Deurpad Afrikaanse Internet Tydskrif
            __________________________

Mode, Skoonheid en Etiket     Deel 1  en Deel 2    Na: Deel 3       Deurpad           Home

Het jy al ooit gedink wat is skoonheid?  Daar is net soveel opvattings van vroulike
skoonheid as wat daar menserasse is.  
Ek dink alkeen het sy eie.  Party hou van die plomp vroutjie, ander verkies die skraal
postuur,ander verkies n meer fraaier, petite klein mensie, ander verkies n statige lenige
vrou.Vir die Oosterling is vroulike skoonheid sinoniem met hoë wangbene en amandel-
vormige oë.Die Weste gee weer voorkeur aan groot helder oë en gelaatstrekke wat sag
en gerond is.  
"Gee my die Engelse roos" smag `n ander een.  Geen ander kan bykom by die goed
bedeelde Spaanse of Italiaanse vrou met hul warm, olyfkleurige velle nie, sug `n ander....
en so gaan dit voort.  Die een sê so, die ander weer andersom - en elkeen is daarvan
oortuig dat hy reg het.
Wel, wat dink jy?  Wie het gelyk?  Hulle het almal gelyk.  Dink aan `n ongeslypte
diamant, want dit is die vrou soos sy inderdaad is.  Die kosbare edelgesteente het die potensiaal om `n skitterende
sieraad te word.  Net soos die diamantslyper faset voeg by die steen wat aan sy sorg toevertrou is, so kan faset na
faset van `n vrou se gesig en postuur gevorm word tot sy dit word wat vir my die kern van skoonheid is - daardie
sjarmante, lewensblye, keurige versorgde en sprankelende wese bekend as die beeldskone vrou.

Nou is party dalk skepties.  Dit klink danig bemoedigend, sé jy, maar wat van ons ou valetjies met die sommerso
gesiggies, die toutjies hare, die potjierol postuur?  Om maar net `n paar van die probleme te noem waarmee so baie
vroue worstel.

Luister na die antwoord van `n man wat `n groot bewonderaar van die teenoorgestelde geslag was: "Daar is net nie
so iets soos n onaantreklike vrou nie".  Hy het dit eenkeer op `n dinee gesê.  As `n vrou slim genoeg is om haar
eie persoonlikheid en sjarme uit te bou en dit aan te vul met `n volmaakte versorgde voorkoms, kan sy nie anders as
om aantreklik te wees nie.

Daar het jy dit.  En klassieke gelaatstrekke en `n volmaakte vorm is waarlik nie noodsaaklik nie.  As ons dit wat die
natuur ons gegee het ten beste gebruik, die bates beklemtoon, die negatiewe aspekte verdoesel en onsself vind wat
haarstyl, grimering, kleredrag, ens betref, is daar nie `n enkele vrou wat, afgesien van ouderdom nie op haar eie manier
strelend vir die oog en interressant en stimulerend vir die gees kan wees nie.  Maar dan moet die vrou haar eie ek vind
en uitbou en NIE Mev, Beyers of wie ookal probeer naboots nie.  Die juweelgroen rok wat haar so laat skitter, laat jou
dalk behoorlik galsiek lyk.

Laat ons dus die woord skoonheid vervang met sjarme, en laat dit die doel wees wat ons nastreef.  Dis binne elkeen
se bereik.  
Daar is geen rede om op `n miershoop te gaan sit met jaloerse oë te kyk na hulle wat altemit met meer uiterlike
skoonheid bedeeld is nie.  Onthou altyd, waar daar `n wil is, is daar `n weg.  Wil jy, dan kan jy - net vasbyt en aanhou.

Wag totdat jy heeltemal alleen is. Sluit nou die kamerdeur, hou `n oefeningsboek met `n pen byderhand en verstel
die lang spieël sodat jy jouself van kop tot toon daarin kan sien, dis belangrik.  Kritiseer jou voorkoms stap vir stap.  
Skryf jou bevindings neer.  
Maak twee kolomme - die bates aan die een kant, die laste aan die ander kant.  Begin by die volgende:
Hare
Lyk dit lewendig, blink, gesond of is dit slierterig, vetterig en onnatuurlik?  Is die kleur na wense, of benodig dit die
glans van `n kleur of spoelmiddel? Indien dit grys is, lyk dit leweloos en dor?  Goed versorgde hare kan heerlik
aantreklik wees en allerlei kunstige kleursamestellings kan daarby gedra word.  Wat van die haarstyl - kan dit
opgeknap word?  Dit is `n goeie idee om na jou naaste haarkapper te gaan en om hom / haar te vra om jou te help
met die regte haarkleur, haarstyl ens.  Enige goed opgeleide haarkapper kan jou help met die ontleding van jou tipe
hare, te kyk na haarstyle en jou te omtower in `n selfversekerde mens.

