Aartappel Geregte                                               Uit die Kombuis                                 Home

Ligte middag- en aandetes 1

Aartappel souttert
440g warm fynaartappels (500 ml)
2g sout (2 ml)
45g botter (50 ml)
8g bakpoeier (10 ml)
2 eiers - geklop

Metode:
Meng die warm aartappels, sout en botter.  Laat koud word en roer die bakpoeier en eier by.  Roer tot glad.
 Voer `n langwerpige tertbak met die mengsel uit en vul met die volgende vulsel:

250g ham of koue soutvleis - grof gekap
80g gerasperde kaas (250 ml)
3 hardgekookte eiers - fyngekap
2 eiers
250ml melk
2g sout (2 ml)
500mg peper (1 ml)

Metode:
Meng die vleis,kaas en hardgekookte eiers en skep dit in die aartappelkors.  Klop die eier, melk, sout en peper en giet bo-oor.  
Bak 180° C, 30 min. tot goudbruin en gaar.

Aartappel-viskoekies
300g gaar gepluisde vis (500 ml)
440g fynaartappel (500 ml)
1 eier
500mg peper (1 ml)
1 klein ui - fyngekap
12,5ml suurlemoensap
5g sout (5 ml)
kookolie vir diepvetbraai
suurlemoenwiggies
pietersielie

Metode:
Meng al die bestandele deeglik, vorm in koekies en rol in meelblom.  Braai ligbruin aan albei kante in war m olie.  
Rangskik in `n warm skottel en garner met suurlemoenwiggies en pietersielie.