Heerlike Poedings                                         Uit die Kombuis                                 Home

4 Heerlike Poedings

Brood-en-Botterpoeding
10 snye wit brood, korsies afgesny en in groot blokke gesny
1/2 (125 ml) koppie suiker
3 eetl. botter
4 k (1 liter) melk
4 eiers
Pak blokke brood in 'n gesmeerde vuurvaste bak en strooi die suiker bo-oor.
Smelt die botter in die melk.
Klop die eiers goed en voeg die melt-en-bottermengsel daarby. Roer goed deur.
Gooi melkmengsel oor die brood en laat week vir sowat vyf minute.
Bak vir 40min op 180°C (tot gestol)

Intussen, maak die bolaag:
1 k (250 ml) botter
2 k suiker
2 eiers
2 tl. vanilla-geursel
Gebruik 'n elek menger (of voedselverwerker) en meng die botter en suiker tot goed gemeng. Voeg die eiers een vir een
by. Klop tot romerig. Voeg vanilla geursel by.
Smeer oor die gebakte poeding sodra dit uit die oond kom.
Werk vinnig want die smeer smelt. Plaas terug in oond en bak vir 'n verdere 20 min teen 180°C.
Bedien met vla indien verkies.

Joghurt-Tert/Poeding
500ml Joghurt
1 Pakkie jellie
1 blikkie kondensmelk
1 houer vars room [250 ml]
Vars of ingemaakte vrugte.
Grenadillamoes saam met Grenadilla
Joghurt [opsioneel]
Gebruik enige geur joghurt van jou keuse en gebruik dieselfde geur jellie.
Suurlemoenjellie is veilig om saam met alle joghurts te gebruik aangesien daar nie alle geure jellies beskikbaar is nie.
Meng jellie met 1 koppie kookwater en laat afkoel.
Klits alle bestanddele goed saam tot romerig.
Vir poeding:
Gooi in bak en laat stol in yskas
Vir tert:
Pak beskuitjies of konfytrol ("jamroll") in tertbak en gooi mengsel bo-oor en laat stol in yskas

Karamelpoeding
Beslag
2 koppies meelblom
2 teelepels bakpoeier
2 ml sout
Sif saam.
1 koppie suiker
4 eetl appelkooskonfyt
2 eiers
2 koppies melk
Klits suiker, konfyt en eiers baie goed saam en voeg meelmengsel by.
Voeg 2 koppies melk geleidelik hierby.
3 eetlepels asyn
2 teelepels koeksoda
Meng en vou in mengsel in.
Bak in 'n groot skottel vir ongeveer 45 min by 200°C.
Sodra dit gaar is, haal uit oond en gooi sous oor.
Sous
2 koppies suiker
2 koppies melk
1 eetelepel vanilla
1 koppie water
125 ml botter
Kook alles saam en gooi oor warm poeding.

Koue Sagopoeding
4 koppie melk.
1 koppie melk.
4 eiers.
1 koppie kookwater.
1 koppie sago.
1 koppie suiker.
1 p. jellie
Kook 4 koppie melk en sago saam. Meng orige melk, suiker en eiergele en voeg by sagomengsel.
Los jellie in kookwater op en voeg by mengsel.
Klop wit van eier styf en vou in. Plaas in yskas.