Arbeikaaskoek Na: Uit die Kombuis Home
Net eenvoudig smullekker. Arbeikaaskoek bly 'n wenner.
Kors:
125g tennisbeskuitjies verkrummel
80ml margarien gesmelt
Vulsel:
1 blik aarbeie
1 pak aarbeijellie
250g maaskaas
12,5ml suurlemoensap
250ml vars room
ekstra room en vars aarbeie vir versiering
Metode:
Meng beskuitjieskrummels en margarien en voer 'n tertbord daarmee uit. Dreineer
aarbeie en gooi hul stroop in 'n kastrol. Voeg jelliepoeier by en verhit net totdat jellie
gesmelt is. Laat effens afkoel. Klits aarbeie tot fyn. Voeg maaskaas by en klits tot
glad. Klits room tot taamlik styf en vou by mengsel in. Gooi in tertkors en plaas in
die koelkas om oornag te stol. Versier met room en aarbeie.
|
||