Marmerkoek Na: Uit die Kombuis Home
Nog een van daardie smullekker koeke.
Bestandele:
2 1/2 kop koekmeelblom 1/4 t sout
4 t bakpoeier 1/2 kop margarien
1 kop strooisuiker 1t lemoenskil, gerasper
2 eiergele 1 eierwit (ander vir bo-op)
1 kop melk 40g onversoete sjokolade, gesmelt
1 t vanielje
Metode:
Verhit oond tot 190°C. Smeer en voer 2 ronde 22cm koekpanne uit. Sif meelblom, sout
en bakpoeier. Room margarien en suiker tot lig. Roer gerasperde lemoenskil in. Voeg
eiergele by en meng goed. Voeg gesifte droë bestandele en melk beurtelings by geroomde
mengsel. Klits goed vir een min. Vou styfgeklitste eierwit in. Verdeel mengsel in twee.
Voeg gesmelte sjokolade by een deel en dan die vanielje geursel. Plaas lepelsvol van
mengsel, beurtelings lig en donker, in voorbereide panne. Bak vir 20-25 min op middel rak.
Laat afkoel vir 5min, verwyder ui panne.
|
||