Die Wëe van Islam
Die Weste, Islam en die res van die wêreld, saam op een verhoog

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22    Home

Île-de-France (Groter Parys)
Die grootste groepering van immigrante insluitende Moslems word gevind in die Île-de-France (Groter Parys). Daarna volg
Provence-Alpes-Côte d'Azur wat Marseilles insluit en Languedoc-Roussillon.
Die Île-de-France (Groter Parys) gebied in Frankryk is die mees rykste gebied en akkommodeer ook die meeste inwoners as
enige van die 26 Franse territoriale eenhede, 22 in metropolitaanse Frankryk insluitende die eiland van Corsica en 4 oorsee; Martinique, Guadeloupe, Réunion en Frans-Guyana. Die 22 word verder herverdeel in 96 departemente/provinsies. Die departemente word verdeel in Arrondissements/distrikte waarvan elkeen 'n sekere aantal kantonne bevat wat weer verdeel
word in meer as 36, 000 kommunes (Munisipaliteite wat gelykstaande is aan wat genoem word "gemeentes" in Nederland en
Duitsland). Kommunes kan baie klein wees en tot baie groot soos in die geval van Parys, Lyon (Rhône-Alpes) en Marseille (Provence-Alpes-Côte dAzur). Gevolg deur Toulouse, Dijon, Bordeaux, en Strasbourg. Parys is 'n département (departement)
en terselfdertyd ook 'n kommune.Île-de-France bestaan uit 8 departemente: die heel binneste departement is Ville de Paris
of net Parys wat omring word deur die binnering departemente (Petite couronne): Hauts-de-Seine, Seine-Saint-Denis en
Val-de-Marne en die buitering departemente (Grande couronne): Seine-et-Marne, Val-d'Oise, Yvelines, Essonne. Hier woon die grootste konsentrasie immigrante en Moslem immigrante. Volgens statistieke sowat 4,000,000.
En nou, wat is "Banlieues?"



"Banlieue" in Frans beteken voorstad van 'n groot stad. So 'n voorstad is weer opgedeel in outonome administratiewe gebiede.
Maar "Les banlieues" (die woonbuurte) of dan "banlieues" is oor die jare gebruik as 'n eufemisme (in beledigende vorm) om benadeelde en swak voorstedelike woongebiede en gemeenskappe uit te wys. Balieues word aangetref rondom Parys en groter stede soos Lyon, Nantes en Marseille.
Feit is, dit word meerendeels bewoon deur immigrante waarvan die meeste Moslems is. Hierdie "banlieues" bevat gewoondlik honderde groot woonstel blokke wat gebou was onder die massa sosiale behuisings projek HLM (Habitation à Loyer Modéré
(Lae huur akkommodasie).
Oor tyd het van hierdie woonstelblokke verval in septiese toestande. Wat ook bydrae tot hierdie swak toestande is die feit
dat hierdie woongebiede en voorstedelike gemeenskappe afgesny is van die sentrale invloedryke en welgestelde kern gebied.
Want onthou die ontwikkelaars se plan in die 1960's en 70's was juis om die behuising tot stand te bring weg van die besige middestad wat ideaal was vir die Franse werkersklas. In die 70's het dit moontlik geword vir die Franse werkers om hul eie
wonings aan te koop wat gelei het tot 'n massa exodus van die sosiale behuising tot gegoede behuising. Hulle plekke is
ingeneem deur inkomende swak opgeleide en ongeletterde immigrante uit noord Afrika,.....waarvan die meeste Moslems
was en nog steeds is. Nou net duisende meer as in daardie tyd. Enorme sosiale probleme het gevolg, so ook vele gewelddadige opstande oor die jare soos in Villiers-le-Bel (2005/2007) 'n kommune in die departement van Val-d'Oise in die Île-de-France en
Trappes (2013) 'n kommune in die departement van Yvelines in die Île-de-France. Trappes het 'n groot Moslem populasie.                    
Verder word hierdie plekke beskryf as wetteloos en gevaarlik. Armoede, rassisme, hoë misdaad, hoë werkloosheid, sosiale probleme, dwelm en wapenhandel, diefstal, geweld en allerhande ander misdaad is aan die orde van die dag. Kriminele en ekstremiste regeer in die byna vergete ghettos. Uiteraard word die gebiede ontoeganklik, iets soortgelyk aan "no go zones." Misdade word nie beperk tot die ghettos nie, dit syfer ook deur na die res van die groter stede. Frankryk spandeer nagenoeg
115 Biljoen Euros jaarliks om orde te handhaaf. Dit is tweekeer die begroting van Hongarye. Enigiemand wat iets oor die toe-
stande sê word beskryf as 'n rassis en selfs 'n Nazi. Strasbourg word gesien as Bagdad. Immigrante daar haat die polisie.
Daar is nou sowat 10 000 sekuriteit kameras in Parys geinstalleer om die stad veiliger te maak.

