Witsous en ander souse                                                                  Na: Uit die Kombuis                                     Home

Heerlike souse vir uitsoek disse.

Bestandele:
2 eetl. botter/margarine                     2eetl. meelblom
4/5 kop melk                                       1/4 t sout
knippie peper

Metode:
Smelt die botter in 'n kastrol oor stadige hitte of oor kook water.
Roer die meelblom, gemeng met die sout en peper, geleidelik
in die gesmelte botter tot dit glad is.  Voeg die melk bietjie by
en roer aanhoudend tot dit dik en gald is.  Laat dit 2min. lank kook.

Variasies vir witsous:

Dik witsous: Volg die resep  vir witsous en gebruik 3 eet. botter/margarine
en 3 eetl meelblom.

Dun witsous: Volg die resep vir witsous en gebruik 1 1/4 kop melk en
1/2 t sout.

Kaassous: Voeg 3/4 kop gerasperde kaas by die witsous en verhit tot
die kaas gesmelt is.

Pietersieliesous: Voeg 2 eetl fyngekapte pietersielie by die witsous net
voordat dit opgedien word.

Uiesous: Kap 2 uie fyn en kook dit vir 3min lank in die gesmelte botter
voordat die meelblom bygevoeg word.  Gooi die sous deur 'n sif voordat
dit opgedien word.  Indien verkies, kan die geel van 1 eier, effens geklits,
bygevoeg word net voordat dit opgedien word.

Geurige sous: Voeg 1eetl bladjang, 1/2 eetl gerasperde uie en 2 eetl ge-
rasperde kaas by die witsous en meng dit baie goed.  Laat goed warm
word en dien dit op oor fyngekapte eiers of vis.

Eiersous: Maak die witsous en gebruik 1 eetl botter en 1 eetl meelblom.
Kap die wit van 1 hardgekookte eier fyn en voeg dit saam met 1 eetl ge-
kapte pietersielie by die witsous.  Vryf die geel van die hardgekookte
eier deur 'n draadsif en strooi dit oor die sous, nadat dit oor die vis
of groete gegooi is.

Selderysous: Kook 1 1/2 kop selderystingels wat in dun skyfies gesny
is, sag in water.  Vryf dit met 'n houtlepel deur 'n draadsif en voeg dit by die
witsous.  Indien verkies, kan helfte van die melk vir die witsous vervang
word deur die water waarin die seldery gekook het of deur water waarin
hoendervleis gekook het.