Aartappel Geregte                                               Uit die Kombuis                                 Home

Aartappel Hoofgeregte 2

Aartappel in sous (`n Sondagaand gereg)
1 tel olie
1 ui - fyngekap
1 tel fyngekapte groen rissie
5 gekookte aartappels
1 tel pietersielie
sout en peper na smaak
1 kop Bisto-sous

Metode:
Smelt die vet in n pan en sorter die uie en groen rissie, moet nie verbruin.  Sny aartappels in dun skywe en voeg by die uie.  
Voeg pietersielie, sout, peper na smaak asook die Bisto sous.  Bedek pan en pruttel vir 30 min.

Spaanse Aartappels
1 lepel gekapte uie
2 lepels gekapte groen rissies
4 lepels olie
2 kop gekookte aartappels - gekap
½ kop gekookte ham - gekap
sout na smaak
½ tel paprika

Metode:
Braai uie, groen rissie tot goudbruin.  Voeg aartappels, ham, sout en peper.  Kook tot sag.  Bedien 4.