Home
Afrikaans


Voordele van Piesangs

Piesangs bevat drie natuurlike suikers - sukrose, fruktose en glukose saam met vesel. 'n piesang voorsien daadwerklike en volgehoue energie. Navorsing het bewys dat net twee piesangs genoeg energie vir 'n strawwe 90-minuut oefensessie voorsien. Geen wonder dat 'n piesang die nommer een vrug van die wêreld se voorste atlete is nie. Nie net alleen voorsien piesangs die nodige energie nie, dit kan ook help om 'n aansienlike aantal siektes en ander kondisies te voorkom of te oorkom. Dit is dus noodsaaklik om piesangs by ons daaglikse dieet te voeg.

Depressie:

Volgens 'n onlangse opname deur MIND onder mense wat aan depressie ly, het 'n aantal aangedui dat hulle baie beter voel na die eet van 'n piesang. Dit is omdat die piesangs triptofaan bevat. Triptofaan is daarvoor bekend om jou te laat ontspan, jou gemoed te verbeter en jou in die algemeen beter te laat voel.

PMS:

Eet 'n piesang. Vitamiene B6 in piesangs reguleer bloedglukose vlakke, wat dan ook jou gemoed beïnvloed.

Bloeddruk:

Hierdie unieke tropiese vrug bevat kalium, en is terselftertyd tog laag in sout wat dit ideaal maak om bloeddruk te klop. Die piesang bedryf in Amerika wys daarop dat die vrug oor die vermoë beskik om die risiko van bloeddruk en beroerte te verminder.

Brein krag:

200 studente in Twickenham het ten tyde van hul eksamens piesangs tydens ontbyt, pouse en middagete genuttig, alles in 'n poging om hul breinkrag te verhoog.

Hardlywigheid:

Piesangs is hoog in vesel.

Babelaas:

Een van die vinnigste maniere vir die genesing van 'n babelaas is om 'n piesang melkskommel te maak, versoet met heuning.

Sooibrand:

Piesangs het 'n natuurlike teensuurmiddel effek in die liggaam, so as jy ly aan sooibrand, probeer om 'n piesang te eet vir strelende verligting.

Oggendnaarheid:

Eet van piesangs tussen maaltye help om bloedsuikervlakke normaal te hou wat dan help om oggend siekte te voorkom.

Muskietbyte:

Voordat insekbyt-room aangewend word , probeer eers om die geaffekteerde area met die binnekant van 'n piesang vel te vryf. Baie mense vind dit ongelooflik suksesvol in die vermindering van swelling en irritasie.

Senuwees:

Piesangs is hoog in die B-vitamiene wat die senuweestelsel help kalmeer.

Oorgewig en by die werk:

Studies by die Instituut vir Sielkunde in Oostenryk het gevind druk by die werk lei tot die oormatige eet van produkte soos sjokolade en skyfies. Om dit te vermy, is dit nodig om die bloed suiker vlakke te beheer deur elke twee uur aan hoë koolhidrate te peusel. Gryp 'n piesang.

Temperatuur beheer:

Baie ander kulture sien piesangs as 'n "koel" vrug wat beide die fisiese en emosionele temperatuur van verwagtende moeders verlaag. In Thailand, byvoorbeeld, eet swanger vroue piesangs om te verseker hulle babas word gebore met koel temperature.

Rook en die gebruik van tabak:

Piesangs kan ook mense help wat probeer ophou rook. Die B6 en B12 wat die vrug bevat, sowel as kalium en magne- sium help die liggaam herstel van die effekte van nikotien onttrekking.

Stres:

Sien Senuwees en Depressie.

Beroertes:

Volgens navorsing in die New England Journal of Medicine, kan die gereelde eet van piesangs die risiko van sterfte by beroerte met 40% gesny word.

Vratte:

Diegene wat gesteld is op natuurlike alternatiewe middels, glo dat as jy 'n vrat wil verwyder moet jy net 'n stukkie van die piesang skil neem en dit plaas op die vrat, met die geel kant na buite. Hou die skil in plek met 'n pleister of chirurgiese band!

Piesangs in vergelyking met appels het vier keer meer proteïene, twee keer meer koolhidrate, drie keer meer fosfor, vyf keer meer vitamien A en yster, en twee keer meer ander vitamiene en minerale. Dit is ook ryk aan Kalium.