Resepte Afrikaans - Maalvleis Geregte 7                      Na: Uit die Kombuis                       Home

Maalvleis Geregte 7  - GEVULDE GROENRISSIES MET KERRIESOUS en Kerriesous

500 g gemaalde beesvleis
1 groot ui, gekap
1 knoffelhuis, gekap
5 ml kerriepoeier
2 ml fyn gemmer
1 ml fyn kaneel
1 ml gerasperde neutmuskaat
1 ml fyn koljander
10 ml sout
8 groot groenrissies ( of tamaties)

Kerriesous
30 ml kookolie
1 ui, gekap
15 ml kerriepoeier
125 ml joghurt of suur room
2 ml sout

Metode: Verhit kookolie en braai vleis tot verkleur. Voeg uie en knoffel by en soteer. Voeg kerrie, speserye en sout by en
braai vir 2 minute. Hou eenkant om af te koel.
Was groenrissies af, sny bo -ente af en hou eenkant. Verwyder pitte en membraan aan binnekant. Skep vulsel in
groenrissies, sit doppe weer terug en plaas in oondskottel. Giet kerriesous rondom groenrissies en bak in n voorafverhitte
oond by 160°C vir 1 uur.
Berei soos as volg: Verhit kookolie, voeg uie by en soteer. Voeg kerriepoeier by en braai vir n paar minute om n donker-
bruin kleur te verkry. Voeg joghurt of suur room en sout by en laat prut vir plus minus 3 minute.