Die Wëe van Islam
Die Weste, Islam en die res van die wêreld, saam op een verhoog

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22    Home

Die Verenigde Arabiese Emirate wat die Emirate van Dubai, Abu Dhabi, Ras al-Khaimah, Umm Al Quwain, Ajman, Fujairah en Sharjah insluit, is meer verlig en verdraagsaam. Maar soos in die geval Saoedi-Arabië geld hewige strawwe vir homoseksualiteit, seksuele verhoudings buite tradisionele huwelike en owerspel. Ongeag die feit dat verskeie vryhede binne die wet gewaarborg
word, word menseregteskendings wat binne die Emirate geskied gereeld aangemeld. Ook buitelandse werkers kla oor die onmenslike behandeling wat hulle ontvang en oor arbeid onregte.

Irak. Irak is bekend as 'n federale parlementêre Islamitiese republiek. Dit is ook 'n polities-onstabiele land. Mense regte in die
staat is swak. Al-Qaeda in Irak en ander rebelle groepe aangemoedig deur die Siriese konflik en Irak se politieke krisis voer byna daagliks aanvalle uit op burgerlikes. Tradisionele Shariah strawwe word toegepas in baie gevalle. Strawwe sluit in die afsny van hande en voete en steniging. Die regering meng in met vryheid van spraak, vryheid van assosiasie, pers vryheid, vroue regte, internet en politieke vryheid en die regte van kinders.

In die grootste deel van Islamitiese wêreld word homoseksualiteit nie sosiaal of wetlik aanvaar nie. In nege Moslem lande, Afghanistan, Iran, Mauritanië, Nigerië, Saoedi-Arabië, Somalië, Soedan, die Verenigde Arabiese Emirate, en Jemen, dra homoseksuele aktiwiteite die doodstraf.
Albanië, Turkye, Bahrain, Jordanië, en Mali is meer gematig.

Die meerderheid Christen vervolgings in die wêreld in 2013 het plaasgevind onder Moslem hande.
Nege uit top tien lande waar Christene ly, is Islamities: Somalië, Sirië, Irak, Afghanistan,
Saoedi-Arabië, Maldives, Pakistan, Iran en Jemen. Volgens Open Doors VSA.

Die Amerikaanse Kommissie van die Internasionale Godsdiensvryheid het onlangs opgemerk dat die vlug van
Christene uit die Midde-Ooste ongekende afmetings aanneem, en dit is aan die toeneem jaar na jaar." Hulle
reken dat lande soos Afghanistan, Irak en Egipte kan uiteindelik sonder 'n enkele Christen wees.

Na die verwydering van Saddam Hussein het 'n bloedbad ontketen in Irak wat veroorsaak het dat honderde duisende
Christene die land verlaat het uit vrees vir hul lewens. Kerke is gebombardeer en verbrand en Christelike leiers
gemartel en onthoof. "n Aanval op 'n Bagdad kerk in 2010 het 60 Christene dood gelaat.
As Sirië dieselfde patroon volg, en as die Moslem opposisie van Bashar Assad ontslae raak, kan ons waarskynlik
'n volgende groot aanslag op Christene verwag. Die Islamitiese jihadiste beskou dit as hul heilige plig
om die land te "reinig" van alle "ongelowiges (infidels)", dit is, al die Jode en Christene.
Die Koptiese Christene in Egipte moet gereeld Islamitiese aggressie afweer. Die meeste kan nie vlug nie omdat
hulle nie die hulpbronne het om dit te doen nie, en het ook nie die hulpbronne om hulself te verdedig en te
beskerm nie.
Dan ook, laat ons nie die jarelange vervolging van Christene in die noorde van Nigerië vergeet nie, en in die suide van
Soedan, in Indonesië, en selfs in die Palestynse beheerde gebiede van Israel. Al hierdie vervolgings van onskuldige,
weerlose Christene het gekom van militante Moslem jihadiste. En die nasies van die wêreld het niks gedoen om 'n
einde daaraan te maak nie.

