektiewe beheer van water vereis om die grond/land droog en bewoonbaar te hou vir die sowat 60% van die bevolking.
Hierin speel dyke, damme, kanale en pompe 'n belangrike rol. Die Friese, eerste inwoners van die Nederlande het in hul tyd reeds terpen (dyke) gebou. In 1250 was daar al 'n dyk van 126 km lank om Wes-Friesland heen om die stuk land te beskerm teen die Noordsee en die Zuidersee. Op 14 Desmber 1287 breek die dyk wat die lewens van 50 000 mense eis.
Herwinning van land uit veenmoerasse, see en mere is uit die aard van die saak sinoniem met Nederland - nie net in die Zaanstreek nie maar ook in ander gebiede soos byvoorbeeld ten noorde van Amsterdam, nl; De Beemster, de Purmer, de Wormer, en de Schermer - almal polders wat herwin is uit mere. En dan ook nuutgevonde polders uit die IJsselmeer.

Kaart: Nederland (noordelike deel van die Nederlande) en die land se provinsies.Nederland bestaan uit 12 provinsies: 1)Drenthe, 2)Flevoland, 3)Friesland (Fryslan), 4)Gelderland, 5)Groningen, 6)Limburg, 7)Noord Brabant, 8)Noord-Holland, 9)Overijssel, 10)Utrecht, 11)Zeeland en 12)Zuid-Holland.
Die hoofstad is Amsterdam
Nederland is 'n klein maar tog ook 'n groot monargie wat oor meer as net kaas, windmeulens, tulpe en houtskoene beskik. Die land het 'n ryke geskiedenis. Eindelik te groot om ten volle in te neem. Dan is daar ook die Nederlandse taal wat uit verskillende dialekte bestaan. Standaard Nederlands wat in gebruik is staan bekend as
Algemeen Beschaafd Nederlands. In Friesland, wordt Fries gesproken. Deze taal is ook erkend.
Het Fries werd vroeger gesproken in het gebied van Frankrijk tot in Denemarken. Samen met de ontwikkeling in de politiek is het Fries in de loop der eeuwen teruggedrongen.

Hoofstuk 1

Vroeë bewoning van die laelande

'n Terugblik in die verlede van die laelande dui daarop dat die gebied reeds voor die geboorte van Christus bewoon was deur Germaanse Bataviere en Friese.

Die Romeinse periode

Tussen 58 - 51V.C het Romeinse magte onder die leiding van Julius Caesar die Laevelde suid van die Ryn rivier verower waarna die verowerde streek opgeneem is in die groter Romeinse gebied Gallië Belgica - Dit was geleë tussen die Seine en die (Oude) Ryn. Onder Romeinse gesag kom daar ontwikkeling in die vorm van die skep van landbou, handel en nywerheid. So ook nedersettings.

Die Middeleeue: Periode tussen die 5de en 15de eeu

Na die val van die Romeinse Ryk in ongeveer 400N.C het enkele chaotiese eeue gevolg waartydens wes Europa stelselmatig blootgestel was aan die nuwe magsfaktor, die Franke.
Die ryk van die Frankiese stamhoof Klovis ( 466 ? - 511N.C) het sodanig uitgebrei dat dit reeds teen 500N.C 'n deel van die suidelike Laelande ingesluit het.
300 Jaar later ( 800N.C) was die Laelande in sy geheel opgeneem in die Frankiese ryk van Karel die Grote ( Charlemagne 742 - 814N.C).
Met die verdrag van Verdun ( 843N.C) het die Laelande opgegaan in die Midde Frankiese ryk van Lotharius I.
Teen 855N.C het die besluit gevolg om die ryk van Lotharius I tussen sy 3 seuns te verdeel. Een van die seuns Lotharius II het die Noordelike deel van die ryk ontvang. Hierdie deel of gebied het bekend gestaan as Lotharingen ( Regnum Lotharii) - Dit het die Laelande ingesluit.
Na die verdrag van Meersen ( 870N.C) en Ribemont ( 880N.C) is Lotharingen in 925N.C beset en by die Oos Frankiese Ryk ( Duitse ryk) gevolg. So word die Laelande 'n onderdeel van die Duitse Ryk.

Feodalisme (leenstelsel) en die opkoms van dorpe

In die tyd verrys daar in die Laelande min of meer magtige outonome ( onafhanklike) vorstedomme: graafskappe Holland, Vlaandere, Luxembourg, Drenthe,..;hertogdomme Brabant, Gelre, Limburg,...; en bisdomme Utrecht, Luik,....
Teen 1300 was die graafskappe Holland, Vlaanderen, hertogdomme Brabant en Gelre en bisdom Utrecht sterk gebiede in die Nederlande.
Uit hierdie vorstedomme kom die uiteindelike Nederlandse provinsies soos Holland, Utrecht, Gelderland en Groningen.
Vlaanderen het ontstaan uit die twee magtige vorstedomme graafskap Vlaandere en hertogdom Brabant.
Vorstedomme van die middeleeue het nie uit dorpe ontstaan nie maar wel uit groter administratiewe eenhede ( Gebiede/distrikte) bekend as "gouwe" ( Fiefs/Pagus). Die Laelande soos ander streke van die Duitse ryk (vroeër Frankiese) was in die vroeë middeleeue verdeel in tientalle gouwe wat onder leiding gestaan het van leenmanne van die keiser. In ander woorde gestel: n Gouw in die feodale stelsel was onder juridiksie van 'n plaaslike heerser, 'n graaf ( gouwgraaf) wat behoort het tot 'n adelike familie.
Die voormalige graafskap Vlaandere het sy naam te danke aan die Karolingiese gouw Pagus Flandrensis.
Groningen het behoort tot die pagus of gouw van Triantha (Drente).
Graafskap Namen ( Namur) ontstaan omstreeks 900N.C uit 'n gouw wat tot die bisdom Luik behoort het, ens.

Meer oor vasals, feodale eiendomsreg en die adel

Die allerhoogste adelike in die feodale stelsel was die koning of keiser. In hierdie geval die Duitse Keiser wie steeds in naam leenheer van die Nederlandse gebied was. Tussen hom en 'n leenman (vasal of kroon-vazallen) was daar 'n noue verbintenis d.m.v. wedersydse regte en pligte. Onder andere skenk die leenheer 'n stuk grond aan die leenman, nie as eiendom nie maar in leen (feodum of beneficium). Waarop dit neerkom is dat die vasal 'n stuk land dikwels met alles daarop insluitende die mense namens die keiser bestuur.
Alhoewel in naam nog steeds leenmanne van die keiser het die vasals gedien as grawe, markgrawe, hertoë en soms biskoppe. Hulle het weer hulle leenmanne gehad.
Tesame het hulle die adel gevorm - van die magtigste tot die minder magtigste. Omrede die plaaslike heersers eienaars van stukke land was het hulle onder die bevolking bekend gestaan as edelmanne en ook landshere.
Arm mense het nie self grond besit nie maar kon wel deur bruikleen op die grond van die eienaar (plaaslike heerser - landsheer) leef en boer natuurlik in ruil vir sekere dienste, soos bv: wat ookal verbou was op die land het aan die eienaar behoort. Een deel kon die boer hou om van te lewe. In ruil het die landsheer onderneem om die mense op sy land te beskerm teen vyandelikhede.

Plaaslike heersers se magte brei uit

Met die uitbreiding van magte verrys die uiteindelike vorstedomme.
Terwyl die ryk van die Karel die Grote disintegreer as gevolg van onderlinge verdeeldheid word die magte van die plaaslike heerser - landsheer groter. Verder, soos ons reeds weet word die heerser ( in die geval graaf) deur die Keiser benoem, maar namate die tyd vorder word die ampte erflik: dit gebeur in 1158 wanneer die Keiser die ampte erflik verklaar. Met die regte word die grawe so goed as onafhanklik. Dit beteken die diverse ampte en wat ookal daarmee gepaardgaan word oordraagbaar en bly sodoende binne familie verband.
Die ontbreking van die keiserlike gesag is ook duidelik sigbaar wanneer dit ondermeer kom by die landsheer se reg om belastings op te lê, regspraak uit te oefen en 'n leër te organiseer.

En ook verwerf die aristokratiese families geleidelik belange in 'n bepaalde gebied wat hul magsbasis verbreed. Soms word meer gebiede verower of verkry deur huwelikspolitiek of word bloot aangekoop. So was dit in die geval van die graaf van Holland, nie net het hy steeds magtiger geword ten koste van die mag van die keiser nie, maar was hy ook 'n groot grondbesitter en het hy ook vele kastele besit. As teenwig teen die magtige feodale aristokrasie ook bekend as die adel verleen die Keiser aan sy biskoppe vele bestuursfunksies. Hierin het die biskop van Utrecht 'n belangrike rol vertolk. Toe die keiserlike geslag in die 13de eeu verswak verloor die biskoppe invloed en word die plaaslike heerser weer magtig.

Kastele

Met die uitbreiding van mag ontstaan daar by die plaaslike heersers 'n behoefte na versterkte huise om hulle belange te beskerm en waarin gesag uitgeoefen kon word. Die uiteinde is kastele.
Hier kon die plaaslike bevolking beskerming vind teen aanvalle en plundering - dink byvoorbeeld aan die skrikbewind wat deur die Skandinawiese Vikings gevoer was tussen 800 en 1000N.C.
NS: met die grondwetwysiging van Thorbecke in 1848 word die adel as stand afgeskaf en verloor die adel sy staatregtelike posisie.

Opkoms en groei van dorpe

Skildery: Het oude stadhuis te Amsterdam1657
Bepalend was ook die groei van handel en die ontstaan van dorpe in die jare 1000 - 1300. Eers het mense handel gedryf op handelsroetes. Mense het ook byeengekom by riviere en selfs kastele om handel te dryf.
Mettertyd het mense daar begin woon en ontstaan daar nedersettings wat uiteindelik dorpe word. Dié het ook dan van hul onderskeie landshere stadsregte verkry. So verkry die stad Bronkhorst in 1492 stadsregte van Gijsbert VII van Bronckhorst. Haarlem verkry in 1245 stadsregte, ens. Met die toename in handel en mense word die stede ryker en kry daarmee ook meer invloed. Die groeiende mag van die hoë adel en die dorpe dra daartoe by dat die lae adel vanaf die 13de eeu agteruitgaan. Die adel in die algemeen gaan agteruit in die 17de en 18de eeu. Teen daardie tyd het die grootste deel van die bevolking reeds in dorpe gewoon.
Van die oudste dorpe en stede in die Nederlande is Rotterdam, Maastricht, Nijmegen, Gent, Rijsel, Dordrecht, Delft, Brugge, Brussels, Haarlem, Middelburg, en nog vele ander.

