Maalvleispastei met sampioene                                                      Na: Uit die Kombuis                                             Home
Hierdie is nog een van daardie watertand resepte. Verras die hele gesin met hierdie pastei.
Bestandele:
500g maalvleis                                       1 gekapte ui
1 blik gekapte sampioene                     water
1 gekapte tamatie                                  knippie tiemie
1 huisknoffel                                           sout en peper
Knippie marjolein                                   35g margarien
3 eetl. meelblom                                    500ml beesvleisekstrak

Metode:
Plaas maalvleis, ui en sampioene in kasrol en voeg net genoeg water
by om dit te bedek.  Voeg tamatie, kruie en geurmiddels by en bring
tot net onderkant kookpunt.  Verwyder van stoof.  Smelt margarien
in kastrol, voeg meelblom by en pruttel vir 1min.  Voeg beesvleis-
ekstrak geleidelik by en roer totdat mengsel verdik.  Voeg vleismengsel
by sous.

Deeg:
500ml meelblom                        1 1/2 tel. sout
125 ml kookolie                          4-5 eetl. water of melk

Metode:
Sif droë bestandele saam.  Meng kookolie met melk of water, voeg by
droë bestandele en meng tot gladde deeg.  Verdeel deeg in twee en
rol uit.  Voer gesmeerde oondskottel met een helfte, skep vleismengsel
bo-op.  Plaas res van deeg bo-oor, nadat kante nat gemaak is.
Bak ongeveer 20min. by 200°C tot goudbruin.