Hoender Pastaslaai en Hoenderbredie Uit die Kombuis Home
Hoender Pastaslaai
(Hierdie is my eie resepte en almal geniet dit altyd vreeslik.)
1 Heel hoender
Sprite
pasta van jou keuse
hoenderspeserye
blatjang
sout/peper na smaak
knoffel (ops)
mosterd
uie
Wit sampioene
Metode
Kook hoender in sprite tot sag, ontbeen en sny in stukkies, moenie sous weggooi nie.
Sny sampioene in skyfies. Soteer uie en sampioene in bietjie olie.
Plaas hoenderstukkies terug in kastrol, voeg al die ander bestanddele behalwe pasta by, voeg nog Sprite by indien
nodig.
Bring tot kookpunt en prut tot sappig.
Kook pasta soos normaalweg, dreineer, voeg hoender mengsel by en meng goed.
Bedien met 'n mengelslaai.
Hoenderbredie
1 kg Hoender
Sout en Peper
1 Pakkie Sampioensop
250 ml macaroni
125 g botter of margarien
2 uie in blokkies gesny
4 tamaties in blokkies gesny
125 ml ongesifte koekmeelblom
200 ml Water
250 ml Kaas
Metode
Geur hoender met sout en peper en kook tot sag. Ontbeen en sny vleis in stukke.
Vul hoendersous met water aan tot 625 ml. Voeg soppoeier by, roer gereeld en kook tot dik.
Kook macaronistukkies in soutwater to sag en dreineer.
Smelt botter in 'n groot kastrol. Voeg uie by en braai tot sag.
Voeg tamaties by en kook 'n rukkie.
Meng meel met water en roer by tamatiesous. Voeg sop by en roer tot gemeng. Voeg hoender, kaas en macaroni by, meng
en laat 'n paar minute prut.
Sit warm voor met rys en 'n slaai. (6 - 8 persone.)
|
||