Hoofstuk 2

Twee groot magsfaktors, nl; die Huis van Boergondië en die Huis van Habsburg verrys in Wes Europa

Huis van Boergondië

Suid van die Laelande het die Huis ( Hertogdom) van Boergondië uitgegroei tot 'n magsfaktor in die wes Europese streek.
'n Nuwe dimensie wat invloed sou uitoefen op die vorming van die Nederlande was aan die kom.
Tussen 1384 - 1477N.C het die Huis van Boergondië, in sy uitbreiding, stadig maar seker 'n houvas gekry oor die grootste gedeeltes van die Laelande.
Deur slim magspolitiek verkry die Boergondiërs onder andere Vlaandere en Artos ( 1384), Namen ( 1425), Brabant en Limburg ( ( 1430), Holland, Zeeland en Henegouwen ( 1433), ens.
Die uitbreiding bring mee 'n magtige midderyk wat strek van Boergondië tot by Groningen in Nederland. So word daarin geslaag om die aantal verowerde outonome vorstedomme of onafhanklike staatjies onder die Boergondiese vaandel byeen te bring.
Vanaf 1477 het die besetting van die Nederlandse gebiede voortgeduur in die bestel van die vorstehuis van Habsburg.

Kaart: Dele (in geel) van Wes Europa onder Boergondiese beheer. Skildery: Habsburg Maria

Huis van Habsburg

Met die afsterwe van Karel die Dappere, Hertog van Boergondië in 1477, het sy dogter Maria die erfgenaam van al sy gebiede geword insluitende die verowerde gebied in die Laelande.
In dieselfde jaar ( 1477) tree sy in die huwelik met die Habsburg Keiser van die Heilige Romeinse Ryk Maximilaan I.
Vanweë die huwelik word haar erflande vanaf die huis van Boergondië oorgedra na die huis van Habsburg.

Groen gedeeltes van Wes Europa onder beheer van die Huis van Habsburg

Karel V

Die mees gekroonde figuur uit die Huis van Habsburg was Karel V ( 1500 - 1558N.C). Hy was koning van Spanje vanaf 1516.
In 1519 word hy verkies tot keiser, hoof van die Heilige Romeinse Ryk van die Duitse nasie en gekroon op 23 Oktober 1520 te Aixla - Chapelle ( nou bekend as Aachen).
As erfdeel ontvang Karel V die Spaanse koninkryke Aragon en Kastilië, die verowerde Nederlandse gebiede, die Italiaanse state Napels, Sisilie en Sardinië en ander Habsburg besittings.
Tussen 1523 - 1543 verower hy die oorblywende Nederlandse gebiede Utrecht, Friesland, Overijssel, Groningen, Drenthe en Gelderland.
In 1548 verklaar hy die Nederlande as die Koninkryk van 17 Provinsies wat die gebied van die huidige Nederland, België en Luxembourg omvat.

Die Keiser was inderdaad 'n groot aanhanger van die pousdom, maar die Rooms Katolieke Kerk was egter in daardie stadium in 'n proses van geestelike verval en oënskynlik het die Roomse owerheid nie gehoor gegee aan versoeke tot hervorming binne die kerk nie. Eers in die 1500's gebeur die onvermydelike: Die Protestantse Reformasie ook bekend as die Hervorming verrys uit protes teen vele Rooms Katolieke leerstellinge en praktyke.
Reformasie of Hervorming staan vir die geestelike beweging in die 16de eeu wat Protestantisme gevestig het.

Alles begin by Martin Luther ( 1483 - 1546N.C), vader van die reformasie in Duitsland en ook was hy die grondlegger van die Lutherse geloof.
Die Roomse aflaatstelsel het Luther so ontstel dat hy op 31Oktober 1517 die sogenaamde 95 stellinge ( besware) teen die deur van die Slotkerk te Wittenberg vasgespyker het. Die inhoud van die besware, uit Latyns in Duits vertaal, het gou versprei, eers deur Duitsland en daarna deur aangrensende Europese lande.
In Switzerland het Huldrich Zwingli ( 1484 - 1531N.C) stukrag aan die reformasie verleen. Later het Johannes Calvyn ( 1509 - 1564N.C) grondlegger van Calvinisme gevolg. In daardie stadium het Nederland gebuk gegaan onder die swaar juk van Rooms Katolisisme wat natuurlik saamgeval het met Spaanse oorheersing onder Karel V.
Soos met ander Europese lande het die reformasie ook die Nederlande binnegedring. Calvinisme het veral die noordelike provinsies ( vandag se Nederland) oorspoel terwyl die suidelike Nederlande die Rooms Katolieke geloof ondersteun het.

Tydens die reformasie in Europa het 'n groot aantal nuwe meer radikale reformatoriese groepe ontstaan waaronder Anabaptisme ( weerdopers ook bekend as Doperse rigting). Die ontstaan van die geestelike stroom word teruggevoer na die jaar 1520.
Nie almal was die dopers en hulle leerstellinge i.v.m. die kinderdoop, volwassedoop ( groot doop), teenstand teen wêreldse gesag en teenstand teen die Katolieke Kerk goedgesind nie.

Gelowige weerdopers word vanaf so vroeg as 1530 in die Nederlande aangetref.
Wederdopers: Het begrip `wederdoper' (Anabaptist) of `herdoper' omvat vele verschillende bewegingen. Het wordt gebruikt om diegenen die de bekeerlingen van de afvallige Katholieke Kerk herdopen en daarna, na de Reformatie van de Protestantse Staatskerken, te beschrijven. Zoals we hebben laten zien, werd het Evangelie door Europa verspreid door de gehate `ketters.' Vaak kwamen mannen met grote moed en bekwaamheid naar het front van de gemeente van Jezus Christus met het gevolg dat hun vijanden hun namen aan een beweging verbonden. “Deze wederdopende gelovigen uitten hun totale onderwerping aan de Schriften in een zendelingachtige manier van leven. Met blijdschap lieten zij de dingen van dit leven achter zich zodat zij meer bewegingsvrijheid hadden bij het verkondigen van Christus en Zijn Evangelie. Maar dit zendelingenwerk kostte veel. Er is gezegd dat de Hutterieten, die het Evangelie door heel het Duitstalige deel van Europa verspreidden, 80% van haar volgelingen is kwijtgeraakt door een martelaarsdood.” (Hoad).

Dit is dan ook in die tyd dat Menno Simons ( 1496 - 1561) op die toneel verskyn: eers Katolieke priester van Witmarsum in Friesland en daarna leier en organiseerder van Mennisme ook bekend as die Mennoniete of Doperse en later Doopsgezinden.
Op 31 Januarie 1536 doen hy afstand van sy priesterskap waarna hy by die Dopers aansluit en gedoop word.
Hy word bevestig tot die amp van Oudste ( Leidsman).
In de Nederlanden kwam er vanaf omstreeks 1530 een beweging op gang onder leiding van de Friese ex-pastoor Menno Simons - vandaar de term `mennisme' of doperse of doopsgezinde beweging. Hij wilde bovenal een gemeente zonder smet of rimpel oprichten van ware persoonlijk bekeerde gelovigen. Daarom werd gelovigen pas als volwassene na aflegging van een openbare geloofsbelijdenis gedoopt. Hij predikte geweldloosheid. Zijn aanhangers hielden zich ver van politiek, wilden niet in militaire dienst gaan en weigerden eden af te leggen.

Menno Simons vond ook in Vlaanderen veel aanhang onder eenvoudige lieden. Men zou kunnen zeggen: een voorbeeldige groep, bijzonder Bijbelvast, die zich ver hield van al wat naar politiek rook, maar die op de pijnbank hun ondervragers verbaasden door hun Bijbelkennis. Maar de trieste gebeurtenissen van Munster hadden vreselijke gevolgen voor deze dopersen: inquisitie en overheid hebben hen tientallen jaren op de meest wrede wijze vervolgd omdat men hen verwarde met de extreme anabaptisten; ze werden als inciviek beschouwd en kregen bij een proces vrijwel nooit gratie. Bovendien hadden ze geen invloedrijke mensen - ze wilden zich immers verhouden van `de wereld' en daar hoorden ook de politiek en openbare ambten bij. En het maakte voor wie rechtsprak wel degelijk wat uit of iemand van een aanzienlijke familie was, of van eenvoudige komaf. De lutheranen hadden wel invloed, zowel in de adel, in de politiek als in de handel. De calvinisten zouden dat later ook hebben.

De doperse ideeën over wereldmijding - een christen is wel in deze wereld maar niet van deze wereld en houdt zich dus helemaal niet bezig met politiek - ligt dus grotendeels aan de basis van hun tragische lot. De mennonieten of mennisten hebben dan ook verreweg de meeste martelaars geleverd in de Nederlanden in de 16de eeuw. Terwijl lutheranen en later calvinisten er soms nog vanaf kwamen met verbanning, stierven ontdekte of verklikte doopsgezinden vrijwel steeds op de brandstapel, werden ze onthoofd, levend begraven of in een zak of ton verdronken. Van hen gaven maar weinigen hun geloof op onder de folteringen. Integendeel: sterven voor hun geloof was voor sommigen een erezaak. Er zijn gevallen bekend waarbij ze door lutheranen of calvinisten verklikt waren. Toch is de doperse broederschap gedurende de hele 16de eeuw blijven bestaan doorheen heel Vlaanderen.

Wie over hen meer wil weten leze het voortreffelijke werk van Alfons Verheyden: `Geschiedenis der doopsge-zinden in de Zuidelijke Nederlanden in de XVIde eeuw.`
In die tyd van Menno Simons het vele Mennoniete gemeentes tot stand gekom. Een van hierdie gemeentes word in 1543 "op het Kalf " (Anders geskryf: 't Kalf) te Zaandam aangetref.
Kalf is een buurtschap, gelegen op het verlengde deel van de Dijk langs de Oostkant van de rivier De Zaan.
Deze dijk loopt tot de Wormer aan toe. Het Kalf behoorde vroeger dus bij Oost Zaandam.
Tot de tijd van Napoleon bestond Zaandam niet. Er waren twee oorde: Oost Zaandam en West Zaandam.
In 1811 zijn se samengevoegd tot de stad Zaandam. De bewoners van 't Kalf waren tot in de 20 ste eeuwoorwegend Katoliek.
Ik kan me dus voorstellen dat de familie Noome destijds na het verraad in de 16 de eeuw , t' Kalf verlieten om zich te vestigen aan de overkant van de Zaan.

