Resepte Afrikaans - Aartappel Resepte 2                     Na: Uit die Kombuis                      Home

Nog meer Keurige Aartappel Resepte 2

Hollandse Aartappelsop
3 Repe spekvleis
6 Medium aartappels - in blokkies gesny
2 Uie - fyngekap
500 ml kookwater
500 ml melk
5 g sout ( 5ml)
500 mg peper (1ml)
10 g fyngekapte pietersielie ( 25ml)

Snipper die spekvleis en braai bros. Voeg die aartappelblokkies, ui en kookwater by. Pruttel totdat die aartappels sag is.
Voeg die melk by en kook nog 5 minute lank. Voeg sout en peper by en strooi die fyngekapte pietersielie oor.

Aartappelroomsop
1 Liter melk
1 ui - in skywe gesny
45 g botter ( 50ml)
12 g meelblom ( 25ml)
440 g fynaartappel ( 500 ml)
5 g sout ( 5 ml)
500 mg peper ( 1ml)
5 g fyngekapte pietersielie ( 12, 5 ml)

Giet die melk in n kastrol, voeg die ui by en bring tot kookpunt. Dreineer die melk om die ui te verwyder. Berei n witsous:
Smelt n derde van die botter in n pan. Voeg die meelblom by, gevolg deur die melk terwyl geroer word todat die mengsel
kook - vir 3 minute. Roer die aartappel, sout, peper en die res van die botter by. Strooi die pietersielie bo oor en sit voor saam
met vars bruinbrood, botter en gerasperde kaas.