Spesiale Grenadellakoek                  Main page/Hoof bladsy                  Home

Iets anders dames. Smullekker. Grenadella lekker.

Koek:
250 g margarien
375 ml strooisuiker
4 XL eiers
750 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
1 X 115 g (blikkie) grenadellamoes
125 ml grenadellasap
250 ml drinkbare grenadellajoghurt
1. Voorverhit oond tot 180°C
2. Voer 2 koekpanne (20cm) met bakpapier of liggies gesmeerde
botterpapier uit.
3. Klits margarien en suiker tot lig van kleur en romerig.
4. Voeg eiers een vir een by en klits baie goed met elke byvoeging.
5. Sif droe bestanddele saam en vou om die beurt met grenadellamoes,
sap en joghurt by eier-bottermengsel in.
6. Skep beslag in koekpanne en bak vir 30 minute.
7. Laat koeke heeltemal afkoel voordat dit versier word.
Versiering:
125 g margarien
500 ml versiersuiker
75 ml grenadellajoghurt
25 ml suurlemoensap
1. Klits margarien en versiersuiker tot lig van kleur.
2. Klits joghurt en suurlemoensap by.
3. Meng goed deur.
4. Smeer kwart van versiering tussen die twee lae en 'n kwart op
boonste laag.
5. Versier orige met spuitbuis.
6. Garneer boonste laag met kiwiskyfies.