Home
Afrikaans


Lewe met ADHD

WAT IS ADHD?
Aandaggebrek-hiperaaktiwiteitsindroom (ADHD - voorheen na verwys as ADD) is 'n duidelike omskrewe en algemeen aanvaarde mediese toestand. Dit is nie 'n ydel etiket vir stout kinders of slegte ouers nie. Alle kinders gedra hulle soms sleg en geen ouer is volmaak nie. Soos met talle mediese toestande weet ons nie wat die oorsaak is nie.
Ons weet egter dat:

* ADHD geneig is om 'n familietrek te wees, wat te kenne gee dat daar 'n genetiese skakel in hierdie aandoening is.
* Die brein van mense met ADHD verskil van die van ander mense. Spesifieke areas van die brein toon 'n verskil in struktuur, metabolisme en chemie.

ADHD IS ALGEMEEN
Soveel as 1 uit 20 kinder mag ADHD hê. Baie pasiënte spreek nooit 'n dokter nie en is dus nie gediagnoseer nie.
Dit is drie tot vier keer meer algmeen by seuns as by dogters.

DIE 3 SLEUTELSIMPTOME VAN ADHD IS:

1. Hiperaktiwiteit
*Rusteloos
*Woelig, altyd besig om te vroetel en aan dinge te raak
*Praat onophoudelik
*Lyk ongeduldig
*"Altyd aan die gang"
*Geneig om hul sitplek ongepas te verlaat

2. Impulsiwiteit
*Praat en handel sonder om te dink
*Kan nie hul beurt afwag nie
*Lae frustrasietoleransie
*Mag gevaarlike aktiwiteite onderneem sonder inagneming van die gevolge.

3. Onoplettendheid
*Kan nie konsentreer nie
*Spring van taak tot taak
*Ongeorganiseerd
*Vergeet opdragte
*Maak dikwels agterlosige foute
*Verloor dinge wat vir daaglikse aktiwiteite nodig is
*Dagdroom

HOE WORD ADHD GEDIAGNOSEER?
Alle kinders is natuurlik soms onoplettend, rusteloos en impulsief. Die punt omtrent ADHD is dat hierdie soort gedrag van die uiterste graad is. Dit veroorsaak aansienlike probleme tuis en by die skool, en is reeds ooglopend vanaf 'n jong ouderdom. Elke individu ervaar hierdie simptome op 'n verskillende manier. By sommige mense is onoplettendheid die grootste probleem; by ander is dit hiperaktiwieteit en impulsiwiteit; nog ander ondervind al drie simptome.

Die diagnose word gemaak volgens spesifieke kriteria, in die DSM-IV (Diagnositc and Statistical Manual of the American Psychiatric Association) gespesifiseer, soos:

*gedrag wat deurtentyd anders is as die van ander kinders van dieselfde ouderdom, geslag en ontwikkelingsvlak, vir 'n tydperk van minstens ses maande
*Verskeie hiperaktiewe-impulsiewe of onoplettendheidsimptome wat probleme veroorsaak, was teenwoordig voor die ouderdom van sewe jaar
*'n mate van probleme weens die simptome is in twee of meer omgewings (bv. skool en tuis) teenwoordig.

HOE WORD ADHD BEHEER?
Onafhanklike mediese gesaghebbendes beveel 'n kombinasie van medikasie en gedragterapie vir ADHD aan.
Gedragterapie verskil van kind tot kind volgens die kind se behoeftes en die beskikbare middele. Dit sluit onderrigprogramme, deur spesialiste ontwikkel in, om kinders te help om hul gedrag te beheer en beter te presteer op skool, soos gedraghantering, oueropvoeding, sosiale vaardighede, woedebeheer en skoolgebaseerde programme om prestasie en gedrag te verbeter.

Medikasie genees nie ADHD nie, maar terwyl kinders dit neem, verbeter dit die sleutelsimptome: onoplettendheid, hiperaktiwiteit en impulsiwiteit. Daar is verskillende tipes medikasie. Die mees algemeen voorgeskrewe medikasie is beskikbaar as:
*Onmiddellike-vrystelling formulerings met 'n werkingsduur van 3-4 uur en wat 2-3 maal per dag geneem word
*Langwerkende formulerings wat 6-8 uur lank hou
*Verlengde-vrystelling formulering wat een maal soggens geneem word en 12 uur lank werk

U dokter sal die mees geskikte behandeling vir u kind bepaal.

