Resepte Afrikaans - Lamsnekpotjie Na: Uit die Kombuis Home
Lamsnekpotjie
1.5kg Lamsnek, in skywe gesny
15ml Kookolie
1 Groot ui, grofgekap
10ml Sout
Varsgemaalde swartpeper na smaak
2 Lourierblare
125ml Vleisaftreksel en 125ml witwyn ( of net 250ml vleisaftreksel)
500g Groenboontjies, gesnipper
600g Pampoen, in blokkies gesny
Metode
Braai vleis bruin in verhitte kookolie in n driepootpotjie. Voeg ui by en soteer tot deurskynend. Geur met sout en peper.
Voeg lourierblare en verhitte vleisaftreksel en wyn by. Plaas deksel op en prut 3 uur lank oor koel kole of totdat vleis
amper sag is. Rangskik boontjies en pampoen in lae bo-op vleis. Prut nog 30 minute. Verwyder lourierblare voor
bediening. ( 10 porsies)
|
||