Filip II, Alva, Karel V, Menno Simons

Mennoniete ( Doopsgezinden) het gewoondlik in huiskerke byeengekom uit vrees vir vervolging. Die vervolging van Protestante word toegeskryf aan die vervolgingswaansin van Keiser Karel V. Sy instelling van die inkwisisie in Nederland ( 1522) was daarop gerig om Protestantisme en sogenaamde kettery uit te roei. In die jaar 1543 en wel in die vervolgingstyd word Klaas Noome deur Spaanse geregsdienaars van die inkwisisie gevange geneem. Sy arrestasie het gevolg nadat die "geloofsonderzoekers" sy huis binnegekom en die Bybel by hom gevind het. "Het was te laat om den bijbel te verbergen; niet dat hij zich boek schaamde, maar hij wist tot welke beschuldiging het leiden zou. En toch veinsde hij niet, en erkende dien bijbel voor den zijnen en werd daarop gevangen genomen om naar Haarlem te worden overgebragt."

Meer oor Haarlem

Haarlem is 'n stad en gemeente in Kennemerland en die hoofstad van die Nederlandse provinsie Noord-Holland.
Haarlem behoort tot de middelgrote stede van die Randstad. Die stad ook bekend as die "Bloemenstad (blommestad)" is sowat 20km van Amsterdam, 34km van Alkmaar, 55km van Utrecht, 58km van Den Haag (The Haque) en 73km van Rotterdam geleë. In de 11de eeuw ontstaan die stad aan die rivier Die Spaarne. Die naam Haarlem kom van Haarlo-heim, wat "hooggelegen dorp" beteken.
Die stad word die setel van die Graaf van Holland en in 1245 verleen Graaf Willem II Haarlem stadsregte. En in 1559 word Haarlem 'n bisdom met Nicolaas van Nieuwland as eerste biskop. Na 'n agtjaar lange bestuur word hy opgevolg deur Godfried van Mierlo. Die derde biskop van Haarlem, die eerste na die herstel van die hiërargie in 1853, was Franciscus Josefus van Vree. Na die heroprigting van die bisdom Haarlem op 4 maart 1853 word F.J.van Vree biskop van Haarlem.
Die vierde biskop van Haarlem, de tweede na die Reformasie, was Gerardus Petrus Wilmer. Die 13de en huidige biskop is mgr. Punt.

Eerste vier biskoppe: Nieuwland, Mierlo, Vree en Wilmer

Haarlem het ook sy donker tye gehad. In 1573 val die stad na Spaanse beleëring deur Don Fradrique Alvarez de Toledo (Don Frederick), seun van die Hertog van Alva. Die periode staan bekend as die Beleg van Haarlem. So word Haarlem 'n Spaanse en dus katholieke enklawe. Tydens die Spaanse besetting ly die bevolking onder honger, pes en Spaanse strafmaatreels teen aanhangers van die reformasie deur ophanging en verbranding. Die ergste kom met die stadsbrand van 1576 wat een kwart van Haarlem in as laat. Die Spanjaarde vertrek in 1577 na die voltrekking van die akkoord van Veere wat gelyke regte tussen katholieke en protestante vastgestel het. Jare hierna en wel in 1657 word Haarlem 6 maande lank getyster deur 'n epidemie bekend as die Swart Dood.

Ander inligting

Dit was ook die stad waar die bekende Ten Boom familie gewoon het. Huis adres: Barteljorisstraat 19. In 1944 is Corrie ten Boom en haar familie deur die Nazis gearresteer. In 1839 word de eerste Nederlandse spoorlyn tussen Haarlem en Amsterdam geopen.

Bykomende gegewens:

Haaldersbroek betekent letterlijk: "broekland van de Haal" (de Haal is een buurt en straat in Oostzaan). Broekland was moerassig land dat echter toch voor landbouw werd gebruikt. Dat kon, tot het waterpeil in de Kalverpolder steeg, ten gevolge van de inpoldering van de Wijde Wormer en de Enge Wormer. Al bladerend in de fotokopieën die ik uit boeken enz. heb gemaakt (foei!) en ook van anderen heb ontvangen, kwam ik een mooi fragment tegen over Haaldersbroek, waar ik zelf enige jaren gewoond heb. Het gaat over een opzienbarende gebeurtenis, die plaats had in 1543. En de persoon waar het allemaal om draaide was een van de bewoners: Intussen het Karel V se pogings om Protestantisme en kettery uit te roei misluk. In 1556 abdikeer hy waarna sy seun Filip II koning van Spanje word.

Filip II

Hy is gebore op 21 Mei 1527 te Valladolid. Hy was die seun van Karel V en Isabella van Portugal. Voor sy kroning as koning van Spanje in 1556 heers Filip reeds oor Milaan ( 1540), die koninkryke Napels en Sisilie ( 1554) en die Nederlande ( 1555).

Prins Willem van Oranje -Nassau

In dieselfde tydvak, op 24 April 1533, is Willem van Nassau beter bekend as Prins Willem van Oranje-Nassau, ook bekend as die swyer op Hooge Huis te Dillenburg gebore. Hy was die seun van Graaf Willem van Nassau en Juliana van Stoltenberg.
*Prins Willem van Oranje-Nassau was die grondlegger van die Republiek en daarmee ook van die huidige Koninkrijk der Nederlanden. Hy is ook die stamvader van die Huis van Oranje-Nassau.
*Leuse van die Prins: Je maintiendrai (ek sal handhaaf). En aan die einde van sy lewe: Je maintiendrai l'honneur, la foy, la loi de Dieu, du Roy, de mes amis et moy (ek handhaaf die eer, die geloof en die wet van God, van die koning, van my vriende en my).

Op aandrang van Keiser Karel V word prins Willem na Brussels gestuur vir verdere opvoeding in krygskunde, diplomasie en die Katolieke geloof. N.S. Prins Willem en sy familie aan die Lutherse geloof behoort. Prins Willem was in hoë aansien by Karel V en Filip II. Daarvan getuig sy bevordering, aanstelling en titel. In 1551 word hy aangestel as opperbevelhebber van die leër. In 1555 ontvang hy die eretitel van ridder van die Goue Vlies. In dieselfde jaar word hy aangestel as stadhouer van Holland, Zeeland en Utrecht. Hy was ook lid van die Raad van State. Soos sy vader was Filip II Protestantisme nie goed gesind nie. Hy verbied die beweging en gebruik dan ook die inkwisisie as metode om teen Protestante op te tree deur hulle aan te keer en te straf.

Fotos: Links. Prins Willem van Oranje. Regs. Die 4 broers van Willem, die grawe van Nassau: sittend - Jan (1536-1606); staande - Hendrik (1550-74), Adolf (1540-68) en Lodewijk (1538-74)

Aan die ander kant kon Prins Willem homself nie vereenselwig met hierdie soort vervolgingswaansin nie. Gou het sy simpatie by die Protestante en die Nederlandse volk gelê. Uiteindelik het hy hom beywer vir geloofsvryheid en om die Nederlanders te bevry van die Spaanse juk. Hierdie denkrigting het die verhouding met Filip II versuur. Op 31 Desember 1564 het Prins Willem in die Raad van State 'n pleidooi vir geloofsvryheid gelewer. In 1566 keer Prins Willem sy rug finaal op Filip II. In dieselfde jaar marsjeer 300 lede van die Nederlandse adel deur die strate van Brussels na die paleis van die landvoogdes en halfsuster van Filip II, die hertogin Margaretha van Parma ( 1522 - 1586).

'n Petisie "Die Smeekbrief van die Edeles" is aan haar oorhandig. Daarin het hulle geeis dat die vervolging van Protestante gestaak word en dat die inkwisisie teruggetrek word. In Augustus 1566, grootliks vanweë godsdiensontevredenheid en opsweping, het fanatieke opstandelinge Katolieke kerke en kloosters bestorm. Groot skade is aangerig. In reaksie hierop stuur Filip II in Augustus 1567 die hertog van Alva Fernando Alvarez de Toledo na Brussels om die orde te herstel en Protestantisme uit te roei.

Alva, n Katolieke fanatikus en 'n hater van Protestante arriveer in die stad in 1567 met sowat 10 000 soldate. Margaretha word vervang waarna die Raad van Beroerte, ook bekend as die Bloedraad, ingestel word - die Bloedraad was n buitengewone regbank wat protestante verhoor en tereggestel het. Verskeie teregstellings van edeles was ook voltrek waaronder graaf van Egmont en graaf van Hoorne getel het. Albei is onthoof op 5 Junie 1568.

Skildery: Margaretha van (von) Parma. Tekening: Die Bloedraad 1616

In die tyd het Prins Willem as vlugteling vanuit sy graafskap Nassau in Duitsland militêre verset teen die Spaanse skrikbewind georganiseer. In 1568 het hy met 'n onvoldoende leër die Nederlande binnegeval - hierdie inval het die tagtigjarige oorlog ( 1568 - 1648) ingelui. Na al sy onsuksesvolle pogings om Protestantisme uit te roei verlaat Alva die Nederlande op 28 November 1573. Teen die tyd het duisende Nederlanders reeds hulle lewens verloor. Die Nederlanders se strewe na onafhanklikheid het all hoe meer na vore begin tree.

Die skeiding - Die Noordelike deel van die Nederlande vorm 'n Republiek ( Verenigde Nederlande) en die Suidelike deel bly Spaans ( Spaanse Nederlande)

1579 - die sewe noordelike provinsies Holland, Zeeland, Utrecht, Gelderland, Groningen, Friesland, en Overijssel verenig teen Spanje en onderteken die Verdrag van die Unie van Utrecht. Daarteenoor het die suide ( België) trou aan Spanje en die Katolieke geloof betuig.
1581 - die sewe noordelike provinsies verklaar hul onafhanklikheid en vorm n republiek bekend as die Republiek van die ( 7) Verenigde Nederlande.
Die vordering tot 'n republiek was grootliks te danke aan die leiding, inspirasie en onverskrokenheid van Prins Willem.

