Resepte Afrikaans - Lekkernye                         Na: Uit die Kombuis                         Home

Lekkernye - Koeke, Terte en poedings

Vinnige appel en piesangpoeding
¾ k suiker
¼ t sout
1t fyn kaneel
2 groot appels
3 piesangs
3 k blokkies brood
3 e botter

Pak in lae, strooi elke keer suiker, sout en kaneel wat gemeng is oor.  Sit hier en daar botter. Bak en bedien met vla.

Vrugte Room Fondue
250 ml room
200 ml vrugtepuree ( aarbeie, piesang, ....)
125 ml versiersuiker
12, 5 ml mielieblom
Koek en beskuitjies vir bediening
Meng al die bestanddele in fondue kastrol. Verwarm en roer aanhoudend tot glad en dik. Bedien met sponskoek en
beskuitjies.

Sjokolade Room Tert
Bestandele:
150g "marshmallows
1Koppie(250ml) melk
1Blok (200g) melk sjokolade
1 x 200g pakkie Bakers
Original Romany Creams
75g Botter
1Koppie (250ml) room
1Sjokolade "flake"
Metode:    
1)Voeg marshmallows en melk in n souspan.Roer
totdat marshmallows smelt.
Voeg sjokolade by en roer totdat dit smelt en die
mengsel romerig is.Laat toe om af te koel.
2)Breek die Romany Creams biskuite in stukkies en
roer in die gesmelte botter.
Druk die beskuite  vas in n vooraf gesmeerde pan om
die kors te vorm.Koel af.
3)Klits die room en vou dit in die vooraf afgekoelde
sjokolade mengsel.
4)Gooi die sjokolade mengsel in die voorbereide kors.
5)Versier met sjokolade van u keuse,bv; Flake.

Verrassingstert
1 pak Cream Crackers
1 blik gekookte kondensmelk (enige geur)
effens versoete room en neuter

Breek cream crackers baie fyn.  Meng met gekookte kondensmelk.  Druk in tertbord.  Laat `n paar uur in yskas
verkieslik oornag.  Versier met room en neute.

Appel - of Rubarberpoeding
8      Kwarte appels of Rubarber
5k    Bruin suiker
½k   Vet
3k    Meel
1t     Pypkaneel
1t     Neut
Krummel suiker, vet en speserye tot growe krummels.  
Sprinkel oor lag vrugte en bak by 370° F tot dit bruin is.

“Nougat”
2k  Suiker
½k  Heuning, glucose of stroop
1k   Water
Wit van 4 eiers
1t   Vanilla
1½k Neute
½k Kersies
Meng helfte van suiker, heuning en water.  Roer totdat dit opgelos is, en doen dieselfde met die ander helte.  Kook die
eerste helfte totdat die harde balstadium bereik word (246° tot 250° F).  Klop die wit van die eiers totdat dit styf maar nie
droog is nie.  Gooi die warm stroop stadig daarby en klop aanhoudend.  Terwyl geklop word, moet die ander helfte van die
mengsel tot die harde balstadium gekook word.  Haal af, voeg dit by die eerste mengsel en klop goed terwyl dit bygevoeg
word.  Sodra dit afgekoel is, voeg die vanilla, neuter en kersies by, en gooi in gesmeerde pan(ne) wat met ryspapier
uitgevoer is.  Maak bo glad, sit ryspapier bo-oor indien verlang en laat dit oornag staan.  Sny dit die volgende oggend
stukkend en rol dit in waspapier.

Tapioka-Vla
1½ e  Tapioka
2k      Warm melk
1 e     Botter
½k     Sout
Eiers
¼k    Suikers
1t      Vanilla
Kook tapioca in dubbelkastrol tot dit deurskynend is.  Voeg helfte van suiker by melk en res by die eiergele effens
geklop en ook die sout.  Voeg botter by.  Kombineer deur die warm mengsel stadig op die eiermengsel te gooi. Gooi terug
in dubbelkoker en kook tot dit dik word.  Roer gedurig.  Voeg styfgeklopte eierwitte by.  Baik in gesmeerde skottel in `n
pan met wate in `n matige koel oond, 325° F.

Room-Laagkoek
½k  Botter
1k   Suiker
2     Eiers
½k  Melk
1¾k   Meelblom
2½k   Bakpoeier

Klop die botter tot room.  Voeg die suiker en goed-geklitste eiers stadig by.  Meng en sif die meelblom en bakpoeier
saam.  Roer dit om die beurt met melk in die eerste mengsel in.  
Bak vir 30 minute in `n gesmeerde vlak pan, of vir 15 - 20 min in laagkoekpanne.  Sit geklopt room of enige ander vulsel
tussen die lae.

Dadelrolletjies
250 g botter ( margarine)
1 koppie bruinsuiker
1 pakkie Mariebeskuitjies
halwe teelepel vanilla
1 desertlepel kakao
2 eiers
1 pakkie dadels ( 250 g)
1 pakkie klapper ( 250 g)
1 eetlepel brandewyn ( opsioneel)

Smelt botter, suiker en kakao saam. Voeg fyngesnyde dadels by.( Stadige hitte). Verwyder van hitte. Laat afkoel en voeg
die goedgeklitse eiers by. Rol in balletjies en dan in klapper

Wit Roomfudge
2 koppies suiker
2 koppies room

Roer goed. Laat dit oor stadige hitte kook en roer aanhoudend tot dit n balletjie vorm in water. Verwyder van stoof en voeg
die volgende bestanddele by:
1 eetlepel vanilla
1 koppie klapper

Klits goed. Druk in n plat, gesmeerde bak of pan.
Koel af en sny in blokkies