In Turkye word groter vryheid geniet. Mense regte word beskerm. Volgens Human Rights Watch is daar wel 'n groeiende onverdraagsaamheid teenoor die politieke opposisie en openbare protes. En daar bly beperkings op vryheid van uitdrukking
en die media. Bekommernis heers ook oor die land se verslegtende binnelandse menseregte rekord. Vir die ongeveer 20%
Christene in 'n oorheersende Moslem bevolking gaan dit redelik goed. Turkye deel grootliks in die Christendom. Die sewe
gemeentes van Openbaring of sewe gemeentes van Asië: Éfese, Smirna, Pérgamus, Thiatíre, Sardis, Philadelphia en Laodicea
was hier gevestig. Antiogië was ook die plek waar die volgelinge van Jesus vir die eerste keer in die geskiedenis christene ge-
noem was. Dit is ook die geboorteland van die Apostel Paulus - gebore in Tarsus. Timoteus was ook die 1ste eeu se Christelike
biskop van Efese. Polycarpus was die biskop van Smirna. Die Vroeë Kerk en die sendingreise op Anatoliese grond is onlosma-kend deel van die land.

Menseregteskendings in die Arabiese Islamitiese Staat van Sudan is 'n groot bekommernis. Gruweldade in oorloggeteisterde Darfur geskied daagliks. 'n Jarelange oorlog woed tussen die Sudanese regering in samewerking met die Janjaweed militias aan
die een kant en die Soedan Vryheids Beweging/Weermag (Sudan Liberation Movement/Army. SLM/A) en die Geregtigheid en die gelykheids Beweging (Justice and Equality Movement. JEM) rebelle groepe aan die ander kant. Duisende kinder soldate word in die voortslepende oorlog gebruik. En dan word die Sudanese regering ook verantwoordelik gehou vir slawe handel.

In Algerië word vryheid van aanbidding deur verskeie wette en praktyke beperk. Verder is daar nog talle onderdrukkende wette in plek. Vroue regte, regte van arbeiders, vryheid van beweging en assosiasie word ook grootliks beperk. Die onderdrukking van en diskriminasie teen Christene is 'n alledaagse gebeurtenis. Algerië het 'n wet in 2006 deurgevoer wat dit moontlik maak vir howe
om Christene te vonnis tot 'n maksimum van vyf jaar in die tronk vir die verkondiging van die evangelie aan 'n Moslem.
Na die onafhanklikheid van  Algerië het Islam die godsdiens van die staat geword. Moskees was gebou, imams opgelei en aan-
gestel, Islamitiese leerskole was ingestel, en sekere Islamitiese (Sharia) beginsels ingevoer. Algerië, het ingestem tot demokra-
tiese parlementêre verkiesings in 1992. In die proses was ook ekstremistiese Moslems tot die regering verkies.
'n Paar van die nuutverkose parlementslede het aangekondig dat die demokrasie wat hulle die posisies besorg het, strydig
was met Islam en hulle sou die demokratiese vorm van regering verwerp. As gevolg van die oënskynlike ekstremistiese skedule
van die nuutverkose parlementslede, het die parlement ontbind en 'n militêre regering het aan bewind gekom. Algerië is sedertdien
in 'n staat van burgeroorlog. Al-Qaeda in die Islamitiese Maghreb (AQIM) ook bekend as die Salafis in Algerië beywer hulle vir die omverwerping van Algerië. Hoe ookal sy, die opkoms van Islam in Algerië het 'n beduidende impak op die Algerijnse samelewing. Die meerderheid van die bevolking is tradisioneel Moslem.

Pogings word wel aangewend om demokrasie in die Moslem wêreld te bevorder. 'n Organisasie wat hierby betrokke is, is die
"Free Muslims Coalition Against Terrorism (FMCAT)." Kamal Nawash en die Koalisie wat hy lei, geniet nie
veel ondersteuning onder Moslems nie.

