Home
Afrikaans


Die Kruger Miljoene

Die verwydering van goud uit die S.A. Munt voor die val van Pretoria - 4 Junie 1900
Om mee te begin, goudmyne onder beheer van die destydse ZAR het op 'n beperkte skaal goud ontgin. Vandaar is die goud na die munt in Pretoria geneem.
Met die besetting van Pretoria op 5 Junie 1900 deur Britse soldate vind Lord Alfred Milner (1852 - 1925) dat goud, sommige van dit in half gemunte vorm ter waarde van duisende Ponde uit die S.A. Munt en die Nasionale Bank verwyder is. Die hoeveelheid goud en die waarde daarvan....wel, daaroor bestaan verskeie menings, soos die van Eli Levine, outeur van The Coinage and Couterfeits of the Zuid Afrikaanshe Republiek.


Wat het van die goud geword?
Vele verhale rondom hierdie goud doen die rondte.
Eli Levine het geglo dat Pres. Kruger dit of die meeste daarvan saam met hom op die skip Gelderland geneem het. Dit is egter hoogs onwaarskynlik.
Dan is daar ook sprake van goud wat in 'n spesifieke stadium (waarskynlik in Julie 1900) direk na Europa versend was, want word gesê, die Duitse stoomskip Bundersrath het 30 kiste goud van Lourenco Marques na Hamburg vervoer. Twee maande later is 'n verdere 100 kiste op 'n ander Duitse skip gelaai.

Some of the largest gold mines in the world were held within Boer territory and during the Second Boer war much of this gold was sent by rail through the neutral Portuguese harbor of Lourenco Marques (now Maputo), Mozambique to pay for arms and munitions. In the closing months of the war, some of this gold was shipped to Holland for Boer exiles fleeing the Transvaal, including President Paul Kruger.

Verhale rondom goud uit die ZAR myne word selfs verder teruggevoer. Die jaar 1898
Daar word ook gepraat van 'n eerste helfde van die staatsskat wat reeds in 1898 na die hawestad Lourenco Marques (vandag Maputo), die Portugese Kolonie Mocambique gebring en op drie skepe gelaai is, kiste vol goud en rou diamante - geeneen van die skepe bereik hul bestemming nie, aldus die volgende Duitse uittreksel.
Die erste Hälfte des Staatsschatzes wurde schon 1898 in die Hafenstadt Laurenco Marques (heute Maputo), der portugiesischen Kolonie Mocambique, gebracht und auf drei Schiffe geladen, welche die Kisten voll Gold und Rohdiamanten außer Landes bringen sollten - keines erreichte seinen Bestimmungsort.

Die volgende gedeelte sê dat die eerste skip tydens 'n warrelwind op see gesink het. Die tweede skip se manskappe het oorgegaan tot muitery, vermoor die kaptein en verdwyn. Die derde skip Dorothea vergaan by Kaap St.Lucia in 'n storm. Die skip breek in twee dele en sink byna dadelik. Die meeste matrose ontkom in reddingsbote. Die Dorothea lê in dieper waters. Die see is so stormagtig, dat die vele pogings om dit te "berg" gefaal het.
Eines kam in einen Wirbelsturm und sank - man weiß nicht einmal genau wo. Die wenigen Überlebenden der Katastrophe vermochten keine genauen Angaben zu machen. Auf dem zweiten Schiff meuterte die Mann- schaft, tötete den Kapitän und verschwand.
Das dritte Schiff, die "Dorothea", wurde vor Kap St. Lucia ebenfalls Opfer eines Sturmes. Es brach in zwei Teile und sank fast augenblicklich. Dennoch gelang es den meisten Matrosen, in den Rettungsbooten zu entkommen.
Die "Dorothea" liegt in großer Tiefe. Die See ist vor dem Kap ständig so schwer, daß die wenigen Versuche zu ihrer Bergung gescheitert sind.

Oor hoeveel waarheid en juisheid hierdie verhale of wat ons dit ookal wil noem beskik kan ek nie bepaal nie. Feit is egter dat daar wel 'n groot hoeveelheid goud op 4 Junie 1900 verwyder was en uiteindelik in Lourenco Marques gearriveer het
Dr. Gustav Preller, wie in die tyd van die Anglo Boere oorlog, 'n klerk in die Departement van Myne was, laat geen twyfel dat 'n groot aantal goud wel Pretoria verlaat het nie. Dit was net 'n dag voor die Britte Pretoria op 5 Junie 1900 binnegeval het. Om 'n lang storie kort te maak vertel Preller hoe die proses verloop het om die goud te verwyder voor die Britte opdaag in Pretoria. Op 28 Mei ontvang hy opdrag om vervoer te reël omdat "baie belangrike goed uit Pretoria geneem moet word." Na 'n gesukkel vind hy in Sunnyside 'n ligte wa wat deur twee esels getrek word.

Net voor middernag arriveer hy daarmee op Kerkplein. Die wa word toe in 'n smal gang tussen die Nasionale Bank geboue, die Paleis van Justisie en die ou munt getrek. Daar in die teenswoordigheid van Genl. Jan Smuts is die goud gelaai. Preller was toe beveel om die wa na die ouditeur generaal by Pretoria stasie te neem. "Ek het op die goud gestaan net agter die drywer," het Preller gesê. Nog drie keer daardie nag het Preller goud na die stasie geneem waar dit op die presidensieële trein gelaai is.
Volgens Preller was hy nie seker of dit wel op 28 Mei was nie. Dit kon net sowel 4 Junie gewees het want dit is 'n historiese feit dat die goud op 4 Junie 1900 verwyder was. Volgens Ernest Meyer was dit wel op 4 Junie, die dag toe die eerste skote begin klap het by Sesmyl Spruit net buite Pretoria. Meyer was die meester van die Munt in 1900.

