Aartappel Geregte                                               Uit die Kombuis                                 Home

Aartappelslaaie en slaaisouse 1

Aartappel-ham-kaasslaai
400g koue gaar aartappelblokkies (500 ml)
1 klein ui - fyngekap
160g hamblokkies (250 ml)
150g kaasblokkies (250 ml)
5g sout (5 ml)
slaaisous
tamatiewiggies
hardgekookte eierskywe
pietersielie

Metode:
Meng al die bestandele liggies.  Garneer met tamatiewiggies, hardgekookte eierskywe en pietersielie.

Gestolde Aartappelslaai
600ml tamatiesop
15g gelatien (25 ml) - geweek in
50ml koue water
5g sout (5 ml)
500mg peper (1 ml)
12,5ml druiweasyn
5g bruinsuiker (5 ml)
400g gaar aartappelblokkies (500 ml)
fyngekerfde slaaiblare
pietersielie

Metode:
Verhit die tamatiesop tot kookpunt en voeg die gelatien by.  Roer die sout, peper, asyn en suikr by totdat opgelos.  
Skep die helfte van die gelatienmengsel in `n klam vorm en plaas in `n koelkas totdat dit begin stol.  
Skep die aartappelblokkies hierop en giet die res van die gelatienmengsel oor.  Laat in die koelkas totdat dit gestol
het en keer uit op n bord gevoer met fyngekerfde blaarslaai.  Garneer met pietersielie, 600ml tamatiesap of - moes,
berei van vars tamaties, kan gebruik word ipv
die tamatiesop.

Aartappelslaai
1kg aartappels - gehalveer
5g sout (5 ml)
4 repe spekvleis - in stukkies gesny
138g gemaalde ui (150 ml)
5g meelblom (10 ml)
10g bruinsuikr (12,5 ml)
500mg peper (1 ml)
100ml druiweasyn
100ml water
5g gekapte pietersielie (12,5 ml)
5g selderysout (5 ml)
62g radyskyfies (125 ml)
selderyblare

Metode:
Kook aartappels sag in soutwater.  Berei intussen die slaaisous deur die spekvleis bros te braai.  Voeg ? van die gemaalde
ui by en smoor totdat dit sag maar nog nie bruin is nie.  Meng meelblom, suiker, en peper in `n mengbak.  Roer asyn asook
die water by om `n gladde mengsel te maak, voeg dit by die spelvleis en pruttel totdat die mengsel dik en gaar is. Giet hierdie
slaaisous warm oor die aartappels (skille afgetrek - in skyfies van 5 mm gesny).  Roer die res van die ui, pietersielie,
selderysout en radyse by.  Meng liggies en garner met selderyblare.  Sit dadelik voor.