Somalië (Federale Republiek van Somalië) word bedreig deur radikale elemente wat Al Shabaab (Al-Qaeda in Oos Afrika) insluit.
Dit is juis  Al Shabaab wat 'n hand het in die Somaliese seerowery, verhongering van duisende Somalies en die aanval op die in-
kopie sentrum in Kenia. In sommige landelike gebiede waar die Salafi ('n beweging of sekte binne Sunni Islam)  beheer
uitoefen, geld Sharia. In hierdie oorloggeteisterde land is daar gedurig gevegte tussen Al Shabaab en Amisom. Neo-Salafisme
is in die algemeen 'n groot probleem vir die Weste en Christengemeenskappe in Moslem lande.

Afghanistan en Sirië gaan ook gebuk onder gevegte. Al Nusra, 'n Salafis beweging, streef na die omverwerping van Sirië ten
einde 'n Islamitiese staat te vestig. Polisie brutaliteit, geweld en diskriminasie teen vroue, kindermishandeling en die beperking
van vryheid is 'n enorme probleem in Sirië. Afghanistan onder Taliban in die verlede het 'n swak mense regte rekord gehad.
Met die nuwe regering gaan dit veel beter. Alhoewel Islam die amptelike godsdiens in die land is word godsdiens groepe toege-
laat om vrylik hul geloof uit te leef. Vroue en mans het gelyke regte. Mense regte in Sirië is van die swakste in die wêreld.

Verder kan nog veel gesê word oor ander Moslem lande soos: Tunisië, die Maldives, Mali, Koeweit, Indonesië, Pakistan,
Egipte, Libië, Libanon, Maleisië, Marokko, Bangladesj en andere. Punt is, die Moslem wêreld of Islamitiese Ummah is nie
die westerse of vrye wêreld nie. Die feite is oogloopend. Die Moslem wêreld word bedreig deur terreur, diktators, mense regte
vergrype, diskriminasie, gevegte, hongersnood, armoede, ellende en ander negatiewe faktore. Bygesê, van die lande doen
goed op heelwat gebiede. Die genoemde lande in hierdie paragraaf word erken as lande wat meer vry is.
Senegal met sy sowat 95% Moslem bevolking word beskryf as 'n vry land, waar die konstitusie van 1963 respek vir vryheid en vryhede, politieke vryhede, die regte om vakbonde te vorm, regte van die individu, die vryheid van aanbidding, reg op eiendom
en ander ekonomiese en sosiale regte, beskerm en waarborg.

Eergeweld en Eerwraak
Een groot probleem binne Moslem gemeenskappe is eergeweld (honor violence) en eerwraak (ook genoem eermoord -
honour killings). Eerwraak is 'n verskynsel waar 'n familie of stam hul verlore eer probeer herwin deur die een wat skuldig is
aan die eerverlies te vermoor. 'n Man of vrou kan wederegtlik nie op eie houtjie besluit om eerwraak te pleeg nie. Dit is 'n
kwessie wat die hele famile of stam raak en uiteindelik betrek om die eerwraak uit te voer. Die idee agter "eerwraak," is, dat
die dood van die persoon wat skande gebring het oor die familie, die eer van die familie binne die gemeenskap sal herstel.
Eerwraak is eindlik moord met voorbedagte rade.
Eergeweld (honor violence). Eer-verwante geweld is fisiese geweld wat toegedien word op 'n persoon, meestal vroue,  deur 'n persoon/persone of familie lede wat glo die slagoffer het oneer gebring oor die familie, stam, of die gemeenskap deur betrokke
te raak in 'n optrede wat beskou word as immoreel en onaanvaarbaar volgens hul godsdienstige, sosiale en kulturele standaarde.
Die geweld gebeur byna altyd in Moslem families. Geweld wissel van seksuele aanrandings, aanrandings en ander vorme
van mishandeling. Eergeweld is niks anders as enige ander vorme van huishoudelike geweld nie.
Ander Moslem probleme is onder andere gedwonge huwelike, vroulike genitale verminking ook bekend as vroulike besnyding,
menige Moslems is vasgekeer in die verlede en breek nie uit na moderne sisteme wat deure oop maak na moderne tegnologie,
ens nie, geweld teen Moslem vroue, misbruik van sekere Islamitiese praktyke wat Moslem vroue negatief raak, ....