Lyn van jou gesig
Dié wat die veertig kerf verby is, lyk die wange effens hol,  en is daar
so `n ietwat van `n afgeremde voorkoms? Is die vel stewig en lewendig
of lyk dit moeg?
Lippe
Neig hulle boontoe of ondertoe en is hulle sag en douvars sonder daardie
ingebeitelde klein plooitjies buite-om wat jou so hard en oud laat lyk?
Is hulle helder, groot en blink?

Bekyk die slape
Hulle durf nie hol te wees nie.  Daardie plooi wat van die neus afloop na die hoeke van die mond - is dit te diep en
te skerp?
Die nek
Met baie krities en deeglik beskou word.
Skouers, buuste, arms en hande
Het eweneens die afkeurenswaardige gewoonte om lelik oud te word.  Die papperige bo-arm, die afgeskeepte
skurwe elmboë en beslis ook die hande - hulle is almal nuusdraers.
Middellyf
Geen gesonde vrou hoef `n dik middellyf te hê nie.  Daar is heerlike, maklike oefeninge wat die vetjies laat
wegsmelt tot n aitserige meisie middeltjie.
Die Dye
Ken `n mens nie daardie wederstrewige knoetse wat so gesellig op die verkeerde plekke gaan sit nie.  
Dit kos hardewerk om van hulle ontslae te raak, maar hou net moed, dit kan gedoen word.

Deel 2
Bene en Voete
Dit is baie belangrik, veral die voete.  Moet hulle ons dan nie ons lewe land ronddra nie?  Wat `n mens verbaas is
dat hulle so pynlik afgeskeep word.  
En nou vir die eindpunt - klim op die skaal en kyk goed, en ONTSPAN. Kry n heerlike koppie tee.Met al die
naargeestigheid agter die rug, gaan sit jy nou stil en kyk.
Kry jou gedagtes agtermekaar.  Kyk na die lysie wat jy van jouself opgestel het (krities opgestel het) en werk
nou n daaglikse skoonheids-roetine uit. Begin nou hoe gouer hoe beter.

Statigheid van binne en van buite
Hoe staan jy?  Daar word so baie gestaan op skemeronthale en op tuinpartye en daar is so baie oë wat kyk.
Staan jy met `n boepmaag, hangskouers en kop na vore gedruk?  Gaan staan voor die spieël, trek jou maag in,
stoot die onderlyf effentjies vorentoe, hou die rug regop, en die bors en skouers lig vanself, lig op die ken.  Sien
daar het jy al klaar n mooi houding, oefen hierdie houding en laat dit `n gewoonte word om so te loop.

Loop jy grasieus? Leer om liggies en grasieus te stap.  Moenie skuifel nie.  Moenie waggel, die heupe van
links na regs stoot nie.  Is `n vrou skraal, lyk dit oes; was die natuur ietwat oorvrygewig met die kussinkies, lyk
dit nie betaamlik nie.  Moenie kort, afgemete treetjies gee nie, dit maak die bewegings rukkerig en hard.  Begin
by die korrekte staanhouding. Swaai nou die bene van die heup af vorentoe - gemaklik en grasieus - en kom liggies
op jou voete neer asof jy op spiraalvere loop.  Die arms en hande lossies en natuurlik langs die sye en word nie
gebruik as roeispane om jou mee vorentoe te stoot nie.  Lig die kop op, kyk die wêreld vreesloos in die oë en stoot
die bors uit.  Of die buuste groot of klein, volmaak of nie, hulle is `n belangrike deel van jou vroulikheid en met `n
buustelyfie wat goed pas, is hulle nie iets om voor skaam te wees nie.
Wanneer jy trappe klim, hou die kop hoog.  As jy `n lang aandrok aan het, lig dit voor met altwee hande effens op
en bestyg die trappe saggies.  Wanneer jy afklim, lig jy weer die kop op.  Dis onnodig en ongemaklik om vooroor
te loer.  Die lang rok kan nou vrylik sleep.

En nou kom die sit
Hoe min vroue, veral die van die jonger geslag, weet hoe om hulself in `n stoel te laat afsak, te sit en weer op te
staan en deurentyd statig en tog volkome ontspanne en natuurlik te lyk?  Ons sien so dikwels hoe mense op `n
stoel neerplof en dan half gaan lê, die bene lank voor hulle uitgestrek sodat almal daaroor val, of mense krul hul bene
om die stoelpote of sit wydsben met die elmboë op die knieë.  Al hierdie houdings is nie `n elegante voorkoms nie.
As jy `n vertrek binnekom en jou gasvrou nooi jou om te sit, stap sagweg tot by die stoel, sit die een voet effens
voor die ander, stoot die onderlyf `n bietjie vorentoe en laat jouself neersak.  Dieselfde geld vir opstaan: Plaas jou een
voet agtertoe, amper onder die stoel in en die ander een vorentoe. Maak jou maagspiere styf en jy sal vind dat
jy maklik opstaan.  As jy dalk in n baie lae diep leunstoel beland, mag jy jou hande op die leunings sit om jou te
help om op te staan, moet jou nie ophys met die kop vorentoe en die sitvlak na agter nie.  Staan grasieus op.
Sit altyd diep in n stoel met jou rug teen die leaning.  Kruis jou voete, moet nooit jou bene by jou knieë te kruis nie -
maw - oorkruis sit nie, dit veroorsaak spatare.  Laat jou hande liggies op jou skoot rus en moenie vroetel nie.  
Wanneer jy jou hande gebruik om iets te benadruk, moet dit met klein, grasieuse gebaartjies wees.

