Tuna souttert                                                                    Na: Uit die Kombuis                                                  Home

Hierdie resep sal sekerlik goed ontvang word deur die hele gesin.

Onverwagte gaste, of 'n kits middagete.  Hou altyd blikkies Tuna vis in voorraad.
Metode:
Neem 'n halwe witbrood en sny korse af.
Sny in dik snye en sny elke sny in 2 driehoeke.
Smeer albei kante floro en pak op die bodem van 'n gesmeerde groot tertbord.
Vlok 1 blikkie Tuna vis eweredig oor die brood.
Rasper nou die vis toe met kaas.
Meng die volgende bestandele en skep oor die gerasperde kaas:
3 eiers                                                               2tl vloeibare mosterd
1 eetl. sojasous(kan weggelaat word)           1 klein blikkie ingedampte melk
sout, peper en fondor na smaak.
Plaas 'n paar klontjies botter bo-op en bak in medium oond tot goudbruin en gepof.
Dien op saam met warm broodjies en slaai