Dood van Prins Willem

Op 10 Junie 1584 word hy in Prinsenhof te Delft deur 'n Katolieke fanatikus Balthasar Gerards vermoor.
In 1598 dra Filip II die Nederlande oor aan sy dogter Isabella. Sy het later in die huwelik getree met Albrecht van Oostenryk.
Laaste woorde van Prins Willem - Enkele uren na de moord werd in Delft een vergadering van de Staten Generaal gehouden. In de kantlijn van het verslag schreef iemand de laatste woorden van Willem van Oranje: "Mon dieu ayez pitie de mon âme Mon dieu ayez pitie de ce pauvre peuple" (Mijn god, heb medelijden met mijn ziel. Mijn god, heb medelijden met dit arme volk).

Hoofstuk 3

Die Zaanstreek

Die tydtafel het nou gevorder tot die laat 1500's. In die Zaanstreek het daar nie meer as 7000 mense ( Zaankanters) gewoon nie, aldus gegewens. Soos die bevolking groei ontstaan daar ook 'n eie dialek, kleredrag en gewoontes wat as "tipies Zaans" beskryf was.
Zaan word afgelei van die Zaanrivier wat deur die streek vloei. Tans omvat die Zaanstreek die dorpe Jisp, Oostzaan, Wormer en Zaanstad.
Rond 1975 het die dorpe Zaandam, Koog aan de Zaan, Zaandijk, Wormerveer, Krommenie, Westzaan en Assendelft opgegaan in een groot stad bekend as Zaanstad. Net Wormer, Jisp, Wijdewormer en Oostzaan bly selfstandig.
Westzaandam en Oostzaandam was eers twee afsonderlike dorpe geskei deur die Zaanrivier. In opdrag van Napoleon Bonaparte word beide dorpe in 1811 saamgevoeg tot een stad Zaandam.

Die Zaanstreek in die vêrre verlede

Die Zaanstreek was inderdaad honderde jare gelede nog net 'n woeste veenmoeras of waterryke gebied.
Die Noordsee en Zuidersee ( nou die Ijsselmeer) het sonder enige teenstand hul weggevind tot diep binne die streek.
Dan was daar ook die IJ ( Het IJ), n breë seearm van die Zuiderzee ( nou die Ijsselmeer) wat gedurig in vloed was. In die 10de eeu het 'n klein aantal Zaanse veenbewoners begin met die ontginning van die veenmoeras.
Beskikbare land word omsluit deur dyke om water teen te staan.Die eerste dorpe ontstaan in die hoërliggende gebiede: Zaanden, Oostzaandam, Westzaan, Assendelft, Krommenie, Wormer, Jisp en Oostzaan.
Namate drooglegging van die streek vorder en deur beter beheer van water ontstaan ook: Zaandijk, Westzaandam, Koog aan de Zaan en Wormerveer.
Tsaar Peter of te wel Peter Aleksejevitsj Romanov ook bekend as Peter die Grote was van 1682 tot 1721 tsaar en tot 1725 keiser van Rusland. Peter was die eerste Russiese tsaar wat buite die grense van die Russiese ryk reis.
Peter reis twee keer na West-Europa: van Augustus 1697 tot mei 1698 en van Desember 1716 tot Augustus 1717.
Vervolgens reis hy na Zaandam om in Holland die florerende skeepsbou te bestudeer. Vroeg oogend van 18 Augustus 1697 arriveer hy in Zaandam onder die skuilnaam Peter Mikhailov. Peter het toe reeds al kennis gemaak met enkele Zaankanters wat in Moskouse skeepswerwe werksaam was. Een van hulle was die “Zaanse scheepssmid” Gerrit Kist by wie hy gaan woon in een eenvoudige arbeidershuisie op die Krimp wat in 1632 met skeepshout gebou was. Uiteindelik sou hierdie huisie die oudste houthuisie in Nederland word danksy die loseerder, Russiese Tsaar Peter die Grote.

Die huisie staan vandag bekend as die Csaar (Tsaar) Peterhuisje. Sy verblyf sou van korte duur wees, rede; die Zaanse inwoners herken hom as die Tsaar wat weer aanleiding gee tot een groot nuuskierigheid. Hoe ookal sy, die Zaanstreek het oor talle werwe beskik waar klein en groot skepe gebou was. Vir die volgende 8 dae sien en leer hy veel van skeepsbou. Hierna gaan hy na Amsterdam waar hy op die groot werf van die Verenigde Oost- Indische Compagnie (VOC) leer skepe bou. Hy leer ook om horlosies te maak, doodskiste te timmer, teken, te ets, papier te maak en te spin. Tsaar Peter het selfs `n sertifikaat van vakbekwaamheid as “scheepstimmerman” ontvang. Die Tsaar sou hierna Zaandam nog twee keer besoek en wel op 21 Mei 1698 en 5 Maart 1717.

Fotos: Tsaar Peter en `n VOC skeepswerf Delfshaven in1779.

Die 17de eeu ook bekend as die Die Goue eeu

Reeds aan die einde van die 1500's was daar tekens van groeiende welvaart in die noordelike deel van die Nederlande, ook in daardie tyd bekend as die Republiek van die 7 verenigde Nederlande.
In die 17de ( goue eeu van Nederland) groei die republiek uit tot die kommersieële, politieke en maritieme mag van Europa.
Amsterdam ontwikkel tot 'n belangrike hawestad en finansieële sentrum. Handel, visserye en skeepsvaart het grootliks bygedra tot die bloei van die hawestad. Die stad was ook een van die 6 VOC handelstede.

Skeepsbou in die geheel het gefloreer: Nederlandse skepe was in groot aanvraag veral in handelsvaart, walvisvaart en visserye.
Skilderkuns beleef 'n triomfanklike era. Dink maar aan die werke van Rembrandt, Jan Vermeer, Jan Steen, Jacob van Ruisdael, om maar net 'n paar te noem.
Nederlandse kolonies het op verskeie ander kontinente tot stand gekom. So het die Republiek ontwikkel tot 'n koloniale mag.
Ook is seeroetes ontdek. Die handel se invloedryke mag was die VOC ( Verenigde Oost Indische Compagne).
Dié kom tot stand in 1602. Dan was daar ook die WIC ( Westindische Compagne) wat in 1621 tot stand kom.

In 1609 het Spanje ingestem om vyandelikhede teenoor die Republiek te staak. As gevolg van 'n gebrek aan geld word Albrecht gedwing tot 'n ooreenkoms met die Republiek - die 12 jarige bestand ( 1609 - 1621) sien so die lig.
In 1621 word die oorlog ( tagtigjarige oorlog 1568 - 1648) weereens hervat en word uiteindelik finaal beeindig in die jaar 1648 met die ondertekening van die Vrede van Münster. Spanje erken daarmee die onafhanklikheid van die Republiek van die 7 Verenigde Nederlande ( vandag se Nederland). Die Suidelike Nederlande ( België) bly Spaans.

Die Zaanstreek in die Goue eeu

Vanweë sy ekonomiese en industrieële ontwaking het die streek uitgegroei tot die eerste egte industrieële gebied in Europa. Dit was te danke aan die houtindustrie en die nabyheid van 'n reeds florerende Amsterdam.
Honderde meulens het in die streek verrys, saagmeulens en verskeie ander soorte meulens; "De belangrijkste waren houtzaagmolens, de korenmolens, de olie-, pel- en papiermolens, verfmolens, cacaomolens, specerijmolens, schelpzandmolens, blauwselmolens, slijpmolens, volmolens (om wollen stoffen tot vilt te stampen), mosterdmolens, snuifmolens, hennepkloppers (voor de touwslagerijen), krijtmolens, cement- of trasmolens, runmolens tot zelfs een steenzaagmolen."

So kom ook tot stand; skeepswerwe, houtpakhuise, houtwerwe en houthuise met ryk versierde gewels.
Dit alles begin in 1596 met 'n besondere houtsaagmeule wat aan Cornelis Corneliszoon behoort het. Die houtsaagmeule het gesorg vir 'n industrieëde manier van houtsaag, iets wat in daardie stadium geheel en al met die hand geskied het.
Alhoewel hierdie meule die eerste van sy soort in die Zaanse houtindustrie was het soortgelyke meulens gou vermeerder tot 367 wat inderdaad 'n groeiende houthandel tot gevolg gehad het.
Die Zaanstreek was meteens 'n wêreld van hout en nogmaals hout.

Werken in de molens

Daar was natuurlik nadele verbonde aan meulens: "In de 18de eeuw stonden er wel duizend molens in de Zaanstreek. Milieuvervuilers tot en met. De mensen werden gek van het geraas, de stank, het brandgevaar en de afvalstoffen die vrij werden afgevoerd.
Werken in de molen was zwaar. Bij gunstige wind draaiden de molens 24 uur per dag en maakten de arbeiders lange dagen. Bij windstilte stopte het werk en daarmee veelal ook de inkomsten. Het was dan ook geen wonder dat het jonge socialisme in Zaandam veel aanhangers vond. De Zaanstreek werd al snel een rood bolwerk.
De producten werden verpakt in tonnen, kisten of zakken. Met de komst van machines en de overgang van bulk naar verpakt stukgoed waren veel arbeiders nodig, die voor het overgrote deel uit Amsterdam kwamen.
De meisjes en jongens uit Amsterdam werkten graag in de Zaanse fabrieken vanwege de gezelligheid en saamhorigheid. Ze kwamen met treinen in aparte wagons. Meisjes en jongens strikt gescheiden. Omdat er veel rivaliteit tussen de medewerkers van verschillende firma's bestond, reisden er oudere werknemers mee om toezicht te houden en eventuele vechtpartijen in de kiem te smoren. Tot 1950 mochten er geen getrouwde vrouwen in de fabrieken werken. Bron. Zaans Museum

Hoe ookal sy, in die proses van verhoogde houtsaag produksie ontstaan daar in die dorpe West en Oost Zaandam skeepswerwe. Weldra sou skeepsbou in hierdie deel van die wêreld uit groei tot die grootste en belangrikste in Europa.
Zaans vervaardigde skepe was in groot aanvraag en oor die algemeen goedkoper as die skepe van Amsterdam, Rotterdam en Middelburg in Zeeland.
Selfs Czaar Peter die Grote was heel beindruk met die Zaanse skeepsbou sodanig so dat hy uit die vêrre Rusland gekom het om in Zaandam te leer skepe bou.
Skeepsbou het weer ander nywerhede aangetrek en daarmee neem die meulenindustrie toe. So het dit gekom dat daar in 'n stadium meer as 1000 meulens in werking was.

