Resepte Afrikaans - Aartappel Resepte 5                     Na: Uit die Kombuis                    Home

Aartappel Peuselgereggies

Klein Aartappeltjies
Skrop klein aartappeljies goed en kook totdat dit sag, maar tog ferm is.  Trek skilletjies af, verglans met botter en plaas in
'n groot houer.  Garneer met pietersielie.
Steek 'n peuselstokkie in elkeen sodat die aartappeltjies in 'n verskeidenheid souse gedoop kan word, bv. avokado-
en visdoopsous.
Variasie: Sny aartappels in egalige blokkies.  Volg dan bogenoemde metode.

Aartappelsoutigheid
8 warm gaar medium aartappels
2 eiers
2g sout (2ml)
500mg peper (1ml)
500mg peper (1ml)
Vleis-of groente-ekstrak
Kookolie vir diepvetbraai

Druk aartapels fyn, roer eiers by, gevolg deur die smaakmiddels en ekstrak volgens keuse.  Vorm in plat koekies en braai
in warm diepolie tot bruin.  Dreineer en sit warm voor.

Aartappelkoekies
4 Groot gerasperde aartappels
2 teelepels bakpoeier
Sout en peper
1 Eier
2 Koppies meelblom
Pietersielie
Meng al die bestanddele goed saam.Skep lepels vol in warm kookolie en bak tot gaar.

"Patatas A L'Aprovenzal"
625g aartappels
500g uie - gesny
500g tamaties - geskil, in skywe
8g gerasperde kaas (25ml)
5g sout (5ml)
25m olyfolie

Skil die aartappel dun af en sny in skywe.  Kook 15 min.  Soteer die ui tot helder.  Skep afwisselende lae van ui,
tamatieskywe, kaas en aartappel-skywe in 'n gesmeerde bakskottel.
Geur elke tamatielaag met sout, eindig met 'n laag ui, sprinkel met olyfolie en bak 180°C, 30 min.