Resepte Afrikaans - Bredies                         Na: Uit die Kombuis                          Home

Bredies - Spaanse Bredie

Spaanse Bredie
2 uie, in skywe gesny
1/4 rissie, fyn gekap
2 wortels, in skywe gesny
1 gekapte raap
1 huisie knoffel, gekneus
5 ml sout
1 ml peper
5 ml gebraaide fyn koljander
25 ml botter
500 g skaaprib/varkvleis/skaapvleis
sap van 1 lemoen
500 ml gaar droë bone
3 piesangs, in skywe gesny
500 ml tamatiemoes

Smoor ui, rissie, wortel, raap en knoffel met die sout, peper en koljander in die botter. Voeg die vleis en lemoensap by.  
Maak die kastrol toe en laat stadig stowe totdat die vleis amper sag is. Roer die bone, piesang en tamatie by en laat
nog 20min stowe. 'n Paar lepels room verbeter die smaak.  
Dien op met rys en 'n gemengde slaai.