Hou ook in gedagte die florerende blekery in Oostzaan, die scheepsbeschuitbakkery in Wormer en Jisp, die uitgebreide seildoekwewery en walvisvaart waarvan laasgenoemde 80% in die hande van die Zaankanters was.

Die verhaal rondom die paltrok saagmeule De Grauwe Eend
Molen: De Grauwe Eend
Stichtingsjaar: 1711
Plaats: Westzaandam
Type: Zaagmolen paltrok
Lokatie: Ten zuiden oliefabriek Het Hart ten westen en niet ver van de weg.

Een mooi schilderij van de paltrok De Grauwe Eend
Geskilder in 1834. In die agtergrond is die snuifmeule De Roohoom en die pelmeule De Walvisch. Laasgenoemde verbrand in 1893.
Swart en wit foto: Die uiteinde van De Grauwe Eend

De Grauwe Eend.

Het bouwjaar van deze paltrokmolen is niet bekend. De molen werd voor het eerst genoemd op 22 oktober 1711, toen Gerbreg Andries, de weduwe van IJsbrand Jongejan de balkenzager 'De Grauwe Entvogel' aan Dirk Jansz Jongejan verkocht. Hij betaalde er 1040 gulden voor. Hiervoor kreeg hij ook het erf van de molen en een oud huisje, dat er opstond. De molen raakte aan het eind van de negentiende eeuw, toen de houtzagerij al grotendeels door stoomzagerijen was over genomen, in verval en werd in 1898 gesloopt. De houtloodsen bleven staan tot 1945 werden toen eveneens gesloopt.

Tot die tijd heeft er altijd een houthandel gezeten. De Grauwe Eend werd in 1770 voor f. 4500,- gekocht door Cornelis Cardinaal uit Koog aan de Zaan en na zijn dood op 6 november 1804 verkocht voor nog maar f. 1600,- Dit was een gevolg van de Franse overheersing van Nederland in de Napoleontische tijd, toen het economisch zeer slecht ging in het land. Meindert Jansz Noomen verzekerde de molen op 12 december 1845 tegen brand. Het hele molencomplex met schuren was toen f. 7500,- waard. Er zijn mij nog geen gegevens bekend over de periode, waarin de familie Noomen ( Noome) met de molen werkte.

Een paltrokmolen was een molen, die op een ringmuur was gebouwd, waarop hij in zijn geheel zo gedraaid kon worden, dat de wieken in de wind stonden. De zaagvloer was open, zodat het vooral 's winters bijzonder hard was voor het werkvolk. De Grauwe Eend was bovendien een bijzondere paltrok, omdat de hijskraan, waarmee de balken uit de sloot naar de zaagvloer werden gehesen aan de linkerzijde van de molen stond. Van deze zogenaamde 'linkse paltrokken' werden er maar een paar gebouwd in Nederland. In de Zaanstreek hebben er slechts drie gestaan, terwijl op het hoogtepunt van de houtzagerij in de Zaanstreek hier ruim 270 van dit type molens tegelijk aan het werk waren. Dit was tussen 1650 en 1740. Daarna trad er verval in, doordat vooral Engeland handelsbeperkingen invoerde op de invoer van gezaagd hout.

Hoofstuk 4

Die Nederlandse welvaart kwyn

Die welvaart van die 17de eeu ( Goue eeu) het nie in die opeenvolgende eeu oorleef nie. Reeds in die laat 17de eeu begin die Republiek 'n toenemende verswakking in sy ekonomie, handel en nywerheid beleef. Een van die faktore wat aanleiding gegee het tot hierdie verswakking was die oorloë met onderskeidelik Engeland en Frankryk - dié het gepaardgegaan met enorme finansieële uitgawes wat weer druk uitgeoefen het op die Republiek se ekonomie.
'n Verdere terugslag volg met die Pruisiese inval in 1787 en die oorname van die Republiek deur Franse revolusionêres in 1795.
Hierna het Napoleon Bonaparte sy invloed en gesag in die deel van die wêreld uitgeoefen ( 1806 - 1813).
Invloed van buite het dan ook ingewerk op die Zaanse welvaart. Neem byvoorbeeld die Franse besetting van die Republiek ( 1795 - 1813), dit het gelei tot die agteruitgang van die Zaanse skeepsbou, handel, walvisvaart en ander verwante nywerhede.
Hoeveel die Zaanstreek ekonomies afhanklik was van Amsterdam word duidelik teen 1800 toe die Amsterdamse stapelmark in duie stort. Die stad verloor haar leidende rol as finansieel-ekonomiese sentrum en sleep die Zaanstreek mee in haar val.

Enorme armoede heers

Die verslegtende ekonomiese toestande het aanleiding gegee tot enorme armoede.
"In het begin van de 19e eeuw (1800-1900) heerste er in Nederland enorme armoede. Van de twee miljoen mensen die toen in ons land woonden, konden er ruim 190.000 niet of nauwelijks rondkomen. In de stad Leiden bijvoorbeeld, kon de helft van de bevolking niet in haar eigen levensonderhoud voorzien. In Amsterdam gold dit voor een derde deel van de bevolking. De armoede was overal op straat zichtbaar. Kinderen van arme mensen werden regelmatig op straat te vondeling gelegd omdat hun ouders geen geld hadden om nog een mond te voeden.
In die tijd hadden arme mensen nog geen recht op een uitkering van de regering. Zij konden wel bij instanties als kerken, armenhuizen en particuliere comité's aankloppen voor wat geld, brood, of kleding. Arme mensen die op deze manier steun ontvingen werden de bedeelden genoemd. Zij kregen iets toebedeeld, maar hadden daar niet vanzelfsprekend recht op." Bron: De geschiedenis van de Maatschappij van Weldadigheid.

Uit 'n ander hoek gesien was daar naas al die rykdom in die goue eeu ook veel arm mense wat hard moes werk vir weinig geld. Soms was hulle so arm dat hulle moes bedel. En bedelary was nie altyd so goed ontvang nie.

Ekonomiese herstel

Later in de eeuw volgde de aanleg het Noordzeekanaal en de bouw van de spoorlijn Amsterdam-Zaandam. Samen met het algehele herstel van de Nederlandse economie zorgde dit ervoor dat na 1870 een tweede bloeiperiode van de Zaanse industrie aanbrak. In deze periode werden de windmolens in het veld vervangen door grote fabrieksgebouwen langs de Zaan. Tot rond 1970 stonden langs de oevers van de Zaan grote, vierkante fabrieken, pakhuizen en pellerijen. De Zaanstreek werd in deze periode ook wel de voorraadkast van Nederland genoemd. Bekende bedrijven als Verkade, Duyvis, Albert Heijn en Lassie (rijst) rechtvaardigden deze benaming. Maar daarnaast waren er allerlei andere, minder bekende industrieën te vinden, van scheepsbouw en houthandel tot papierfabricage, drukkerijen en linoleumfabrieken. Door de economische teruggang in de jaren zeventig en tachtig gingen een aantal bedrijven failliet. Andere fabrieken werden gesloten en verplaatst naar de oevers van het Noordzeekanaal. De laatste tien jaar is te zien dat langs de Zaan weer meer woningen verschijnen terwijl de industrie verdwijnt. Ondanks dit alles zijn er langs de Zaanoevers nog veel industrieën te vinden.

Die Republiek word 'n Betaafse Republiek ( 1795 - 1806)

In 1795 word die Republiek deur Franse revolusionêres oorgeneem. So word die Republiek van (7) verenigde Nederlande 'n Betaafse Republiek.
Erfprins Willem Frederik van Oranje-Nassau of te wel koning Willem I vlug na Engeland waar hy aanbly tot in 1813.

Die Republiek word die Koninkryk van Holland ( 1806 - 1813)

In 1806 word die Betaafse Republiek deur Napoleon Bonaparte beeindig. Hy verander die Republiek na die Koninkryk van Holland ( Fr. Royaume de Hollande) waarin Lodewyk Napoleon, broer van Napoleon Bonaparte die septer swaai. In dieselfde jaar word die Kaapkolonie, wat eers onder VOC gesag gestaan het, oorgedra na die Engelse. In 1810 word Lodewyk deur Napoleon gedwing om te abdikeer waarna die Republiek by Frankryk ingelyf word en onder sy beheer staan ( 1810 - 1813). West Zaandam en Oost Zaandam was tot en met 1812 twee afsonderlike dorpe geskei deur die Zaanrivier. Na sy besoek aan Zaandam besluit Napoleon om beide dorpe by Zaandam in te voeg. In 1808 word die hoofdstad van die land van Den Haag na Amsterdam verplaas. Verder word die Koninkryk van Holland aanvanklik verdeel in nege departemente:

Departement Bataafs-Brabant
Departement Drenthe
Departement Friesland
Departement Gelderland
Departement Holland
Departement Overijssel
Departement Groningen
Departement Utrecht
Departement Zeeland

Die Republiek weereens vry

In 1813 het die vyandelike magte Napoleon by Waterloo verslaan. Met die nederlaag was Nederland weer vry.
Teen April 1814 onttrek die laaste Franse soldate uit die Republiek.
Op 30 November 1813, na 18 jaar in Engeland, is Erfprins Willem Frederik van Oranje-Nassau of te wel koning Willem I terug in Nederland.

Verenigde Noord en Suid Nederlande ( 1815 - 1830)

Kaart van die noord en suid Nederlande.

1815. België ( suid Nederland) wat eers onder Spaanse heerskappy gestaan het en daarna onder Oostenryk, was deur die Kongres van Wenen toegeken aan die Koninkryk van Holland.
Erfprins Willem Frederik van Oranje Nassau of te wel koning Willem I word die soewereine vors van die verenigde ( suid en noord) Nederlande. Hy word ook Hertog van Limburg en Groothertog van Luxemburg

Permanente skeiding

Maar die geforseerde integrasie van die twee Nederlande sou net 15 jaar hou, want in 1830, na hewige opstande, het België weggeskeur.
In 1839 word die skeiding amptelik. Nederland erken sy suidelike buurland se soewereiniteit. Nederland self het bly voortbestaan as die Koninkryk van Nederland. In die oorblywende deel van daardie eeu het die land aandag geskenk aan sy plaaslike ekonomie wat grootliks gebasseer was op landbou, visserye en handel.
Op die politieke front het daar 'n duidelike boodskap uitgegaan vir meer demokratiese hervorming. Dit het beslag gegee aan die liberale konstitusie van 1848, tydens die bewind van Willem II ( 1840 - 1849).

