Resepte Afrikaans - Sjokolade Poeding                               Na: Uit die Kombuis                        Home

Sjokolade Poeding

Bestandele
5 eet. brooddkrummels
6 eet. gerasperde Bournville Sjokolade of
6 eet. Bournville Kakao
300ml melk
Suiker na smaak
2 eiers
30g botter
Knypie sout

Metode
Kan of warm of koud bedien word

Smeer 'n glasskottel met botter.  Week broodkrummels en kakao of sjokolade in melk met genoeg suiker na u smaak
(indien u kakao i.p.v. sjokolade gebruik sal u 60g suiker nodig hê).  Roer geel van eiers en botter (in klein stukkies) in.  
Klits wit van eiers tot 'n stywe skuim en vou dit in.  Bak in skottel in oond van 350°C vir 'n 1/2 uur.

Indien u dit koud bedien - bedien met opgeklopte room bo-oor.
Indien u dit warm bedien - hou die halwe wit van eier uit, smeer dit oor die poeding wanneer dit gebak is, en bak hierdie
"skuimtert" liggies bruin in 'n oond van 350°C vir 10 min.