Hemelse Karamel Amarula Sjokoladekoek            Na: Uit die Kombuis                  Home


Dames, hierdie Karamel Amarula Sjokoladekoek is werklik hemels. Familie en vriende sal histeries hieroor wees.

Bestandele
60ml Kakao
125 ml Kookwater
3 eiers
220ml Suiker
60ml Olie
250ml Koekmeel
10ml bakpoeier
2ml Sout

Stroop
200ml Suiker
250ml Water
60ml Amarula-likeur (of gebruik Vanilla essence) soos verkies
1 Blik Karamelkondensmelk
Styf geklopte room vir versiering
Flake-sjokolade

Stel oond op 180 grade Celsius

Beslag
Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel
Klits eiers, suiker en olie saam, voet koue kakaomengsel by en meng deeglik.

Sif res van droë bestandele by en meng goed.
Skep in 22cm x 30cm-pan en bak ongeveer 20min of tot toetspen skoon uitkom.

Stroop
Kook suiker en water saam vir 5min en verwyder van stoof.  Voeg Amarula(of Vanilla essence) by en roer goed.
Prik koek met vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.
Laat goed koud word.

Versier.
Wanneer koek koud is smeer karamelkondsmelk en styf geklopte room oor.  Jy kan eers karamelkondsmelk oorsmeer en
dan die room.
Versier met Flake(of enige ander sjokolade) - verkieslik nie Peppermint Crisp nie want dit belemmer die smaak)

Wenk: Meer Amarula kan gebruik word indien verkies.

Geniet!!