Resepte Afrikaans - Bone Resepte                          Na: Uit die Kombuis                        Home

Bone Resepte

Kerrieboontjies
2 kg gekerfde groenbone
500 g uie, gesnipper
900 ml (3 kop) asyn
50 g ( 2 el) kerrie
25 g (1 el) sout
75 g (3 el) mielieblom
450 g (2 kop) suiker

Metode:
Kook boonjies en uie sag en droog.
Gooi suiker en kerrie gemeng met 600 ml (2 kop) asyn in.
Laat kook ongeveer 15 minute.
Meng mielieblom met orige asyn.
Kook tot mielieblom gaar is.
Bottel warm.

Gestoofde Boerbone
2 Kop. gesnipperde boerboonjies.
1 El. gekapte groenrissies.
1 Ui
2 middelmatige aartappels.
1 el. Botter

Metode:
Plaas boontjies in kokende water en kook 10 minute.
Dreineer. Voeg 1 kop. water, die gesnipperde ui en die aartappels by met sout na smaak.
Kook oor lae hitte tot al die water geabsorbeer is.
Voeg die botter by en druk fyn.

Outydse Gestoofde Groenboontjies
Berei 500 g gekerfde groenbone voor.
Was en skil 2 middelmatige aartappels en 1of 2 uie. Kerf en voeg by boontjies.
Voeg klein stukke skaapvleis hierby.
Kook tot alles sag is, voeg sout, peper en botter by.

Ingelegde Bone
Gebruik ongeveer 6 medium grootte flesse.

200 ml asyn ( 1kop)
4 litter water
4 kg groenbone
50 ml sout ( halwe koppie)
100 ml suiker

Kook alles saam vir ongeveer 20 minute en bottel.

Geroomde Kerrieboonjies
500 g gekerfde groebone
1 el. water
Knypie peper
1/2 kop. suurroom
2 el. botter
1/2 tl. sout
1/2 tl. kerriepoeier

Metode:
Plaas bone, botter, water en sout en peper in n kastrol.
Verhit tot dit begin stoom en kook dan stadig tot boontjies net sag is. dreineer en hou die vloeistof. Roer kerriepoeier
in vloeistof en meng versigtig met suurroom.
Vou in bone in. Bedien warm.