Resepte Afrikaans - Sjokolade-Krummelpoeding                       Na: Uit die Kombuis                  Home

Sjokolade-Krummelpoeding

Vulsel
600ml melk
45g suiker
45g mielieblom (maizena)
1 eet. Bournville Kakao
Knypie sout

Krummels
125g gewone meelblom
60g botter
45g suiker
Knypie sout

Metode
Meng kakao en mielieblom met 'n bietjie melk.  Kook die res van die melk en voeg by mengsel onderwyl u aanhoudend
roer.  Gooi oor in kastrol en kook.  Voeg suiker by, gooi in 'n pasteipan en laat 'n vlies vorm.

Vryf botter in die meel in, voeg suiker by en sit oor sjokolademengsel.  Bak in oond van 400°C tot dit goudbruin is.  
Bedien warm met room of vla.