      

Fotos. Links. Genl. Jan Smuts. Regs. A) Die Paleis van Justisie op Kerkplein, Pretoria, net voor voltooiing.
Links (B) van die Paleis is die poskantoor en die staatsbank. In die voorgrond (C) is die vroeëre voetstuk van die Kruger standbeeld. Na die Britse besetting van Pretoria op 5 Junie 1900 word die Paleis van Justisie gebruik as hospitaal ( Die "Irish" hospitaal). Vanaf 1901 word die Paleis weer gebruik vir sy oorspronklike funksie.

Van Pretoria na Machadodorp
Vroeg oggend verlaat die trein Pretoria stasie en bereik Machadodorp in die namiddag. Hier het Meyer gehelp met uitbetalings in goud.

Van Machadodorp na Lourenco Marques
Met die vetrek van Meyer op 17 Julie 1900 word die goud "Kruger miljoene" onder toesig van Kommandant Meindert Noome, hoofklerk in die Kantoor van die Ouditeur Generaal, geplaas wanneer dit Machadodorp in Augustus verlaat. Op 31 Augustus 1900 is 62 kiste goud oorhandig aan 'n Duitse firma Wilken en Ackerman, in Lourenco Marques, Mosambiek. Die ZAR het krediet gekry vir die waarde van die goud. Daarmee kon Kommandant Noome groot hoeveelhede voedsel - 44 000 sak meelblom byvoorbeeld en ander voorrade aankoop, stoomskepe huur, en geïnterneerde boere versorg in Portugees-Oos-Afrika en Portugal. Groot bedrae is ook in Europa beskikbaar gestel vir die onderhoud van Boere vlugtelinge.

Meindert het ontken dat goud ooit na die laeveld geneem was - Dit nadat die vermoede ontstaan het dat die goud "Kruger Miljoene" verwyder en begrawe is en soektogte na die begraafde skat begin het. Die saak staan so:
Van Pretoria stasie sou die roete van die trein (gelaai met goud) na Lourenco Marques deur die laeveld gaan: na Middelburg, vandaar na Belfast, Machadodorp, Waterval Boven, Nelspruit - voor hul vertrek uit Nelspruit word 'n groot hoeveelheid van die goud na bewering op drie verskillende plekke begrawe. vinnige opmars van die Britse soldate en om te sorg dat die goud nie in hul hande beland nie, het die Boere genoodsaak om die goud te begrawe.

Tekening. Sunday Times Lifestyle.

Volgens Schwartz was twee waens gelaai met goud na Spitzkop, 'n mynkamp in die Oos Transvaal drakensberg tussen Belfast en Pelgrimsrus, geneem....daar in die berge en valleie is die eerste klomp goud begrawe.
'n Paar dae later word Swaziland deur Bremersdorp en die Komati Rivier binnegegaan. Hulle bereik 'n plek tussen Swart Pelosse en Witte Pelosse. Hier het Genl. Lucas Meyer 'n plek uitgewys waar 'n volgende hoeveelheid goud begrawe moes word. Na bewering word 'n derde hoeveelheid goud by Devil's Knuckles, naby Pelgrimsrus begrawe. 'n Wyle daarna glip Pres. Kruger oor die Transvaal grens na Mosambiek.
Ondertussen het die Boere by Lydenburg 'n wakende oog oor die laaste klein hoeveelheid goud gehou. Met die nuus dat die Britte die dorp gaan inneem vetrek die Boere na Roos Senekal. Van die goud het toe na die kommando's gegaan. Dit wat oorgebly het, het in die finale stadium van die oorlog verdwyn.

Der Staatsschatz der Buren wurde vermutlich im Bereich der Eisenbahnstrecke von der Hauptstadt zum Indischen Ozean in einzelnen Etappen versteckt. Der Weg des Sonderzuges führte zunächst von Pretoria in Richtung Matchadodorp am Elands River. In diesem Bergland lebte damals zuverlässige Burenkämpfer, die den Staatsschatz auf keinen Fall an das britische Militär ausgeliefert hätten. In einem Eisenbahntunnel, der heute nicht mehr in Betrieb ist, war der Sonderzug später für einige Zeit abgestellt gewesen, um über das Schicksal der Tonnen von Gold zu beraten. Ohm Krüger sollte nach den Beschlüssen der Beratungen zunächst in Europa Hilfe holen und dann durch den Verkauf des Goldes eine neue Verteidigung finanzieren.
Das Bergland von Waterval Boven ist noch in unserer Zeit eine Wildnis mit zahlreichen Schluchten und Höhlen und bot sicherlich während der Burenkrieges vielfältige Verstecksmöglichkeiten. Von der Eisenbahnstation Matchadodorp aus soll die Mehrheit des Goldes mit Ochsenkarren zu Verstecken in die Wildnis gebracht worden sein.

Soektog na die Kruger Miljoene
Wat ookal geskiedkundige gegewens te sê het, mense glo onwrikbaar in die bestaan van hope goud wat êrens begrawe lê. Met 'n bietjie geduld en wysheid....wie weet? So onlangs het iemand die Kruger Miljoene in die berge van Barberton gaan soek. En min of meer in dieselfde tyd is 'n plaas in Ermelo omgekeer.Nie juis dat die eienaar omgegee het nie, want sien, het hy gereken, ten minste word sy grond nou omgekeer en dit sonder om vir die arbeid te betaal. Nou ja, geen goud is gevind nie, nie eens 'n goue Kruger muntstuk nie.