Resepte Afrikaans - Koffie koekies                              Na: Uit die Kombuis                           Home

Koffie koekies

Deeg:
2kg Koekmeelblom
7ml sout
500g (625ml) geelsuiker
750g botter/margarine
100g (110ml) uitgebraaide varkvet of kookvet.
500g (400ml) stroop
25ml koeksoda
250ml baie sterk swart koffie
12,5ml vanieljegeursel

Meng meel, sout, suiker in groot skottel.
Frummel smeer en vet daarin.
Voeg die stroop by en meng.
Maak die koeksoda met `n bietjie van die koffie aan en voeg dit saam met die res van die koffie en die geursel by die meelmengsel.
Meng alles goed om `n deeg te vorm.
Plaas deeg in plastieksak en laat oornag staan.
Rol deeg die volgende dag dun uit.
Sny langwerpige koekies.
Maak die bokant van `n vurk skurf of fatsoeneer koekies met `n vleismeulkoekiesmaker.
Bak dit 10-12 min in oond tot goudbruin.

Vulsel:
25ml kitskoffie poeier
25ml kookwater
200g (250ml) witsuiker
115g (125ml) botter/margarine
75ml melk

Maak koffiepoeier met die kookwater aan.  Voeg die suiker,smeer en melk by. Verhit dit tot kookpunt en kook 5min lank.
       Haal dit van die stoof af en klop dit met `n houtlepel tot styf en laat koud word.  
Smeer op koffiekoekies en plak koekies op mekaar vas.
Lewer 35 ongevulde koekies