Hoofstuk 5

Meer oor die Beemster

Die Beemster soos Purmer, Purmerend en Edam is buite die Zaanstreek geleë. Die Beemster het sy naam te danke aan 'n rivier bekend as Bamestra. Die beemster was jare gelede eers' n meer. Maar dan a.g.v 'n te kort aan goeie landbougrond en grond vir behuising besluit die destydse regering in 1607 om die Beemster te droog.
In beheer van die projek was Jan Adriaan Zoon met die bynaam Leeghwater. Met sy vernuf en met finansieële hulp van VOC koopmanne ( handelaars) word die Beemster met 'n ringdyk "omdyk" en met 40 meulens tussen 1607 - 1612 drooggemaal.
Na drooglegging is die polder ( 'n laagliggende land wat drooggelê is ) "verkavel" in vierkante en reghoeke.
Aangesien die seeklei baie vrugbaar was kon die "nuweland" deels aangewend word vir landbou doeleindes.Hierna word ook ander mere soos Purmer (1620), Wormer (1626) en De Schermer (1635) drooggelê.
Die verandering van die groot meer, eindelik 'n binnelandse see tot 'n vrugbare polder word beskou as 'n meesterstuk uit die 17de eeu. Dreinering van die polder Beemster word vandag gedoen deur 3 pompstasies: Een naby De Rijp, 'n ander naby Oosterhuizen en 'n ander een naby Beets.
Die Beemster bestaan uit die Noordbeemster, Westbeemster Zuidoostbeemster en Middenbeemster wat ook die gemeentebestuur huisves.

Wat is een grutterij?

Om te beginnen wordt het hoog tijd om in het kort te vertellen wat een grutterij eigenlijk is. Daarmee bedoelen we een maalderij waar boekweit en havergort worden gepeld. Op een eest (een Fornuis of oven), werd de boekweit of haver gedroogd zodat de zaadkern los in de dop kwam.
In de breeksteen volgde dan een maalproces waardoor dop en zaadkern gescheiden warden. De doppen werden uitgezeefd en gewaaierd en konden als brandstof voor de eest dienen. Tegelijk werden de grutten in verschillende groftes uitgesorteerd en de fijnstewerden tot gruttenmeel vermalen. De eindproducten bestonden uit grove-middel-en fijne boekweit of havergrutten en boekweitmeel of gruttemeel. Ter plekke werden die afgewogen en verpakt en detail verkocht.
Voor het hele process van malen, zeven en uitwaaien werd een rosmolen gebruikt, omdat windKracht voor het gruttersbedrijf te onregelmatig was. In een rosmolen deden paarden het zware werk. Zij liepen in een houten gestel met ham ronden brachten een stevige spil in beweging waaraan een zeer groot kamwiel was bevestigd, waardoor de breeksteen, de maalsteen, het zeefwerk en de waaierij in beweging werden gezet.
Het paard of paarden liepen nooit langer dan een uur achter elkaar hun rondjies, daarna volgde aflossing met een tweede paard of Koppel en had het eerste een uur rust. Met hulp van een zandloper werd die tijd in de gaten Gehouden. Inligting. A.J. Bernet Kempers, pagina 29.

Met die Zaanstroom seil die familie vanaf Zaandam via die Zaanrivier na die Noord Hollandsch Kanaal, dan via die Noord Hollandsch Kanaal in die rigting van Alkmaar. By Alkmaar aangekom gaan die familie Noome aanboord 'n skip of boot en vaar dan reguit deur na De Nieuwe Diep. Dit kan wees dat die skip/boot 'n trekskuit was.

Die Noord Hollandsch Kanaal loop vanaf Amsterdam na Purmerend na Alkmaar en dan na Den Helder aan die see. Daar was egter geen verbinding tussen Zaandam en die Noord Hollandsch Kanaal nie. 'n Verbinding tussen die Zaan en die Noord Hollandsch Kanaal word wel in 1849 bewerkstellig met die aanlê van die Kogerpolderkanaal naby West-Graftdyk. Die Tochtsloot by Westknollendam is die verbinding tussen die Zaan en die Markervaart. Die Noome familie het hierdie binnevaart roete gebruik om die Noord Hollandsch Kanaal te bereik.

Meer omtrent die Noord Hollandsch Kanaal

In opdrag van koning Willem I word daar in 1819 begin met die grawe van die 80km Kanaal begin omrede die eindelike roete oor die Zuiderzee moeilik en tydrowend was. ( Sien opskrif:Om te vaar oor die Zuiderzee was moeilik en tydrowend).
Op 4 Desember 1824 word die kanaal geopen en op 15 Desember 1824 seil die eerste groot skip daarop.
So het Amsterdam 'n direkte verbinding met die see by Den Helder en De Nieuwe Diep verkry.
Maar met die skeepvaartbedryf en groter skepe word die kanaal te klein. 'n Ander meer haalbare kanaalbekend as die Noordzeekanaal tussen die Amsterdamse hawe en IJmuiden word tussen 1870 en 1874 aangelê. Dié was 'n veel korter verbinding met die Noordsee.
IJmuiden is 'n stad in die gemeente Velsen, provinsie Noord-Holland. Die Noordzeekanaal is daar via die sluise met die Noordsee verbind.
Die kaart (lugfoto) toon die Kanaal tussen die Noordsee, Ijmuiden en Amsterdam. 'n Insetsel toon die sluiseby Ijmuiden.

Kaart. Die Noord Hollandsch Kanaal en die Noordzeekanaal word aangedui

Met betrekking tot De Nieuwe Diep

Aanvanklik was daar nie veel belangstelling in die skep van 'n hawe in De Nieuwe Diep nie. Tog word daar in 1781 begin met die ontwikkeling van 'n oorlogshawe - dié word in 1811 amptelik verklaar as oorlogshawe waarna begin is met die bou van forte op strategiese plekke.
Alhoewel De Nieuwe Diep eindelik bedoel was vir oorlogskepe doen ook handelskepe daaraan.
Intussen ontwikkel Den Helder tot hawestad en word in 1850 aangewys as werklike voorhawe van Amsterdam,wat beteken dat skepe daar "gelaat en gelaai" kon word.
Tot voordeel van Den Helder was die Noord Hollandsch Kanaal. Dit het nie net tot voordeel van Amsterdam gestrek nie maar ook vir die hawestad deurdat dit meer reisergers en ander voordele tot gevolg gehad het.
In 1826 word die eerste stoomboot in diens geneem en in die jaar daarop word die Nieuwe Rijkswerf Willemsoord oopgestel.

Om te vaar oor die Zuiderzee was moeilik en tydrowend

Voor die skep van die Noord Hollansch Kanaal moes skepe noodwending van en na Amsterdam oor die Zuiderzee vaar. En dit was veral vir diepliggende skepe soos die VOC koopvaardes moeilik vanweë sandbanke en die versanding van die Pampus wat geleë was in die monding van die IJ ten ooste van Amsterdam en ten noorde van Muiden.
Die Pampus was nie 'n sandbank nie maar wel 'n geul (Eng. Gully, narrow channel). Die woord "vaargeul"is miskien hier van beter toepassing. Vaargeul (Eng. narrow channel of deeper navigatable water). Dié se waterdiepte het verminder vanweë versanding, sodanig so dat 'n slap pulpagtige sandformasie ( moontlik/sandplaat) 'n hindernis of hinderlike ondiepte (vlakte) vir swaargelaaide en groot skepe geword het waaroor hulle nie kon vaar nie. Dit het veral gebeur by laag water.
Byvoorbeeld: Skepe vaar oor die Zuiderzee na die toe nog oop IJ. Daar gekom moes hulle eers oor die Pampus om uiteindelik na die Amsterdam hawe te vaar. Swaarder en diepliggende skepe, veral die groot VOC koopvaarders bly in die Pampus vasval.
Eers word die probleem aangespreek deur 'n deel van die vrag oor te laai na kleiner skepe. Ten einde bleik dit nie 'n langdurige oplossing te wees nie.
Die uiteinde was om die skepe met behulp van "scheepskamelen" oor die Pampus te sleep. Dié was twee drywende dokke of anders gestel caissons bekend as "scheepskamelen" wat onderling met mekaar verbind was met toue of kettings waarin die skip kon pas. Beide het die romp aan die sykante van 'n skip omsluit.
Verder was hulle gevul met water sodat hulle 'n redelike diepte in die see kon sak. Word die water uitgepomp lig hulle hoër op uit die see.
In die proses word skepe dan "getilt" ( opgelig) en met die hulp van sleepbote oor die ondiepte gesleep.
Omdat die caissons soos kamele swaar laste kon vervoer word dit "scheepskamelen" genoem. Behalwe die moelike tog oor die Pampus was die vaart oor die Zuiderzee tydrowend en moeilik.

Goeie voorbeeld van 'n scheepskameel aan die sykant van 'n vaarder en 'n sleepboot aan die voorpunt.

NS. Die Zuiderzee ( Suidsee) was voorheen 'n vlak inlaat van die Noordsee in die noordweste van Nederland.
Lengte van die see: by die 100 km; Breedte: by die 50 km; Diepte: tussen 4 en 5 meter.
Bekende dorpe, ook bekend as VOC handelstede, langs die Zuiderzee was Hoorn, Enkhuizen en Amsterdam.

Kaart dui IJsselmeer en afsluitdyk aan.

Die Zuiderzee bestaan nie meer nie.De Maatschappij tot Uitvoering van Zuiderzeewerken slaag daarin om die Zuiderzee af te sluit van die Noordzee deur middel van 'n 32 km dam, bekend as die afsluitdyk wat in 1932 voltooi is. So kom die Waddensee en IJsselmeer tot stand.
Die mond van die inlaat of anders gestel die deel tussen die afsluitdyk en die Wes Friesiese eilande staan vandag bekend as die Waddensee en die deel suid van die afsluitdyk as die Ijssemeer, die grootste varswatermeer in Wes Europa.
Hierna word vier groot polders uit die IJsselmeer herwin; die Wieringermeer polder (1930), die Noordoost polder (1942), Oostelijk Flevoland (1957) en Zuidelike Flevoland (1968). Dit beteken 'n herwinning van 165,000 hektaar nuwe land wat aangewend word vir landbou, behuising, werkskepping en ontspanning.

