Home
Afrikaans


Skoonheid

Alle vroue is mooi. Feit is, sommige vroue benodig dalk net 'n bietjie meer hulp om daardie volle skoonheid na vore te laat kom. En al is jy 'n pragtige individu, daar is altyd plek vir spesifieke verbetering om jou op jou beste te laat lyk. Skoonheid! Watter skoonheid?
Skoonheid gaan oor meer as net skoonheidsmiddels. Ons praat hier van ware skoonheid, innerlik en uiterlik, en natuurlike eienskappe wat daarmee saamgaan. En skoonheid moet ook nie kunsmatig wees nie. Waaraan aandag gegee moet word:

Gesonde voeding vir die liggaam
Eet gesonder. Volg 'n goed gebalanseerde dieet wat groente en vrugte insluit. Beperk kosse wat nie veel bydrae tot die voeding van jou liggaam nie. Verminder die inname van vette, sout, suiker en alkohol.
'n Goeie idee is om meer te leer oor kossoorte en hul voedingswaarde. Neem soveel voeding (energie) in soortgelyk aan die energie wat jy daagliks verbrand. Oorgrote inname van kosse lei tot oorgewig en ander fisieke probleme. En vermy skadelike dieete. Drink baie water. Kry die regte hoeveelheid vitamienes, minerale en proteine in. En vermy gemorskos.


Oefeninge.
Goeie gebalanseerde oefeninge moet deel uit maak van jou daaglikse roetine. Dit help om ongewenste gewig teen te werk.
Elke metaboliese funksie in die liggaam en vlakke van energie word bevorder en onderhou.
Beplan jou oefen roetine en doen die regte oefeninge. Hou daarmee vol. Enige sigbare verandering sal jou gemotiveerd hou.

Goeie nagrus
Genoeg nagrus maak 'n groot verskil. Terwyl jy slaap hernu die liggaam homself. Genoeg slaap stel jou in staat om beter te voel en te lyk. Nuwe energie word ook voorsien. 'n Gebrek aan slaap veroorsaak tamheid, donker sirkels of sakke onder die oë. Verder het ’n gebrek aan slaap ’n beduidende invloed op fisieke, verstandelike en emosionele gesondheid. Wend 'n poging aan om ten minste 8 ure slaap in te kry.

Drink genoeg water
Drink water eerder as gas of versuikerde koeldranke, koffie of ander vloeistowwe wat nie goed vir jou liggaam is nie. Water is goed vir jou spysverteringstelsel. Dit help om gifstowwe af te skei en help jou niere funksioneer, wat die lewer meer tyd gee om vet te metaboliseer.

Bevogtiger vir die vel
Gebruik bevogtiger om die natuurlike olies en water in jou vel te beskerm. Olie in rome (bevogtigers) voorkom onnodige droogheid van die vel en vorming van plooie en fyn lyne. Bevogtiger is noodsaaklik vir die hele liggaam. Onmiddellik na die neem van 'n bad of stort, wend bevogtiger aan oor jou hele liggaam om die die vel sag en soepel te hou. Maak seker of jy 'n droë of olierige of normale vel het voordat jy ’n bevogtiger koop.

Wat jou gesig betref:
'n Goeie velskoonmaakmiddel moet alle olie, grimering, onsuiwerhede en dooie velselle van die vel verwyder sonder om die porieë te blokkeer. Vermy seep en water. Die meeste seep is hoogs alkalies en kan die vel se natuurlike suuragtige beskerm- ingslagie beskadig en die vel uitdroog. Waak daarteen om jou vel oormatig te reinig. As jou vel droog voel ná reiniging, het jy dit oordoen en dui dit aan dat die middels wat jy gebruik, nie vir jou vel geskik is nie. As jy 'n olierige vel oormatig skoonmaak, kan jy die olieproduksie oormatig stimuleer.

Maak seker die water waarmee jy jou vel afspoel, is louwarm. Te warm water kan die vel uitdroog en die vel se natuurlike beskermingslaag beskadig.
Dit kan die vel sensitief maak en aartjies in delikate dele van jou gesig laat bars. Nadat jy jou vel-reiniger afgewas het, moet jy jou gesig altyd met koue water besprinkel. Besproei jou vel met 'n fyn watermis voordat jy jou bevogtiger aanwend. Dit sal die velselle dadelik opvul en 'n gladde oppervlak veroorsaak wat verouderingslyntjies minder opsigtelik maak. Die bevogtiger sal dié gladheid verseël. Die regte manier om jou bevogtiger aan te wend, is om dit met ligte bewegings aan te wend om die vel se sirkulasie te stimuleer. Hoewel dit nie noodsaaklik is om 'n spesiale nagroom te koop nie, het die meeste nagrome spesiale formules wat ontwikkel is om die vel se herstellende proses by te staan. Wanneer jy 'n nagroom aanwend, onthou om ook die nek daarmee te masseer.
Bron. Marie Claire Face deur Jane Campise (Murdoch Books)

Jou klerekas
Hersiening van jou klerekas. Vleiende kleredrag is wat jy nou benodig. Soek deur al jou klere en elimineer die items wat nie jou voorkoms komplimenteer nie. Koop klere wat jou figuur vlei.
Bly weg van goedkoop klere en selfs duur uitrustings wat geen sin maak nie.

