Are you an artist? Have you ever wanted to learn how to draw? If you are artistic but want to hone your
skills, consider taking drawing lessons. Whether you are interested in drawing cartoons or illustrating
books, art education is important. Sign online to find out where you can find the nearest art classes!



_______________________________________________________________________________________________________

Piesang-appelslaai                                          Na: Uit die Kombuis                                         Home

Gesondheids bewus of op soek na iets anders op die kos tafel? Probeer hierdie resep.

Slaaisous:
250ml mayonnaise                            125ml kondensmelk of natuurlike joghurt
15ml kerriepoeier                               1ml fyn koljander - opsioneel
1ml fyn komyn(jeera) - opsioneel      1ml mosterdpoeier
30ml bladjang of suiker - opsioneel    sout en peper na smaak
melk

Slaai:
500g piesangs, in skywe gesny
3 groen appels, ontkern, maar nie geskil nie en in blokkies gesny
suurlemoensap
50-100 hasel- of pekanneute, fyn gekap
125-250ml pitlose rosyne

Metode:
Meng al die bestandele vir die slaaisous goed saam.  Voeg net
genoeg melk by sodat die slaaisous nie te styf is nie
Roer tot glad.  Hou eenkant

Pak 'n laag piesangs en appels in 'n mooi glasbak.  Sprinkel
'n bietjie suurlemoensap oor om te voorkom dat dit verkleur.
Strooi van die gekapte neute en van die rosyne oor.  Giet ook
'n bietjie slaaisous oor en herhaal die lae tot al die bestandele
opgebruik is.  Sit van die orige sous apart voor.
Verkoel tot benodig.  Genoeg vir 6 mense

Nota: As die kerrie, koljander en jeera in die slaaisous vir jou
te rouerig proe, kan jy 'n ui fynkap dit in 'n bietjie olie sorteer
tot sag, die geurmiddels byvoeg en sowat 'n minuut lank
roerbraai tot gaar.  Koel dan effens af en voeg die res van
die slaaisousbestandele by.  Meng goed.