VERSORGING VAN 'N KIND MET ADHD
Uitputtend, ontmoedigend, verleentheid, frustrasie ... u kan self die res invul. Daar is sekere tye waarteen u vreeslik opsien - hulle by die skool gaan haal, supermark toe gaan, familie gaan besoek. Sommige ander ouers verstaan nie, en dink u is n slegte ouer. Soms dink u hulle mag reg wees. Dit is egter noodsaaklik om te besef dat ADHD nie u skuld is nie, en nie u kind se skuld is nie.

7 TOPWENKE OOR HOE OM ADHD TE HANTEER
1. Vind soveel oor ADHD uit as wat u kan - gesels met die mense wat by die sorg van die kind betrokke is, lees boeke, gebruik die internet.
2. Kry aandag. Wanneer u opdragte gee, maak seker dat u die kind se volle aandag het.
3. Wees positief. Sê vir hulle wat om te doen, eerder as wat om nie te doen nie.
4. Skep roetines. Kinders met ADHD reageer beter op roetines, omdat hulle 'n beter idee het oor wat hulle veronderstel is om te doen.
5. Maak duidelike reëls, en skryf hulle neer, sodat daar geen argument is oor wat die reéls is nie.
6. Fokus op sterkpunte. Verhoog u kind se selfvertroue deur hulle te prys en aan te moedig in die dinge waarin hulle goed doen.
Dit is vir kinders met ADHD maklik om in 'n bose kringloop van kritiek te verval, wat hulle sleg laat voel oor hulself.
7. Beloon. Skep 'n beloningskema. Die kind verdien punte vir goeie gedrag, en 'n sekere aantal punte beteken hulle kry iets wat hulle wil hê.

TOESTANDE GEASSOSIEER MET ADHD
Daar is baie toestande wat gewoonlik saam met ADHD bestaan. Hierdie is egter toestande wat afsonderlik is van die ADHD en mag verskillende behandelingsbenaderings vereis.

1. Versteurende gedragaandoening
* opposisionele uitdagende sindroom (ODD)
* wangedrag

Hierdie toestande gaan met vyandige, negatiewe en doelbewus ongehoorsaame gedrag gepaard enmag selfs so ver strek soos steel, skoolversuim en vandalisme.

2. Angs en depressie
ADHD-kinders word dikwels deur lae selfagting gestrem en mag gevolglik van emosionele probleme las hê.
Kinders kan ook emosionele aandoenings hê wat ADHD mag naboots. 'n Kind met angsaandoening mag byvoorbeeld onoplettend, rusteloos en kriewelrig voorkom.

3. Senutrekkings
Dit mag in 'n vokale vorm voorkom (bv. 'n gesteun, keel skoonmaak, luidrugtig uitbarstings) of as bewegingstrekkings (bv. 'n gewoonte van gesigtrekkings, gesnuif, ruk van die kop)
Wanneer senutrekkings vir meer as 6 maande teenwoordig is, mag die kind met Tourette se siekte gediagnoser word.

4. Leergestremdhede
Dit mag in die vorm van visuele en ouditiewe persepsuele probleme of as vertragings in fyn bewegingsontwikkeling wees.

Medikasie
Die eenmaal per dag 12 uur behandeling van janssen-Cilag ivr Aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (ADHD) het 'n unieke Osmotiesbeheerde Vrystellingsisteem bekend as OROS. Hierdie spesiale medikasie het 'n vinnige aanvang van werking en volgehoue 12 uur effektiwiteit. Janssen-Cilag se behandeling lewer die beproefde effek en veiligheid van standaard ADHD-behandeling om hiperaktiwiteit, onoplettenheid en impilsiwiteit te beheer.
12 uur behandeling vir ADHD van Janssen-Cilag werk van vroegoggend tot na huiswerk en is beskikbaar op voorskrif van u dokter.

Vir meer inligting kontak:
Organisasie:
Aandaggebrek en Hiperaktiwiteit Ondersteuningsgroep van SA adhasa

Tel: (011) 888 7655

ADHD Ondersteuningssentrum van SA
Tel: (012) 802 1077

'n Diens verskaf aan dokters en pasiënte deur:
JANSSEN-CILAG