       

Haarstyl
'n Korrekte haarstyl maak 'n groot veskil. Soek deur tydskrifte vir die nuutste idees en style en gesels met jou haarstilis oor spesifieke haarstyle wat die vorm van jou gesig sal vlei en ook by jou ouderdom sal pas. En vra na kleursel om jou eie individuele behoefte te pas. Hy/sy sal waarskynlik ook jou persoonlikheid in ag neem om iets te skep wat daarby pas. Maak seker dat die haarstilis oor die nodige opleiding en kennis beskik voor daar aan jou hare gewerk word.


Kort haarstyle is vir vroue van alle ouderdomme. Vorm van die gesig, been struktuur, persoonlikheid en liggaamsbou is belangrike aspekte wanneer 'n spesifieke kort haarstyl gekies word. Kort haarstyle vertoon elegant, gemaklik, oulik en stylvol.
En dan is daar soveel nuwe style en idees om van te kies.

Grimering
Korrekte aanwending van grimering is van uiterste belang.

   

Hande en naels
Sekere elemente het 'n negatiewe uitwerking op hande en naels. Verwaardelose hande en naels is duidelik opmerklik en lyk nie goed nie. Dra handskoene wanneer skottelgoed gewas word, of wanneer in die tuin gewerk word of waar hande en naels blootgestel word aan skoonmaakmiddels of ander skadelike elemente.
Gebruik room produkte om hande sag en soepel te hou. Daar is allerlei raad en produkte om naels sterk en gesond te hou.

Bederf jouself 'met n ware manikuur. Jy kan lang, pragtige, luukse naels besit sonder om na duur naelsalonne te gaan. Feit is, jy kan 'n professionele manikuur doen in die gerief van jou eie huis.
Stap 1.Was en droog jou hande deeglik.
Stap 2.Deur gebruik te maak van 'n naelvyl, vyl jou naels van kant tot kant liggies. Bly weg van die hoeke van jou naels, aangesien dit kan verswak.
Stap 3.Vyl nou jou naels in 'n gewenste vorm. Ovaal is gewild, maar jy moet verkieslik 'n vorm kies wat jou vingers en hande komplimenteer.
Stap 4.Vryf 'n naelvelletjie versagmiddel aan elk van jou naelvelletjies.
Stap 5.Volgende, plaas albei hande in matige strelende warm water vir 'n paar minute. Ontspan.
Stap 6.Noudat jou hande deeglik deurweek is behoort hulle sag en meer buigsaam te wees. Druk nou elke naelvelletjie versigtig terug. Moenie hulle tot op 'n punt terugdruk waar jy pyn en ongemak voel nie.
Stap 7.Begin nou om die palms van jou hande te masseer met 'n gunsteling room. Die proses word deurgevoer na die hande en vingers. Nie net alleen verbeter dit bloedsirkulasie nie, dit verbeter die algehele voorkoms van jou vel.
Stap 8.Voor die aanwending van naellak moet die naels skoon wees van alle room. Vee jou naels skoon met katoen en naellakverwyderaar.
Sodra jou naels deeglik skoon is, kan die naellak proses begin. Stap 9. Nou begin die pret deel - aanwending van kleur. Neem die kwas, doop dit in net genoeg naellak om 'n nael in net 3 bewingings te verf. Wag om te droog. Die 2de laag (beskermende bo-laag) naellak word daarna aangewend.
'n 3de laag kan ook aangewend word, indien nodig. Gebruik 'n naelstokkie in naellak-verwyderaar gedoop om glipsies reg te maak. Klaar. Nou het jy jou eie netjiese naels.

   

Negatiewe Stres hantering
Aandag aan die sielkundige sy is net so belangrik. Negatiewe stres kan groot skade aanrig, innerlik en uiterlik. En gewoondlik wys dit ook maklik op die liggaam. Kry hierdie stres onder beheer deur te werk aan die oorsake daarvan. Indien nodig soek hulp en advies by sielkundiges. Vermy raad van persone wat "alles in die lewe weet." En waak daarteen om nie "aan die eet te raak" as stres toeneem nie.

Vertroue in jouself
Niemand is volmaak nie. Niemand is sonder foute nie. Wees trots op die persoon wie jy is. Dit werk selfvertroue. Selfvertroue vind ook sy weg deur goed te voel oor jouself. Fatsoenlik en mooi geklee, pragtige haarstyl wat daarby pas, mooi gegrimeer, kalmte, 'n gesonde en fikse liggaam.....dit is die antwoord.