Home
Afrikaans


Gids tot n Gesonde Hart


Koronêre hartsiektes is steeds een van die grootste oorsake van sterftes in Suid Afrika, meer as 4 miljoen mense word jaarliks daar deur geraak. Dit is die algemeenste vorm van hartkwale, en word gekenmerk deur verkalking en verharding van are, as gevolg van vetdeponering in bloedvate. Hierdie opbou van vette kan algehele of gedeeltelike blokkering van die are veroorsaak, wat die hart van suurstof ontneem, en n hartaanval of beroerte tot gevolg kan hê.

Watter faktore dra by tot hartsiekte?
*Hoëbloed cholesterol
*Geskiedenis van hartsiekte in die familie
*Hoë bloeddruk
*Rook
*Oorgewig
*Te min of geen oefening
*Stresvolle lewenstyl

Die grondslag van n gesonde hart dieet
Die sleutel tot n gesonde-hart-dieet is dat n verskeidenheid kossoorte in die korrekte hoeveelhede gekies moet word.
Die dieetkundige riglyne is soos volg:

Eet minder vet in jou dieet
Een van die belangrikste faktore wat hartsiektes kan bekamp is die beperking van alle bronne van vet in die daaglikse dieet. Probeer hierdie vet-werende wenke;
*Eet vellose hoender en ander pluimvee, asook vis in plaas van vleis.
*Kies lenige vleis en sny alle vet af voor dit gaar gemaak word.
*Moet nie kos in olie braai nie en moet nie botter of margerien by gaar groente voeg nie.
Gebruik minder olie wanneer jy kook - gebruik eerder hoender of vleisaftreksel in plaas van olie.
*Vermy kosse wat verskuilde vet kan bevat soos beskuitjies, koek, vetkoek, aartappelskyfies en pasteie.
*Gebruik lae-vet produkte, soos lae-vet melk, lae-vet kaas en lae-vet smeer.
*Vermy vetterige wegneemetes en kitskos.

Wees veral versigtig vir versadige vette
Versadige vette is gewoondlik dierevette, wat voorkom in vetterige vleis, die vel van hoender, volroom suiwelprodukte asook smere, kookvette, klapper en palmolie.
*Gebruik klein hoeveelhede sagte margarien in plaas van botter of harde blokke margarien.
*Gebruik lae-vet ingedampte melk as n plaasvervanger vir room in pasta en vleisdisse.
*Groot hoeveelhede verskuilde versadigde vette kan gewoonlik in soetgebak, koek, roomys, verwerkte vleise en peuselkos gevind word.
*Olygolie, Canola olie en avokado olie het hoë vlakke mono-onversadigde vette en moet eerder as dierevette gebruik word.

Verhoog jou daaglikse inname van vesel
Daar is twee tipes vesel: onoplosbare vesel, wat n versadigings effek het en wateroplosbare vesel, wat cholesterol vlakke verlaag. Onverfynde kosse, soos hawermout, peulgroente ( ertjies, boontjies, lensies), alle vrugte en groente, is almal goeie bronne van wateroplosbare vesel.
*n Hoë-vesel graanvlokkie ontbyt is n goeie manier om jou dag te begin.
*Sluit vars vrugte, gestoofde droë vrugte of vrugteslaai by jou ontbyt in.
*Voeg blikkies boontjies en lensies by sop of vleisgeregte.
*Bak semelmuffins en voeg ekstra hawermout en gedroogde vrugte by vir hoë vesel lae vet peuselkos.

Sluit vis in jou dieet in ten minste 2 keer per week
*Sekere essensiele vetsure wat in olierige tipes visse gevind word, soos haring, makriel, forel, sardyne en salm, verminder die geneigdheid van bloed om klonte te vorm, en dus word die risiko vir hartsiekte verminder.

Verseker dat jou dieet ryk is aan n verskeidenheid vrugte en groente
*Deur n dieet te volg met baie vrugte en groente, verseker jy die voldoende inname van deie anti-oksidant vitamines, vitamine C kom voor in meeste vars vrugte, groente en vrugtesappe, terwyl betakaroteen in meer helder kleurige vrugte en groente, soos pampoen, botterskorsie, papaja, geel perskes en veselperskes voorkom.

Gebruik minder sout
*Gebruik kruie, suurlemoensap, speserye en wyn om kos te geur eerder as sout, aangesien te veel sout bloeddruk verhoog.

As jy alkohol gebruik, gebruik dit matiglik
*Die maksimum daaglikse aanbevole inname is 2-3 alkoholiese drankies. Alkohol het n hoë energie inhoud en moet versigtig gebruik word as gewig verloor moet word.