Nog meer Heerlike Poedings                       Uit die Kombuis                                 Home

Nog 3 heerlike poedings vir die hele gesin

Malvapoeding 1
1 koppie meelblom
1 teel. koeksoda
1 eeteel botter
1 eier
1/2 koppie melk
1 eeteel asyn
1/2 koppie suiker
sout
Room botter, suiker en eier. Meng asyn en koeksoda en voeg by bottermengsel.
Voeg meel en sout by en maak aan met melk. Bak in matige oond tot gaar.
Gooi sous oor warm gaar poeding.
Sous:
1 koppie Carnation melk
1 koppie kookwater
1 kop suiker
Kook saam en gooi oor poeding

Malvapoeding 2
2 eiers ( by kamertemperatuur )
210 gm strooisuiker ( 250 ml)
15 ml appelkooskonfyt
150 gm koekmeelblom ( 315 ml)
knippie sout
5 ml koeksoda
30 ml botter
5 ml asyn
125 ml melk
Sous:
250 ml room
100 gm suiker ( 125 ml)
100 gm botter
125 ml Suid-Afrikaanse Brandewyn
Berei poeding:
Klits eiers en strooisuiker deeglik saam tot lig en donsig.
Klits appelkooskonfyt by. Sif droë bestanddele 3 maal saam.
Smelt botter en voeg by asyn en melk.
Vou droë bestanddele beurtelings met melkmengsel by eiermengsel in. Giet beslag in middelslag-gesmeerde
oondvaste skottel.
Bak in voorverhitte oond teen 180°C vir sowat 45minute.
Berei sous:
Smelt sousbestanddele saam en giet bo-oor poeding sodra dit uit die oond kom.
Steek gaatjies in poeding met vurk om sous te help intrek.
Dien warm op saam met room.
Hoop dat ek van hulp kon wees. Bak dit, en geniet dit.

Sneeupoeding
22,5 ml (een en 'n halwe eeetlepel) gelatien
60 ml (1/4 k) koue water
250 ml (1 k) kookwater
250 ml (1 k) suiker
60 ml (1/4 k) suurlemoensap
gerasperde geel skil van 1/2 suurlemoen
2 eiers, geskei
vla poeier
Week die gelatien vir 5 minute of langer in koue water en los dit op in die kookwater.
Voeg suiker, suurlemoensap en -skil by.
Syg mengsel deur 'n sif en laat op 'n koel plek afkoel.
As die mengsel feitlik gestol is, klits dit met 'n vurk of klitser tot lig en sponserig.
Klits eierwitte styf en vou in.
Giet in 'n nat vorm om verder te stol.
Maak vla van die eiergele en sit voor saam met die poedingm
(As u nog weet hoe om vla op die ou manier te maak!!) Lekker eet!