Pynappelrandkoek Na: Uit die Kombuis Home
Lief vir soetigheid. Probeer die pynappelrandkoek.
Randkoekdeeg
Metode:
500ml koekmeelblom 12,5ml bakpoeier
1ml sout 125g margarine, kamertemperatuur
250ml strooisuiker 125 ml melk
3 ekstra-groot eiers
Pynappelvulsel:
1 Blik gemaalde pynappel Vlapoeier
Styf geklitste, effens versoete room Geroosterde klapper
Metode:
Voorverhit oond tot 190°C. Smeer twee randkoekpanne van 20cm in deursnee,
of bespuit hulle met nie-kleefmiddel. Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.
Verroom botter en strooisuiker. Roer eiers een vir een by en klop goed na elke
byvoeging. Roer meelmengsel beurtelings met melk by bottermengsel; begin en
eindig met meelmengsel en moenie teveel roer nie. Skep deeg in panne, maak
gelyk en bak 25-30 min. Laat randkoeke effens in panne afkoel en keer dan ver-
sigtig op 'n draadrak uit om heeltemal koud te word. Verhit pynappel en verdik
met vlapoeier wat met 'n bietjie koue water tot 'n pasta gemeng is. Laat afkoel
tot lou. Skep in randkoeke en laat heeltemal afkoel. Spuit of smeer room bo-op
en strooi klapper oor.
|
||