Aartappel Geregte                                               Uit die Kombuis                                 Home

Aartappel soppe

Vegetariese Sop
175g lensies (250 ml)
20g gort (25 ml)
10g rys (12,5 ml)
3 medium worterls - gerasper
1 medium ui - fyngekap
1 stengel seldery - gekap
3-4 medium tamaties - in kwarte gesny
1 liter water
3-4 groot aartappels
20g botter (25 ml)
melk en water
500g peper (1 ml)
10g sout (10 ml)
180g gaar ertjies (250 ml)

Metode:
Bedek die lensies, gort en rys met water.  Week oornag of ten minste 1 uur lank.  Plaas dit in `n kastrol saam met die wortel,
ui, seldery en tamaties.  Voeg die water by en pruttel totdat die gort en lensies sag is, ongeveer 20 - 30 minute lank.  
Rasper die aartappels en voeg dit by die sopmengsel, roer die botter by en voeg gelyke hoeveelhede melk en water by om
`n medium dikte te verkry.  Voeg sout en peper by, bedek en pruttel totdat die aartappel sag is.  Voeg gaar ertjies by net
voordat voorgesit word.


Aartappel de Luxe
6 medium aartappels                       
2 medium uie - fyngekap
20g botter (25 ml)                            
10g sout (10 ml)
500mg peper (1 ml)                          
5g bruinsuiker (5 ml)
750ml aartappelwater                      
1 eier - geklop
250ml dik room                                 
neut
Fyngekapte pietersielie

Metode:
Skil en sny die aartappels in medium stukkies, kook in water totdat dit sag is; dreineer en bewaar die water.  Druk die
aartappels fyn, braai die uie in ½ van die botter totdat dit ligbruin is en voeg dit by die aartappelpuree, asook die res van
die botter, sout, peper en suiker.  Meng met die aartappelwater, voeg die eier by asook die room en `n bietjie gerasperde neut.  
Verhit vir 3min. en roer aanhoudend.  Sit warm voor met `n bietjie fyngekapte pietersielie.

Aartappel en bloukaas sop
3 lepels botter                              
1 ui - fyngekap
6-8 groot aartappels - geskil en gekap in blokkies
2 kop melk                           
2 hoenderaftreksel blokkies opgelos in 2 kop warm water
125g blou kaas - gekrummel
Sout na smaak
Knippie Cayenne peper
125ml suur room

Metode:
Verhit die botter en braai uie to sag.  Voeg die aartappels en melk by.  Los die hoenderaftreksel op in warm water en kook
oor lae hitte, voeg by aartappels totdat die aartappels sag is.  Versap die mengsel en voeg die helfde van die gekrummelde
blou kaas by. Voeg sout en peper by na smaak.  Voeg die ander helfde van die blou kaas by die sop.   Dis op met suur room
en `n lepel gekrummelde blou kaas (eenkant gehou vir versieering).