Aartappel Geregte                                               Uit die Kombuis                                 Home

Ligte middag- en aandetes 2

Worsies met aartappel
8-12 weense worsies
bereide mosterd
440g fynaartappel (500 ml)
40g gerasperde Cheddar-kaas
gekapte pietersielie

Metode:
Kook die worsies `n paar min. in water tot deurwarm.  Sny elkeen in die lengte  tot byna deur en smeer met mosterd.  Klop
die aartappel en kaas tot baie lig en vul elke worsie met die aartappelmengsel.  Hoop dit  liggies op met `n vurk.  Plaas `n
klein stukkie botter bo-op en bak 180° C tot ligbruin.  Strooi gekapte pietersielie oor.

Geurige aartappel-groenmieliepastei
200g gemaalde koue gaar hoendervleis (500 ml)
40g gemaalde ham (100 ml)
320g gaar groenmielies (500 ml)
2g sout (2 ml)
500mg peper (1 ml)
200ml dun witsous
2 eiers - geklop
10g botter (12,5 ml)
440g warm fynaartappel (500 ml0
Pietersielie

Metode:
Meng die hoendervleis, ham, groenmielies, sout, peper, witsous en die eier.  Skep in `n gesmeerde pasteibak.  Roer die
botter by die fynaartappel en skep dit bo-oor.  Bak 200° C tot goudbruin.  Garneer met pietersielie.