Maalvleis pannekoek                                                            Na: Uit die Kombuis                                                  Home

Altyd 'n wenner. Heerlike maalvleis pannekoek vir die hele gesin.

Pannekoek
Pannekoek deeg:
6 eiers                       6 lepels meel
1 1/2 koppie melk + 1 1/2 koppie water

Metode:
Klits die eiers, voeg 3 lepels meel by en voeg by 1 koppie vloeistof.  Meng goed.
Voeg dan die res van die meel by en die res van die vloeistof.  Gooi 'n knypie sout in.
Bak in 'n baie warm pan met olie en strooi pypkaneel en suiker oor.  Genoeg vir
2 dosyn pannekoeke.

Maalvleis pannekoek
Pannekoek deeg
500ml meel
2 eiers
10ml bakpoeier
600ml water (of meer)
25ml olie
12,5ml asyn/suurlemoensap
3ml sout
Metode:
Meng alle bestandele tot glad en laat staan 1uur voor bak.  Mengsel vries goed
en kan net voor bereiding gebruik word.

Vulsel:
1kg maalvleis
2 uie
25ml olie
25ml margarine
5ml sout en peper
10ml worcester sous
5ml paprika
12,5ml meel gemeng met bietjie water en gerasperde kaas

Metode:
Braai uie in die olie en margarine tot sag, gooi maalvleis by en braai tot sag en roer gedurig.
Voeg ander bestandele by en verdik met meelmengsel.
Voeg ongeveer 25m vulsel op elke laag pannekoek en rol op.  Plaas sy aan sy op bord.  Hou warm.
Gooi kaas oor net voor bediening.  Bedien