Skeepvaart veskuif na die Rede van Texel ( Nou Texelstroom)

Al in die 15de eeu was die Rede van Texel belangrik vir die skeepvaart.
Maar dan kom die 17de en 18de eeu. Die groei van die skeepvaart neem toe en sorg sodoende vir veel bedrywighede op die Rede. Allerlei skepe lé hier geanker - VOC koopvaarders, walvisvaarders, oorlogskepe en skepe van die West-Indische Compagnie.
Nie net alleen dien die Rede as vertrek en aankomspunt nie,nodige proviand en vars water uit die Wezenputten word ook hier aanboord geneem en word ook hier beman.
Skepe/vaarders vetrek half gelaai uit die hawestede Hoorn, Enkhuizen en Amsterdam aan die Zuidersee en word verder op die Rede gelaai waarvandaan hulle ook vertrek. Hierdeur word die laai van goedere, ens grootliks verplaas van die hawestede na die Rede van Texel. Dit word natuurlik toegeskryf aan die ondieptes van die Zuiderzee wat dit vir die skepe van groter omvang moeilik gemaak het om oor hierdie binnesee te vaar.
Daar was gebruik gemaak van platboomskuite bekend as ligters om goedere en bemanning van en na die skepe op die Rede te bring. Dit lei tot erge onophoud en groter onkostes.
NS. Skepe/vaarders was afhanklik van windsterkte en windrigtings vervolgens moes hulle in die Rede van Texel vergader waar hulle op 'n gunstige wind gewag het om die Noordsee te kon binnevaar. En dit kon dae neem.
Om vanaf die Rede van Texel na die Noordsee te vaar kon een van twee roetes gevolg word: via die Marsdiep tussen Texel en Den Helder of deur die Vlie tussen Terschelling en Vlieland. Marsdiep en die Vlie was vir eeue lank die verbindinsweë tussen die Noordsee en die Zuidersee.
NS. Texel, Vlieland, Terschelling, Ameland en Schiermonnikoog staan vandag bekend as die Wadden Eilande.

Hoofstuk 6

Nederlandse kinderemigrasie - Nederland se betrokkenheid by die arbeids te kort in Suid Afrika

Met Nederland vasgevang in hewige armoede en werkloosheid, en met menigte uitgeteerde wese wat veral in die winter half geklee en bibberend van die koue in die strate van Nederland ronddwaal smekende vir 'n aalmoes of 'n stuk brood, was daar hoop. Daar was 'n groot vraag na arbeiders in die destydse Kaapkolonie. Hoeveel arbeiders, ambagsmense en diensbodes in die kolonie geplaas kon word was moeilik om te bepaal. In Graaff-Reinet, kon seker 200 manne en jonges en 200 vroue of meisies geplaas word. Hulle beloning hang af van bekwaamheid. VCS VIII. Page 202 - 206. Brief. Noome aan Heldring. 28 Junie 1853.

Terselfdertyd het 'n nypende arbeidstekort die Britse owerheid laat besluit om van hulle bandiete as arbeiders na die Kaap te stuur. 'n Hewige protes teen die plan het oor die hele kolonie versprei. Deurlopende verset vanaf die Kaap tot aan die Oosgrens het die owerheid gedwing om nie die gevangenes aan wal te bring nie. In 1850 het die Britse skip, die Neptune, met sy 286 gevangenes aanboord na Australië vertrek. Bron. VCS VII. Page: 510 - 514. Brief. Noome aan Heldring. 18 November 1852.

Agtergrond geskiedenis

Reeds in die 1650's met die vestiging van die nedersetting aan die Kaap het die werk te veel geword en 'n vraag na arbeiders het ontstaan. Die Khoikhoi wat oor 'n groot gebied versprei was, was nie gewillig om as arbeiders te dien nie. Daar is toe aangedring op die invoer van slawe.

Na die instelling van die Vryburgers in 1557 het die VOC op aandrang van Jan van Riebeeck besluit om slawe in te voer in 'n poging om die arbeidstekort te verlig. Vanaf 1658 het VOC skepe 'n groot getal slawena die Kaap gebring. Die eerste slawe het uit Angola gekom, daarna het ander gevolg uit lande soos Madagaskar, Malabar, Zanzibar, Indië en Afrika.

Sommige slawe is gebruik as huisbediendes, skoonmakers, ens. Geskoolde en semi-geskoolde slawe is gebruik as timmermanne, skrynwerkers, messelaars, skoenmakers, saalmakers, smede, ens. 'n Groot aantal slawe het op plase gewerk.

Een van die gevolge van die invoer en gebruik van slawe was dat die koloniale samelewing algaande afhanklik geword het van slawearbeid.

"Een van die blywendste effekte van slawerny aan die Kaap was die ontwikkeling van rassediskriminasie as 'n inherente deel van die sosiale struktuur. Die blankes het volkome beheer oor die slawe gehad en dié beheer is nie alleen deur hul eie gesag nie, maar ook op die krag van verskeie owerheidswette en regulasies toegepas. Die wetlike dominering van die slawe deur die blankes is verder versterk deurdat die blankes die slawe as minderwaardig beskou het." 'n Duidelike klasse onderskeid het in die Kaapse samelewing begin ontwikkel .Bron. 4.7. Die gevolge van slawerny. H.F. van Aswegen geskiedenis van Suid-Afrika tot 1854.

Intussen het die koloniste (trekboere) dieper die binneland ingetrek tein einde meer grond te bekom. In die proses het die Khoikhoi (Hottentotte) en San (Boesmans) hul grondgebied verloor. Teen 1795 was veral die Khoikhoi grootliks sonder heenkome en moes baie van hulle meestal onder dwang of uit armoede vir die trekboere gaan werk.

In die loop van die 18de eeu het die trekboere stap vir stap oor verskillende gebiede voortgetrek totdat hulle die Oosgrens (in die Oos-Kaap) bereik het. In 1775 is die Bo-Visriver en die Boesmansrivier tot grens verklaar en 5 jaar later die Visrivier. In die gebied het hulle met die "kaffers" (Xhosa en ander swart groepe) in aanraking gekom.

Die Oosgrens geskiedenis word gekenmerk deur menige probleme soos veediefstalle en die beskadiging van eiendom. Daar was ook vele konflikte tussen grensboere en Xhosa wat weer uitgeloop het op 'n aantal Oosgrens oorloë (kafferoorloë) waarin laasgenoemde inheemsebevolings die grootste skade gelei het.

Koloniste in daardie omgewing was grootliks verbind tot boerdery. Tog het die blanke invloed geleidelik toegeneem deur die ontstaan van oosgrens dorpe soos Graaff-Reinet (1786), Uitenhage (1804), Grahamstad (1819), Port-Elizabeth (1820), Somerset-Oos (1825) en Fort-Beaufort (1822). Hier dink ons ook aan die bou van huise, kerke, geboue, ens.

Arbeiders was natuurlik 'n onmisbare komponent. Soos elders in die Kaapkolonie was slawearbeid die belangrikste (goedkoop) arbeidsbron.

Mense soos Gerrit Maritz (1798-1839), Hendrik Potgieter (1792 - 1852) en A.W.J. Pretorius(1798 - 1853) het heelwat slawe besit.

Gelyke Regte en Emanispasie

'n Aantal jare later is 'n gebrek aan arbeid veroorsaak deur die implementering van twee omstrede Britse maatreëls: Ordonansie 50 van 1828 het gelyke regte aan Hottentotte (KhoiKhoi) en alle vry mense van kleur gegee. Artikel 2 van die ordonansie het bepaal dat geen Khoikhoi of vryswarte wetlik verplig was om 'n vaste verblyfplek te hê of verplig was om te werk nie en dat hulle nie as rondlopers beskou en behandel mag word nie. As gevolg van die ordonansie het 'n aantal van die eens vaste arbeiders in die kolonie rondgeswerf sonder om hulle arbeid te verhuur.

Daarna op 1 Desember 1834 het die emansipasie (vrystelling) van slawe gevolg. Hierdie vrystelling het eers na 'n verpligte vakmanskap van 4jaar in werking getree, d.w.s. op 1 Desember 1838. Toe die uur van vryheid vir hulle aangebreek het, het hulle gegaan waar hulle wou. Baie van hulle het soos die Khoikhoi nie weer vaste arbeid gesoek nie.

Hierdie verandering in die arbeidspatroon het probleme meegebring vir die blanke koloniste wat nie sonder swart arbeiders kon klaarkom nie.

Die vrystelling van slawe in 1834 het nie net groot kapitaalverliese vir die slawe eienaars meegebring nie. Verliese was ook groot op ander gebiede. Hier word verwys na boere se verliese nadat hulle nie meer oor arbeiders beskik het nie.

Alternatiewe bronne van arbeid

Gerugte rondom 'n komende grootskaalse arbeidsgebrek het reeds voor emansipasie opgeklink. Om die probleem te oorkom moes alternatiewe bronne van arbeid oorweeg word.

Hieroor skryf R.L. Watson:

"As actual emancipation approached (it's exact date was 1 December 1838) near panic gripped many Cape farmers and their allies. Economic disaster caused by labor shortages was predicted. De Zuid-Afrikaan, a paper sympathetic to the interests of Dutch farmers, urged action be taken to secure labor in advance of emancipation day. 'It's hardly possible to expect any of these apprentices will not fancy they may better themselves by quitting their masters for a while; it therefore becomes the duty of farmers collectively to guard against the evel'. The paper urged that workers be recruited from Germany, India and China, among other expedients.

Others had similar ideas, for example, some colonists petitioned the state that freed africans be brought from Siera-Leone to word. A correspndent to the Zuid Afrikaans urged the importation of "hillmen' from India or 'kroomen' from Sierra Leone to provide labor, claiming that the colonists' will thrive....... much better than we have hitherto done with our lazy slave labor and freemen'. The editor responded that Indian 'Hill Coolies were very easily managed.....well limbed and active' but an essential......another plan was for colonists to take advantage of 'prize negroes' or as they were also called 'Liberated Africans' to supplement their working population.....