Hou jouself dop wanneer jy in `n motor klim.  Nou rompe
het die lastige gewoonte om op te skuif en dit kan jou in verleentheid stel.  Probeer om eers te gaan sit met die
bene nog buite die motor, en hulled an saam na binne te swaai.  Draai die proses om wanneer jy uitklim.  Moet jy
egter die agtersitplek inneem in `n tweedeur motor gee `n skietgebedjie op dat daar geen toeskouers is wanneer
jy inklim nie(smile)

Glimlag: Daar is n Engelse liedjie “When Irish Eyes are Smiling”
When womans lips are smiling
Sure it's like a day in spring
For in the lilt of woman's laughter
we can hear the Angels sing.
Is `n warm, hartlike glimlag dan nie die Alfa en die Omega van `n vrou se sjarme en skoonheid nie?

Hare kroon

Daaglikse haarroetine:  Voel jy heeltemal tevrede met jou kapsel?  Hier is dit waar baie vroue struikel wanneer
hulle n kapsel kies.  Hulle kies een wat in die jongste mode is en dan pas die kapsel nie by jou gesig nie.  Baie het
die redenasie: “Solank my hare net netjies is”.  Om blindweg agter die mode aan te loop ontneem n vrou alle
oorspronklikheid.  Die mode verander saam met die jare, maar daar is die een en ander wat altyd van toepassing
bly vir `n kapsel wat die gesig vlei.  
Almal van ons het verskillende tipes nekke en gesigte en jy moet onthou dat n vierkantige gesiggie met `n kort
nek nie dieselfde kapsel sal kan dra wat n lang-nek ovaalgesiggie dra nie.  Die beste is om na jou haarkapper toe te
gaan en met hom of haar te gesels, na boeke te kyk en na jou vorm gesig te kyk.  As hy knap is sal hy sy skepping
laat pas by jou besondere tipe, die heersende mode laat saamsmelt met jou persoonlikheid.

`n Paar wenke in verband met hare
Wees baie gesteld op sindelikheid en hou daardie kamme en borsels skoon.
Moenie haarbenodighede leen of  uitleen nie.  Hou `n spesiale stel gereed vir gaste.
`n Goeie borselhaar-borsel is baie beter as nylon, veral vir sagte fyn hare.
Lekkerruikhare - Hoe heerlik.  Daar is vandag soveel sag geparfumeerde stimuleermiddels.
Gebruik dit nadat die hare gewas is - en laat HOM die lente ruik wanneer hy sy neus in jou hare bêre.

Wat is etiket?
Elke mens het die drag om belangrik en goedgemanierd te wees en daarom is die eerste vereiste dat `n mens
beleefd, bedagsaam en vriendelik moet wees teenoor jou naaste, want hierdie drie eienskappe is eintlik die
opsomming van alle etiketreëls.

Moenies
U moet nooit minder beleef wees teenoor `n mindere as wat u verwag dat hy/sy teenoor u moet wees nie.

Selfsugtigheid
U moet nooit so bekommerd wees oor u eie gerief dat u onverskillig sal staan teenoor die gemak en gerief van
`n ander nie.  Wees oplettend sodat u kan opmerk wat die behoefte van `n ander is.

Wreedheid
Moet niemand in u hart wreed veroordeel nie.  Die toepassing
van etiket vereis dat `n mens deurjou eie waardigheid en vriendelikheid die verkeerde in ander sal vergewe omdat
niemand volmaak is nie.  U eie wellewendheid sal die beste uit ander te voorskyn bring.

Onbeheersdheid
Wie ander gelukkig wil sien en dus ook self gelukkig wil wees, moet in alle omstandigheide selfbeheersd bly.  
Ongeduldigheid, kwaadheid, opgewondenheid en katterigheid in enige geselskap is beslis nie goeie maniere nie.  
Etiket verwag dat `n mens in alle omstandighede die regte ding op die regte tyd moet sê.

Luiddrugtigheid
Dit is `n teken van onvolwassenheid en openbaar alte dikwels `n gevoel van minderwaardigheid.  Liewers n
bietjie teruggetrokke as té eiegeregtigheid in u optrede.

Ondankbaarheid
Alle beleefdheid en bedagsaamheid teenoor ons moet met dankbaarheid erken word, selfs teenoor die minste
onder ons.
Na: Deel 3