Iets interressant oor Lyon. Terwyl 70% van Franse hulleself Katolieke noem is net 10% praktiserende
lidmate. Protestante en ander christen gelowiges vorm net 1.75% van die bevolking. Sowat 25%
van die Franse plaas hulle geloof in astrologie en mediums. 15% en meer spandeer enorme geld
per jaar op okkult konsultasies. Ander beoefen geen geloof nie. Daar woon sowat 150,000
Moslems in Lyon.

Gegoede en benadeelde balieues
Clichy-sous-Bois is een van die mees bekendste swak "banlieues." Ander soortgelyke "banlieues" is onder andere Neuilly-
sur-Seine, La Courneuve, Sartrouville, Vaulx-en-Velin, Bondy, Corbeil-Essonnes en Vénissieux. Dan moet ook verstaan
word dat nie alle "banlieues" swak is nie. Daar is die meer gegoedes. Om die twee te onderskei word gepraat van:
1) "Banlieue aisée" (gegoede woonbuurt ) soos Neuilly-sur-Seine,  Versailles, Le Vésinet en Maisons-Laffitte en
2) "Banlieue défavorisée" (benadeelde voorstede).

Clichy-sous-Bois

Swede en Moslems immigrante
In Swede, 'n Skandinawiese land in Noord Europa is daar soos in  Wes Europese lande 'n beduidende aantal immigrante wat
Moslems insluit. Moslems verteenwoordig 6% (450,000 and 500,0000) van die Sweedse bevolking (9,6 miljoen). Malmö bevat
ook die grootste persentasie Moslems in Swede. Nie net word Joodse inwoners daar verdryf nie misdaad styg ook. 51% Moslems is werkloos. Moslem geweldadige opstande in buurtes om Stockholm herrinner sterk aan die opstande in Frankryk. Die Sweeds Demokratiese Party is nie juis goedgesind teenoor Moslem immigrante nie.
Soos in ander Wes Europese lande is die Moslems in Swede immigrante of afstammelinge van Moslem immigrante. Daar is ook
'n aantal bekeerlinge tot Islam terwyl 'n aantal Moslems spesifiek Iraniërs, Pakistanis en Arabiere hulle bekeer tot Christus. Dit word veral gesien in 'n area soos Rinkeby wat een van die mees multikulturele plekke in Swede is.

Nederland en Moslem immigrante
Volgens statistieke woon daar sowat 1 miljoen Moslems in Nederland. Persentasie gewys verteenwoordig hulle 5,8% van die ongeveer 16 miljoen Nederlanders. Meeste van hulle word gevind in 4 groot stede; Amsterdam, Rotterdam, Den Haag en Utrecht. Soos in die geval van ander westerse lande was daar 'n te kort aan arbeid en was dit nodig om buitelandse arbeiders te werf. Tussen die 1960's en 1970's verhuis Moslems na Nederland vanuit lande soos Marokko, Turkye, Tunisië en Algerië. Later het
daar ook Moslem vlugtelinge vanuit Bosnië, Somalië, Iran, Pakistan, Afghanistan en Irak in Nederland aangekom. Vandag woon
die meeste Moslems in Amsterdam waar hulle sowat 25% van die Amsterdamse bevolking uitmaak. Die eerste Moslem wat tot
burgermeester verkies is, is Ahmed Aboutaleb. Hy is burgermeester van Rotterdam. Rotterdam is dan ook een van die eerste
groot stede in Europa wat 'n Moslem immigrant (Marokkaan) tot burgermeester verkies het. Sekere voorvalle soos die moorde
op Theo Van Gogh en die sokker speler Richard Nieuwenhuizen van  Almere gepleeg deur Moslems het 'n negatiewe sentiment jeens Islam en die Moslems ontketen. In die geval van Van Gogh was daar tientalle gewelddadige voorvalle teen Moslems, moskees en Moslem skole. Dit het weer gelei tot Moslem teen aanvalle. In Nederland is daar 453 moskees.

Demonstrasie op Dam Plein in Amsterdam in November 2004, kort na die moord op Theo van Gogh
op 2 November 2004. In die agtergrond is die koninklike paleis.