There were also the remnants of the original human population of the Cape, the Khoisan (called 'Hottentots' by Europeans), most of whom by the 1840's were to be found on the periphery of Cape society, both socially and geographically, where they served as cheap farm or urban labor. Then there were the newly freed slaves, a heterogeneous group whose origins can be found mostly along the East Coast of Africa and Madagascar, intermixed with various people's from South Asia. Many of these were Muslums.....finally, Bantu-speaking Africans from beyound the colony's borders were filtering into the frontier regions. Many of these had entered the colony as refugees from the upheavels largely with the wars and migrations collectively called the Mfecane. Often they were hired as rural laborers George Napier, the governor, saw the prize negroes as a partial solution to labor shortages causes by eman-cipation......" Bron. RL Watson. History Dept.North Carolina.

Chroniese en dikwels nypende gebrek aan arbeid na 1838 was verlig deur onder andere:

* Die toenemende invloed van swartes (Xhosa, Thembu, Mpengu,.....) van buite die koloniale grense wat hulle arbeid in die kolonie aangebied het.
* Mosambiekers (Mosbiekens) ook bekend as "prys negers" wat tussen 1780-1880 die kolonie binnegekom het.
* 'n Aantal slawe wat weer as arbeiders na plase teruggekom het.

Goed en wel die emansipasie was 'n doring in die vlees van menige blankes, maar die in-heemse swart werksvolk het nie juis bygedra tot die verligting van die gebrek aan arbeid nie, aldus geskiedenis bronne.

Verder was daar ook 'n te kort aan semi-geskoolde en geskoolde arbeid

De Graaff-Reinet Advertizer, Monday Oct. 6, 1952 voeg by: Rapid progress in farming, industry and commerce round about middle of the 19th century, and the emancipation of the slaves in 1834 had caused a chronic scarcity of labour. The natives, especially in the outline districts of Graaff-Reinet, were still too uncivilized to meet the demands of the more skilled branches of labour in domestic service and industry, especially in the town.
Then the 'new rich' longed for the effecient and civilized service they had known or heard of in their home countries, apart from the general complaint of 'the inefficiency, insolvency and idle habbits of the coloured classes."

Die gebrek aan arbeiders sou nog meer toeneem gesien in die lig van die stigting van nuwe dorpe. Middelburg (gestig in 1852) was in aanbou en nog twee of drie dorpe sou gebou word, een in die nabyheid van Port Elizabeth (gestig in 1820). Die sou bekend staan as Walker.

Uiteindelik na vele gesprekvoering verwerklik die uitsending van Nederlandse kinders na die Kaap

Kommissies wat te doen gehad het met die uitsending van kinders na die Kaap.

Daar was in plek De commissie ter overzeding van jonge lieden als dienstboden naar Kaap de Goede Hoop. Dié was in verbinding met die kommissie wat op 6 Sept. 1855 in Graaff-Reinet gevorm is by name van die Graaff-Reinet Kommissie (Graaff-Reinet Emigratie comité).
In laasgenoemde dien Meindert Noome as sekretaris en tesourier, die parlementslid J.F. Ziervogel, dien as voorsitter en J.J. Meintjies (ook 'n parlementslid) as visie voorsitter. Ander lede was: J.H. Cloete, H.A Enslin (Veldkornet), Dr. Feurzen, C.H. Grisbrook (Parlementslid), J.I. Leeb, F. Liesling (Landbouer), Dr. Maasdorp, J.J. Meintjies (Lid van die gemeente bestuur), J.C. Naude, J.J. Naude, G. Niekerk, H.A. Vorster en B.J. Wilke (Lid van die gemeente bestuur).
Die hoofkommissie het bestaan uit; Ds. O.G. Heldring, Regter Jnr. F.W.A. Beelaerts van Blokland, die Amsterdamse Koopman J.L. Grefory Pierson, Ds N.H de Graaff en die gewese Amsterdamse bankier J. Rooseboom.

Fotos: O.G.Heldring(1804 - 1876); F.W.A. Beelaerts van Blokland(1810 - 1886);J.L. Gregory Pierson (1806 - 1873); N.H. de Graaf(1823 - 1886); J.Rooseboom(1803 - 1870).

Die uitsending van kinders ( jeugdiges) na Graaff-Reinet verwesenlik 1856 - 1858

Eerstens wil ek hier noem dat die invoer van kinders na Suid Afrika nie 'n vreemde verskynsel was nie: The Dutch imported orphan girls as wives for the colonists; the British imported Irish girls as wives for the German legionaires in the Border Districts; and the Children's Friend Society in England sent boys as apprentices in 1840.

Daar word beweer dat hierdie projek om Nederlandse jeugdiges na Graaff-Reinet te bring maar net nog een van vele pogings was om kulturele bande met Holland te hervestig. Pogings om Nederlandse nedersettings in Suid Afrika te vestig was ook nie vreemd nie. Daar was soortgelyke ondernemings. Hier dink ons aan Jacobus Stuart. Sy plan om 'n aantal Nederlanders in die Lydenburg distrik te vestig het klaaglik misluk. Dit was in die jaar 1853/54.
Stuart was afkomstig uit Velsen in Noord-Holland. In 1851, verhuis hy na Suid-Afrika. 'n Ander Nederlander by name van Van Hogendorp (1762 - 1834) wou 'n outenome Nederlandse volksplanting by Houtbaai vestig. Die Natalse suikerboer T.C. Colenbrander (1811 - 1881) se plan om Nederlanders as arbeiders in te voer is in 1856 deur die Natalse uitvoerende raad goedgekeur. Ongeveer 90 arbeiders uit hoofsaaklik Gelderland het in 1858 - 1859 in Port-Natal aangekom. Colenbrander se nedersetting het bekend gestaan as Nieuw- Gelderland.

Die beplande Reistog van die kinders (jeugdiges)

Die kinders reis vanaf Nederland na die Kaap. Met hul aankoms in Tafelbaai begin die reis na Algoabaai in PE. Daar aangekom klim die kinders oor in ossewaens waarmee hulle vervoer word na Graaff-Reinet. Dié het sowat 18 dae geduur.

Aantal kinders en die skepe waarmee hulle in die Kaap aangekom het

Die getal kinders hier ter sprake was bestem vir Kaapstad en Graaff-Reinet, onderskeidelik.
Na berekening het sowat 385 Nederlandse kinders uit onder andere Amsterdam, Delft, Den Helder, Kampen,Enkhuizen, Haarlem, Leiden, Neijmegen, Rotterdam, Tiel en Utrecht tussen 1856 - 1860 in die Kaap aangekom, aldus die verslag van Beelaerts. 'n Ander bron wys op 700 kinders??
Sowat 132 Hollandse kinders, tussen die ouderdomme 12 en 14 jaar, het uiteindelik Graaff-Reinet binnegekom.

Zalt Bommel (1856)

Op Desember 13, 1855, het Meindert vir 75 kinders aangevra. 9 Maande later, op 13 Augustus 1856 verlaat die Zaltbommel Rotterdam met 28 seuns en 8 meisies aanboord. Hulle was bestem vir Kaapstad. 'n Verdere 45 seuns en 12 meisies was bestem vir Graaff-Reinet. Die skip arriveer op 27 November 1856 in Tafelbaai. Maar toe die Zaltbommel vertrek na Algoabaai loop die skip op die rotse by Tafelbaai. Die ongedeerde passasiers word later aanboord die Orix na P.E. vervoer.

Joan (1857)

Kinders net bestem vir Kaapstad.

Henriette (1858)

In Desember 1858, twee jaar na die eerste groep van 57 jeugdiges, het die tweede groep van 44 seuns en 5 meisies, insluitende 15 volwassenes en 7 kinders gearriveer. Daar was volgens gegewens pokke op die Herriette en dat alle klere en beddegoed verbrand moes word by die wolwassery te Adendorp voor hulle Graaff-Reinet kon binnekom.

Die tweede groep was ook die laaste groep wat deur die Graaff-Reinet kommissie na Suid Afrika gebring is.

Bulgerstein (1859)

Kinders net bestem vir Kaapstad.

Provincie Drenthe (1860)

Kinders net bestem vir Kaapstad.

Die uitsending van kinders (jeugdiges) na Graaff-Reinet word gestaak

Die verhaal rondom die uitsending van Nederlandse kinders (jeugdiges) kan sekerlik met gemengde gevoel, ens benader word, aldus koerant berigte. Uit die aard van die saak was daar probleme, beskuldigings van verwaarlosing van die kinders, ongehoorsaamheid aan die kant van sommige van die kinders, ens. "A local correspondent called 'Crowquill', took up the defence of the immigrant children. "Interesting was his comments in the Graaff-Reinet Herald of October 26, 1861. He had thought the instruction of the juvenile immigrants unwise - a kind of slavery. "was i wrong? Ask those, who, with me, have watched the gradualfall of those little strangers; ask those poor girls who sang so sweetly....on their arrival here, but now alas! -have sunk to the lowest depths of degration....ask those youths, who carried away by the force of temptation, now labour in the chain gang, clothed with convict garb."

He asked whether employers, guardians, and church had done their duty? He goes on by saying that theywere treated in the same way as the coloured classes in the kitchen and the Hottentots.... The roughest kind of labour is demanded from them....

Although many of the children seemed to be weak characters, probably due to their background, many masters were not qualified to undertake the care of such a major responsibility. Swak karakters was daar wel. Uit 'n aantal verslae is dit duidelik dat sommige van die jeugdiges ongehoorsaam was en onbehoorlike gedrag geopenbaar het. Van hulle was ook skuldig aan diefstal. En dan het ook baie van hulle weggeloop. Ondersoeke was wel geloods om sekere gevalle te ondersoek soos onder andere: "The Dutch - Government appealed to the British Government to institute an inquiry into certain complaints of maltreatment. This was done and the commission consisted of Mr. Berrangé, the magistrate; Mr. Ziervogel, the M.P. and Mr. Noome. The three cases investigated proved that on occasions when their employees had behaved badly they were beaten, but these same boys admitted to being well treated...."

'n Ander groot teenwig wat ingewerk het teen die uitsending van Nederlandse jeugdiges was die destydse regering en Grey se Immigration Scheme wat in 1859 in werking getree het.

Die Einde


Information and Contact Info

info

Things to do - Accommodation - Tourist info - What's on

Netherlands Tourism

Visit Holland - The Netherlands

If you’re looking for hotels in the Netherlands, B&B’s, self-catering, holiday parks, or campsites you’re in the right place.

Holiday Homes

Holiday Homes

Holiday houses and apartments in the Netherlands

Car Rental and Public Transport

rental

Car Hire in Holland

Avis - Car hire in the Netherlands

Hertz - Car rental in the Netherland

Visit us