Steakrepies in deeg                         Main page/Hoof bladsy                  Home

Kan saam met enige gereg bedien word

1 kg saggemaakte steak
2 eiers
180 ml melk
5 ml knoffelsout
5 ml hoenderspeserye
180 ml koekmeelblom
Olie
1. Sny vleis in repies en bedek met speserye.
2. Klits eiers en melk saam.
3. Plaas vleisrepies in bak en bedek met eier- en melkmengsel.
4. Plaas bak in yskas vir 'n uur.
5. Doop die repies een vir een in die koekmeelblom.
6. Braai in pan met vlak olie op medium hitte.
7. Bedien met skyfies en slaai.