Resepte Afrikaans - Blomkool Geregte                     Na: Uit die Kombuis                      Home

Blomkool Geregte

Blomkool en Fetakaas Gereg
300g blomkool     
200g broccoli
200g vars sampioene    
2 knoffelhuisies, gekneus
4 eiers, geklits     
250g maaskaas
gemaalde swartpeper    
5ml droë tiemie
20ml vars gekapte pietersielie     
100g gekrummelde fetakaas

Breek blomkool en broccoli in klein blommetjies. Kook `n bietjie water in `n kastrol. Voeg die blomkool, broccoli,
sampioene en knoffelhuisies by die kokende water. Kook die groente mengsel tot net gaar maar nie pap nie.  
Dreineer.  eng eiers en maaskaas. Skep groente mengsel in `n bakskottel. Strooi peper, tiemie, pietersielie en fetakaas
oor die groente mengsel.
Bak teen 180C vir 60 minute of tot gestol. Laat 10 minute afkoel voor die gereg bedien word.

Blomkool Vindaloo
30g uitgebraaide varkvet     
1 knoffelhuisie, gekneus
250g uie, geskil, in skywe gesny     
12.5ml matige kerriepoeier
25ml tamatiepasta     
12.5ml suurlemoensap
1 groot blomkool, in blommetjies, gewas     
100ml sultanas
30g kasjoeneute

Verhit varkvet in `n pan en soteer knoffel en uie daarin vir 3-4 minute. Voeg kerriepoeier by en roer oor hitte vir nog `n minuut.
Verwyder van hitte en voeg tamatiepasta, suurlemoensap en 300ml water by. Voeg blomkool, sultanas en neute by en verhit
tot kookpunt. Sit deksel op en verlaag hitte. Prut vir 20-25 minute. Sit voor saam met `n vleisgereg en rys.

Blomkool - plaatkoekies met biltong en roomkaas
200g koekmeel     
3g bakpoeier
2 sprietuie, fyngekap     
1 eier
125ml melk     
150g blomkool, geblansjeer, grof gekap
100g beesbiltong     
20g roomkaas met grasuie gegeur
sout en peper vir smaak     
sonneblomolie vir braai

Meng die meel, bakpoeier, sprietuie, eier en melk saam. Voeg sout en peper by na smaak. Verhit die olie in `n braaipan.
Skep die mengsel met `n lepel in die pan en braai dit aan albei kante tot goudbruin. Die plaatkoekies sal oppof wanneer dit
gaar is.
OPDIENING:
Plaas die plaatkoekies op `n bord met lae biltong en roomkaas tussen in. Lewer 6 groot plaatkoekies.