Hoender Pannekoek I                                                  Main page/Hoof bladsy                                                        Home

Iets anders, hoender pannekoek.

Bestanddele – Beslag
110 g Meelblom
Sout
1 Eier
110 ml Melk
Olie om in te braai
Bestanddele – Vulsel
30 g Margarien
2 t Gerasperde ui
250 g Gaar Hoender
Sout en peper na smaak
Olie

Metode Beslag
Sif meelblom en knypie sout saam. Voeg eier by en klits goed. Voeg melk geleidelik by en klits tot beslag glad is.

Metode
Smelt margarien en braai die uie tot sag. Kap gaar hoender in klein stukkies en voeg by die uie. Meng goed. Geur met sout en peper.
Voeg nou die hoender mengsel by die pannekoek beslag. Maak olie in pannekoek pan warm. Neem nou twee eetlepels, miskien meer
as die pan groter is.. Bak vinnig aan die eenkant bruin en draai dan om en bak aan die anderkant ook bruin. Rol op. Bedien dadelik met
witsous, kaassous of skerp tamatiesous.

Sousmengsel

Bestanddele
1 Gekapte ui
70 g Margarien
70 g Meelblom
2 k Water
2 OXO Blokkies
Metode
Los die oxo blokkie op in die water. Braai die ui in die margarien tot ligbruin. Los meelblom op in van die oxo mengsel. Gooi oxo mengsel in
die pan. Roer nou die meelblom mengsel by. Roer aanhoudend tot die mengsel begin kook en dik word.